Ons is so bevoorreg om deel van 100 ander skole te wees wat aan ‘n navorsingsprojek (Funda Wande Intervensie Evaluasie) deelneem. 10 Lukrake leerders in graad 4 en 7 is Maandag, 7 Maart, deur eksterne beamptes uit hul klasse onttrek om eksterne evaluasie af te lê. Geen voorbereiding was hiervoor nodig nie. Graad R en 1 sal op Dinsdag, 22 Maart, ook hieraan deelneem. Ons is baie bly dat ons met hierdie navorsing kan help.