Alle verlore goedere sal Woensdag, 23 Maart, vanaf 12:30 – 15:30, agter die skool onder die bome uitgestal word. Ouers is welkom om te kom kyk. Alle verlore skoolklere wat nie teen Donderdag, 24 Maart, opgeëis is nie, sal vir fondse aan die tweedehandse klerebank geskenk word. Alle ander verlore items sal vir welwillendheid geskenk word.

Versoek:
Maak asb. seker jou kind(ers) se items is duidelik gemerk met hul naam, van en korrekte klas. Items wat by die tweedehandse klerebank gekoop word, moet ook asseblief oor gemerk word. Duidelik gemerkte items kan makliker aan hul eienaars terugbesorg word.

Vir enige navrae stuur gerus vir Annami Gerber ‘n e-pos na biblioteek@jvrprim.co.za.