Die somer sportprogram kom op Donderdag, 10 Maart, tot ‘n einde.   Ons begin vanaf Maandag, 14 Maart, tot Donderdag, 17 Maart, met die winterprogram.  Gebruik hierdie week die geleentheid om te bepaal hoe die winterprogram werk en besluit daarvolgens waaraan jou kind(ers) wil deelneem.

Die weer is nog lekker warm en ons bied dus vir die graad 1 & 2-leerders die geleentheid om steeds te swem. Ouers moet egter kennis neem dat daar nie ‘n onderwyser van die skool die sessies sal bywoon nie. Dit sal slegs die afrigters van Aqua Crazy wees. Graad 1 & 2-leerders hoef nie vir hierdie sessies te registreer nie.  Hulle kan net kom vir die oefening. Leerders wat egter geïdentifiseer is vir die Learn 2 Swim-groep sal ongelukkig nie die sessies kan bywoon nie, slegs leerders wat kan swem, kan dit bywoon.

2022-Buitemuurse-program - 14 - 18 Mrt (2)