Willem Vorster en Frank van der Walt is kranige Rubik-kubus spelers. Sondag, 6 Maart, was hulle beoordeelaars in ‘n SA-kompetisie wat plaaslik by Hoërskool Seepunt plaasgevind het en is deur speedcubes.co.za aangebied.

Dit was ‘n interessante dag met baie opwinding waar spelers van regoor Suid-Afrika verskillende kubusse opgelos het – 2×2, 3×3, 4×4, pyraminx en selfs 3×3 geblinddoek!

Dit is die twee se fokus om volgende keer self as spelers deel te neem.