Twee van ons leerders, André Marais en Shaye Schwartz, het Donderdag, 11 Augustus, te Kuilsrivier rugbyklub aan o.12-proewe deelgeneem. Hulle het deel gevorm van ‘n gekombineerde span vanuit die sentrale en suidelike voorstede se skole. Ons wag nog vir hul uitslae, maar hou vir hulle styf duimvas.