Rubik-kubus beoordelaars

Willem Vorster en Frank van der Walt is kranige Rubik-kubus spelers. Sondag, 6 Maart, was hulle beoordeelaars in 'n SA-kompetisie wat plaaslik by Hoërskool Seepunt plaasgevind het en is deur speedcubes.co.za aangebied. Dit was 'n interessante dag met baie opwinding waar spelers van regoor Suid-Afrika verskillende kubusse opgelos het - 2x2, 3x3, 4x4, pyraminx en selfs 3x3 geblinddoek! Dit is die twee se fokus om volgende keer self as spelers deel te...

Verlore Goedere Uitstalling

Alle verlore goedere sal Woensdag, 23 Maart, vanaf 12:30 - 15:30, agter die skool onder die bome uitgestal word. Ouers is welkom om te kom kyk. Alle verlore skoolklere wat nie teen Donderdag, 24 Maart, opgeëis is nie, sal vir fondse aan die tweedehandse klerebank geskenk word. Alle ander verlore items sal vir welwillendheid geskenk word. Versoek: Maak asb. seker jou kind(ers) se items is duidelik gemerk met hul naam, van en korrekte klas. Items wat by die tweedehandse klerebank gekoop word, moet ook asseblief oor gemerk word. Duidelik gemerkte items kan makliker aan hul eienaars terugbesorg word. Vir enige navrae stuur gerus vir Annami Gerber 'n e-pos na...

Winter buitemuurse program vir 14 – 17 Maart

Die somer sportprogram kom op Donderdag, 10 Maart, tot 'n einde.   Ons begin vanaf Maandag, 14 Maart, tot Donderdag, 17 Maart, met die winterprogram.  Gebruik hierdie week die geleentheid om te bepaal hoe die winterprogram werk en besluit daarvolgens waaraan jou kind(ers) wil deelneem. Die weer is nog lekker warm en ons bied dus vir die graad 1 & 2-leerders die geleentheid om steeds te swem. Ouers moet egter kennis neem dat daar nie 'n onderwyser van die skool die sessies sal bywoon nie. Dit sal slegs die afrigters van Aqua Crazy wees. Graad 1 & 2-leerders hoef nie vir hierdie sessies te registreer nie.  Hulle kan net kom vir die oefening. Leerders wat egter geïdentifiseer is vir die Learn 2 Swim-groep sal ongelukkig nie die sessies kan bywoon nie, slegs leerders wat kan swem, kan dit bywoon. [pdf-embedder url="https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2022/03/2022-Buitemuurse-program-14-18-Mrt-2.pdf" title="2022-Buitemuurse-program - 14 - 18 Mrt...

O/9 Krieketwedstryde vir kwartaal 1

Wat 'n ongelooflike, spesiale en fantastiese krieketseisoen. Die 0/9 krieket-Jannies was baie bevoorreg om hierdie seisoen vyf wedstryde te kon speel.   Vir ons eerste wedstryde het ons aan die Hugo Rust-Krieketfees te Hoërskool Boland Landbou deelgeneem. Dit was 'n opwindende dag wat afgeskop het met 'n busrit tot in Wellington. Die spelers het hulle soos ware sportmanne gedra en het die skool se waardes op die sportveld uitgeleef. Ons eerste wedstryd van die dag was teen Hugo Rust. Ons het slegs 'n paar paaltjies nodig gehad om die wedstryd te wen, maar het ongelukkig verloor. Die Jannies het egter hul koppe hoog gehou en met trots van die veld af geloop. Die volgende wedstryd was teen Wynland. Die Jannies het hulle sokkies opgetrek en die wedstryd met 9 lopies gewen. Hulle het elkeen 'n medalje vir deelname aan die dag in die saal ontvang.   Op 28 Februarie het ons weer 'n kans gekry teen Llandudno. Span 1 speel gelykop met 35 lopies elk te danke aan Annabella Boshoff wat die wedstryd met 'n paaltjie op die laaste bal red. Span 2 het ongelukkig daardie wedstryd met drie lopies verloor. 1 Maart het ons by Groenpunt Krieketklub teen Reddam House ASB gespeel. Hier het een span gewen en die ander een het ongelukkig verloor. Die Jannies het die seisoen goed afgesluit toe hulle op die 8 Maart teen Herzlia Highlands by Groenpunt Krieketklub speel. Span 1 het met ses lopies gewen en span 2 met 36 lopies.   Ons wil Sports Hub bedank wat die seisoen vir die spelers geleer het van hakhoue, "long barriers" en blokhoue. Die...

Dapper Stappers herinnering

Sien gerus verlede week se nuusbrief of kliek HIER vir die nuusbrokkie i.v.m. kwartaal 2 se twee dag stap in die Boesmanskloof. Almal wat saam stap, moet verkieslik al ten minste 'n langerige dagstap vantevore gedoen het. Kinders onder 10 is welkom, mits hulle al 'n stap gedoen het en jy seker is hulle sal nie halfpad moed opgee nie. Die bedrag betaalbaar sal binnekort op Karri gelaai word vir almal wat die vorm ingevul het. Jy sal op hierdie manier jou plek verseker. Kliek HIER vir die...

Navorsingsprojek: Funda Wande Evaluasie

Ons is so bevoorreg om deel van 100 ander skole te wees wat aan 'n navorsingsprojek (Funda Wande Intervensie Evaluasie) deelneem. 10 Lukrake leerders in graad 4 en 7 is Maandag, 7 Maart, deur eksterne beamptes uit hul klasse onttrek om eksterne evaluasie af te lê. Geen voorbereiding was hiervoor nodig nie. Graad R en 1 sal op Dinsdag, 22 Maart, ook hieraan deelneem. Ons is baie bly dat ons met hierdie navorsing kan...

Die Hanekoms verwelkom ‘n nuwe gesinslid

Die geboorte van 'n baba bly nou maar net 'n wonderwerk.  Ons is baie opgewonde om die nuutste toevoeging tot ons Jannies-familie te verwelkom!  Baie geluk aan die trotste pappa en mamma wat verlede Woensdag, 2 Maart, hul babadogtertjie verwelkom het.  Ons weet dat sy sommer baie pret en vreugde aan die Hanekom-gesin sal...

Eisteddfod: Sang 2022

Dit is tyd vir Eisteddfod sang-inskrywings! Die datums van die Eisteddfod is in Junie.  Die definitiewe datums sal binnekort bekendgemaak word. Ons wag nog daarvoor. Skryf asb. in voor of op Donderdag, 17 Maart. Betalings kan d.m.v. Karri gedoen word. Sien die inskrywingsbrief vir meer inligting. [pdf-embedder url="https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2022/03/EISTEDDFOD-Sang-2022.pdf" title="EISTEDDFOD Sang...

Musiekkonsert: 22 Maart

Ons herinner julle graag aan die musiekkonserte in die saal op Dinsdag, 22 Maart: Graad 1 en 2 - 08:30 Graad 3 - 10:30 Almal is welkom om dit by te woon. Die junior koor sal ook aan die begin van albei konserte een liedjie sing. Dit sal mooi lyk as al die deelnemers en koorlede netjiese skooldrag dra. Dogters kan die skool se oranje linte in hul hare dra, indien...

Geagte Ouers / Voogde

Dit is aangenaam om te rapporteer dat die sport- en kultuurprogram amper weer in volle swang is met verskeie wedstryde, byeenkomste en galas wat plaasvind. Opvallend is die dankbaarheid onder ons ouers/voogde dat ons leerders weer die geleentheid kry om aan sport- en/of kultuuraktiwiteite te kan deelneem. Vir die eerste keer in 2 jaar gaan van ons Jannies weer opvoedkundige kampe bywoon. Groot was die opwinding en die energievlakke op Woensdagoggend, 2 Maart, toe ons gr. 5-leerders na die SOS-Kamp vertrek en die gr. 7’s na die Melkboskamp. Hierdie puik opvoedkundige kampe is ook ‘n verlengstuk van die skool en bied ‘n wonderlike geleentheid waar karakter gebou word, kommunikasievaardighede verbeter word asook die ontwikkeling van emosionele- en leiereienskappe. Wees verseker dat die kampe wat ons bywoon ‘n gestruktureerde, veilige en vriendelike omgewing vir ons leerders bied. Ek weet die gr. 5 en 7-Jannies gaan hul gate uit geniet en ek glo dat hulle nie kan wag om al die wonderlike stories en avonture wat hulle die afgelope 2 dae beleef het, met julle te deel nie. Ek het ook die wonderlike voorreg om leerders se werk en/of projekte te sien wat hulle op ‘n daagliks basis by my mee kom spog. Ons leerders is ongelooflik talentvol en ek wens ek kan al die spogstukke en stories met julle deel. Dit is wonderlik om te sien dat ons leerders die vrywmoedigheid het om my kantoor te kom besoek, al is dit net om te groet, ‘n storie te deel of ‘n lekkertjie te vra - dit is so kosbaar! Dit is vir my belangrik dat die leerders moet weet daar...

Gr.00 Aansoeke

Ons herinner julle graag dat aansoeke vir 2023 vir nuwe leerders oop is. Onthou asseblief om betyds vir gr. 00 aansoek te doen en laat weet enige ander belangstellende ouers buite die skool. Ons sluitingsdatum is einde Maart. Groete Die Huppellandspan

Atletiek: WP-byeenkoms

Veertien van ons atlete het verlede week hulle distrik-klere ontvang. Dit was 'n heerlike dag en die leerders het uitstekend presteer.   Donderdag, 3 Maart, het die veertien leerders deelgeneem aan die WP-kampioenskappe. Die leerders en hul uitslae is asvolg: Cara Scoltz - 6de in die finaal van die 70m hekkies Nils le Roux - 5de in die 70m hekkies en 5de in 1200m Sofia Newton - 5de in die 75m hekkies en 5de in die 150m hekkies Dawid-Wiese - 6de in die finaal van die 75m hekkies Delmar Benecke - 6de in 1200m en 4de in verspring Ané Swanepoel - 7de in 1200m Sebastian Senekal - 5de in gewigstoot Carter Schoeman - 7de in gewigstoot Jeanne van Heerden - 4de in gewigstoot Liza Hitge - 5de hoogspring Anna Viljoen en Mari Steyn het baie goed gevaar in die hoogspring en Ashlyn-Beth in die diskus. Sophia Liebenberg was 2de verspring en 3de in spiesgooi. Sy het dus haar WP-klere verower. Dis 'n besondere prestasie! Die kompetisie was uiters sterk en ons atlete het hulle baie goed van hul taak gekwyt. Ons is baie trots op elke...

Dapper Stappers: Boesmanskloof, 28 & 29 Mei

Ons wil graag in die tweede kwartaal 'n twee dag stap te doen. Die roete begin in Greyton. Die stap is in die Boesmanskloof en volg dieselfde roete uit sodat 'n mens weer in Greyton eindig. Kostes: Permit - R50 per persoon per dag (m.a.w. R100 per persoon vir die 2 dae) Verblyf - R300 per persoon (10 jarige ouderdom en op) Datum: Begin Saterdag, 28 Mei. Stap Sondag, 29 Mei , terug. *Sport wat daardie naweek plaasvind kry voorkeur. Afstand & Tydsduur: 12.5 km, 5-6 ure Moeilikheidsgraad: Gemiddeld, afhangend van jou fiksheidsvlak. Jy moes verkieslik al 'n langer dagstap gedoen het. Jy moet 'n rugsak met jou kos & klere saam vat. Daar is beddegoed by die huisies waar ons sal slaap. Die roete het 'n paar opdraendes aan die begin & einde van die stap, maar die grootste deel van die stap is plat. In die middel van die roete is daar 'n groot swemgat en waterval om bietjie in af te koel. Vorm: Kliek HIER vir die vorm om in te skryf. Navrae: Kontak my gerus indien jy enige navrae het: suzaan@jvrprim.co.za Volg hierdie SKAKEL vir foto's en inligting i.v.m. die verblyf. Volg hierdie SKAKEL om meer oor die roete uit te...

Krieket O/11 A

Die 0/11 A-span het Maandag, 28 Februarie, teen St. Joseph's Marist in Rondebosch gespeel. JvR het eerste gekolf en het 131 lopies na 15 beurte aangeteken. Delmar Benecke het 55 lopies, nie uit nie, gekry. Ruben Eksteen het ook 'n goeie 23 lopies bygedra tot die groot totaal van die dag. Ons kry hulle uit vir 37 na 15 beurte. Gustav van der Linde het 2 paaltjies geneem na 2 beurte en geen lopies was aangeteken nie. Adriaan Wessels neem 1 paaltjie vir 4 lopies, Ruben Eksteen 1 paaltjie vir 4 lopies en Vincent Oosthuizen 1 paaltjie vir 3 lopies. Delmar Benecke was nie net die kaptein nie, maar ook die speler van die wedstryd. Baie geluk Delmar, spoggerige vertoning. Ons is baie trots op...

Belangrike Datums

julie 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor