o.12 Rugbyproewe

Twee van ons leerders, André Marais en Shaye Schwartz, het Donderdag, 11 Augustus, te Kuilsrivier rugbyklub aan o.12-proewe deelgeneem. Hulle het deel gevorm van 'n gekombineerde span vanuit die sentrale en suidelike voorstede se skole. Ons wag nog vir hul uitslae, maar hou vir hulle styf...

Damesontbyt, 3 September

Trek lekker BOLD, BRIGHT EN BEAUTIFUL aan en kom geniet 'n heerlike ontbyt in goeie geselskap op Saterdagoggend, 3 Sept., om 9:30 te Welgemeendsaal, HS JvR. Neem asb. kennis dat daar slegs 60 kaartjies beskikbaar is. Kaartjies is vanaf vandag op Karri teen R200 per persoon beskikbaar. Spring as jy die geleentheid wil...

Geagte Ouers / Voogde

Ons wil die res van die maand nog steeds eer en erkenning gee aan al ons kosbare vroue in ons samelewing. Vrouens speel ‘n kardinale rol nie net in hul huise nie, maar ook in hul gemeenskappe. Hulle is altyd diensbaar om te verseker dat hul gemeenskappe vooruitgaan en ontwikkel. Ons salueer julle as vrouens vir alles wat julle vermag het en by voorbaat dankie vir die kosbare rol wat julle elke dag binne ons skoolgemeenskap speel. Ek glo en vertrou dat elke vrou in ons skoolgemeenkap op Dinsdag, 09 Augustus, behoorlik bederf is. Ek glo dat julle ook met blydskap waargeneem het dat die geslote kringtelevisie kamerastelsel klaar geïnstalleer is. Die nuutste sekuriteitstegnologie word hier ingespan en die kameras bewaak die hele skool se heinings, -mure en -toegangshekke. Verder word al die kameras deur ‘n sekuriteitsfirma 24/7 gemonitor en indien enige ‘onwelkome gas’ dit durf waag om sy/haar voete sonder toestemming op ons perseel te sit, word daar onmiddellik alarm gemaak en die gewapende eenheid kom onmiddellik uit. Verseker gee dit vir ons almal gemoedsrus dat ons leerders, ouers en personeel wat op enige gegewe oomblik op die perseel mag wees, veilig en beskerm sal wees. Augustusmaand by ons skool word ook gekenmerk deur die begrotingsproses. Die EXCO, begrotingsbestuurders in samewerking met die personeel, is hard aan die werk om die eerste weergawe van die 2023 konsepbegroting teen 16 Augustus 2022 saam te stel. Baie dankie ook aan die FINKOM en BR wat behulpsaam is met die samestelling van ‘n effektiewe begroting wat noodsaaklik is om werk doeltreffend te help beplan, hulpbronne korrek toe te deel en hulpbronbenutting...

Hoërskool Jan van Riebeeck Kunstefees: Eisteddfod-uitslae

Baie geluk aan die volgende leerders se prestasies by Hoërskool Jan van Riebeeck se Eisteddfod: Daniela Boshoff - Prosa - Goud Pieter Rademeyer - Voordrag - Goud Hannah de Stadler - Voordrag - Goud Antjie Samuel - Voordrag - Goud Karu Rademeyer - Voordrag - Goud Karu Rademeyer - Prosa - Goud Emma van Bijon - Dwarsfluit - 78% Ruben Eksteen - Saksofoon -...

Hokkiewedstryd vir o.7 en o.8

Dirkie Uys het gevra of ons o.7 en o.8-spanne het wat vriendskaplik teen hulle kan speel. Om hulle te help en ons kinders bietjie blootstelling te gee, wil ons kyk om seuns en dogterspanne saam te stel vir Interskole. Ons het stokke wat spelers vir die wedstryde kan leen.  Een van ons skool se ouers is so oulik om saam met Juf. Helene Slabbert vir ons te help om die groepie 'n paar dinge te leer.  Die spanne bestaan uit slegs 6 spelers so ons vra dat ouers asb. aan die volgende vereistes voldoen. Hy / sy moet beide Dinsdag en Donderdag (13:15 - 14:15) se oefeninge op die Conradieveld bywoon. Hy / sy moenie reeds rugby of netbal speel nie. (Ons wil graag vir ander kinders geleenthede skep). Hy /sy moet beskikbaar wees om Vrydagmiddag, 19 Augustus, se wedstryd te kan speel. Indien jou kind aan die bostaande vereistes voldoen, vul asb sy / haar inligting op die google form in. Ons sal dan volgende week met ouers bevestig dat hul kinders speel na die...

Netbalwedstryde Welgemoed: 17 Augustus 2022

Ons sou oorspronklik hierdie wedstryde tuis gespeel het, maar Welgemoed het versoek dat ons by hulle kom speel omdat verskeie ouer spelers die aand by 'n funksie betrokke is. Volgende jaar ruil ons om en kom kuier hulle in die stad. Sien asb. die onderstaande inligting en voltooi die google form. SPANNE: o.7 Akkedisse, Bokkies en Cheetas o.8 Akkedisse, Bokkies en Cheetas o.9 A, B en C o.10 A en B o.11 A, B en C (gemeng met o.10 spelers) o.12 A, B en C o.13 A, B en C PLEK: Laerskool Welgemoed VERTREKTYD 13:00 [O/7 & O/8]                                14:00 [O/9 - O/13]  (Vanaf die skool) TERUG BY SKOOL:   ±18:00 GOOGLE FORM...

Netbalwedstryde Vredekloof: 15 Augustus 2022

Ons C-spanne speel Maandag, 15 Augustus, teen Laerskool Vredekloof in Brackenfell. Die o.7 - o.13 A en B spanne gaan voort met oefeninge, Sien asb. die onderstaande inligting en voltooi die google form. SPANNE: o.7 Cheetas o.8 Cheetas o.9 C o.10 C o.11 C o.12 C o.13 C PLEK: Laerskool Vredekloof, Brackenfell VERTREKTYD:   13:00  [o.7 - o.8]  14:00 [o.10 - o.13]  (Vanaf die skool) TERUG BY SKOOL:   ±17:30 GOOGLE FORM PROGRAM: Hou asb. ingedagte dat die tye wat aangedui word, kan verander. Dit hang alles af watter tyd ons by die ander skool...

Hokkieuitslae van Robertsontoernooi: 29 Julie

Die hokkiespanne het die naweek vir ons afgeskop met heelwat wedstryde al het daar 'n paar druppels reën geval. Hier volg die uitslae: o.9 dogters Verloor 1-4 Robertson Wen 0-3 Swellendam 0.9 seuns Wen 2-1 Swellendam Gelykop 1-1 Ashton o.10 dogters Verloor 0-6 Robertson Verloor 0-2 Overberg o.10 seuns Verloor 1-4 Robertson Verloor 2-3 Swellendam  o.11 dogters Wen 3-1 Swellendam Wen 6-0 Ashton o.11 seuns Verloor 1-0 Overberg Gelyk 0-0 Robertson o.13 dogters Verloor 0-3 Swellendam Verloor 0-1 Lauras o. 13 A seuns Wen 2-0 Laurus Wen 2-0 Eversdal o.13 B seuns Verloor 0-1 Swellendam Verloor 0-1...

Rugbyuitslae van Robertsontoernooi: 30 Julie

Al was die weer koud het ons 'n heerlike naweek by Robertson gehad. Die meeste van die manne het die oggend nie hul voete gevoel nie, maar dit het hulle gees beslis nie gedemp nie. Hier volg ons uitslae: o.7 A Verloor 5-35 Wynland Verloor 5-35 Swellendam Verloor 5-30 Overberg o.7 B Verloor 30-35 Wynland Wen 35-0 Bredasdorp Wen 35-15 Robertson o.8 A Verloor 3 - 2 Swellendam Verloor 3 - 0 Overberg Verloor 9 - 0 Robertson o.8 B Verloor 6 -3 Wynland Wen 2-10 Bredasdorp Verloor 4-2 Swellendam o.9 A Verloor 2-0 Robertson Verloor 1-0 Swellendam Verloor 3-0 Overberg o.11 A Verloor 5-15 Robertson Verloor 0-15 Jeffreysbaai Verloor 0-25 Swellendam o.13 A Verloor 0-5 Jeffreysbaai Verloor 0-10 Robertson Verloor 0-15...

Skaakwedstryde: 12 Augustus

Ons speel Vrydag, 12 Augustus, 'n vriendskaplike en ligawedstryd. Kyk asb. sorgvuldig na die onderstaande inligting en voltooi die google form indien jou kind se naam op een van die spanlyste verskyn. Ligawedstryd teen Deutsche Schule (WEG) SPANNE: o.11 Gemengde span PLEK: Deutsche Schule, Tamboerskloof VERTREKTYD: 14:00 WEDSTRYDE BEGIN: ±14:15 TERUG BY SKOOL:   ±15:30 GOOGLE FORM Vriendskaplike-wedstryd teen Weizman (WEG) SPANNE: x3 graad 1 spelers x3 graad 2 spelers PLEK: Weizmann VERTREKTYD: 13:30 WEDSTRYDE BEGIN: ±14:00 TERUG BY SKOOL:   ±15:00 GOOGLE...

Hoërskool Jan van Riebeeck Kunstefees: Drama-uitslae

Baie geluk aan die volgende leerders wat aan die drama-afdeling van die Hoërskool se Kunstefees deelgeneem het! Pieter Rademeyer - Poësie: Voordrag A+ Hanna de Stadler - Poësie: Voordrag A+ Karu Rademeyer - Poësie: Voordrag A++ Antjie Samuel - Poësie: Voordrag A++ Karu Rademeyer - Prosa: Voordrag A+ Daniella Boshoff - Prosa: Voordrag...

Landloop Sun Valley: 12 Augustus

Die 4de wedloop word Vrydag deur Sun Valley aangebied. Sien die onderstaande inligting en voltooi asb. die Google form indien jou kind /ers wil deelneem. PLEK: Sun Valley Primêr, Vishoek VERTREKTYD:  14:00 TERUG BY SKOOL:   ±17:15 GOOGLE FORM PROGRAM EN WEDLOOP ROETES * Daar sal 'n SNOEPIE beskikbaar...

Hokkiewedstryde Fanie Theron en Parklands: 11 Augustus

Ons spanne speel Donderdag, 11 Augustus, teen Laerskool Fanie Theron en Parklands College WEG. Sien die onderstaande inligting en voltooi die google form asb. Daar is enkele spanne wat steeds voortgaan met oefeninge. Spanne wat voortgaan met oefeninge, volgens Dinsdae se tye: o. 10 Seuns o.12 Seuns o.13 Dogters   INLIGTING VIR WEDSTRYDE SPANNE:  Dogters: o.9 A & B               o.10 A               o.11 A & B               o.12 A Seuns:  o.9 A              o.11 A              o.13 A               PLEK: Laerskool Fanie Theron, Kraaifontein VERTREKTYD: 13:30 (o.9)  14:00 (o.10 - o.13) TERUG BY SKOOL:   ±17:45 GOOGLE FORM...

Belangrike Datums

julie 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor