Dirkie Uys het gevra of ons o.7 en o.8-spanne het wat vriendskaplik teen hulle kan speel. Om hulle te help en ons kinders bietjie blootstelling te gee, wil ons kyk om seuns en dogterspanne saam te stel vir Interskole. Ons het stokke wat spelers vir die wedstryde kan leen. 

Een van ons skool se ouers is so oulik om saam met Juf. Helene Slabbert vir ons te help om die groepie ‘n paar dinge te leer. 

Die spanne bestaan uit slegs 6 spelers so ons vra dat ouers asb. aan die volgende vereistes voldoen.

  • Hy / sy moet beide Dinsdag en Donderdag (13:15 – 14:15) se oefeninge op die Conradieveld bywoon.
  • Hy / sy moenie reeds rugby of netbal speel nie. (Ons wil graag vir ander kinders geleenthede skep).
  • Hy /sy moet beskikbaar wees om Vrydagmiddag, 19 Augustus, se wedstryd te kan speel.

Indien jou kind aan die bostaande vereistes voldoen, vul asb sy / haar inligting op die google form in. Ons sal dan volgende week met ouers bevestig dat hul kinders speel na die oefeninge.