Eisteddfodmedaljes
Alle medaljes moet so gou moontlik aan juf. Groenewald besorg word, sodat dit by die prysuitdeling oorhandig kan word.
Lees VerderAlle medaljes moet so gou moontlik aan juf. Groenewald besorg word, sodat dit by die prysuitdeling oorhandig kan word.
Lees VerderSit vroegtydig jou kind se naam op die waglys vir musiek vir volgende jaar. Ons is opgewonde om, behalwe klavier, blokfluit, sang en teorie, asook kitaar, viool en ukelele aan te bied. Kontak juf. Helecia Groenewald per e-pos om ‘n plekkie te bespreek:...
Lees VerderOnthou asb. die twee kooroptredes by Kerssangdienste: 17 November Tamboerskloof N G Kerk, 19:00 1 Desember Drieankerbaai N G Kerk, 18:00 Alle koorlede dra WIT.
Lees VerderA.g.v. die weervoorspelling vir Vrydag, is die ouer- en kindkamp uitgestel na Vrydag, 8 Nov. Dit is die enigste Vrydagaand wat beskikbaar is. Ouers wat reeds die R80 inbetaal het en nie Vrydagaand,8 November, die “kamp” kan bywoon nie, kan vir Marili ‘n e-pos stuur om die geld terug te eis: marili@jvrprim.co.za Van die “apparaat” wat ons wou huur, is nie op Vrydag 8 November beskikbaar nie, so ons het besluit om ‘n gedeelte van die inkomste vir welwillendheid aan te...
Lees VerderSowat 9 Jan van Riebeeck-leerders neem op 9 en 10 November deel aan ‘n balletproduksie wat aangebied word deur die Cape Ballet Centre. Die CBC balletskool, insluitend volwassenes, sowel as twee ander skole uit minder bevoorregte gemeenskappe gaan in die produksie wees. Woon dit gerus by! Ballet 21 Okt...
Lees VerderNaam en van: Nadia Manuel Graad: 6B Waar woon jy?: Oranjezicht Gunsteling vak: Ek hou baie van LO. Ek is baie bly dat die atletiekseisoen uiteindelik hier is, want ek is versot op kortafstande. Oefening laat my goed voel. Ek is ‘n trotse Jannie, want Laerskool Jan van Riebeeck het my lewe verander. Skool is nou vir my lekker. Ek geniet dit baie om in ‘n koor te kan sing en sien uit na ons...
Lees VerderHierdie week het die Woord van die week 2 wenners: Een vir die korrekte inskrywing en een vir die persoon wat die woord voorgestel het. Woord van die week 83: nippertjie Definisie: op die laaste oomblik of net betyds Sin: Ek het op die nippertjie my toets klaargemaak. Wenners: Alexa van der Merwe (Gr.5S) vir haar korrekte inskrywing & Onela Roxo (Gr.6B) vir die woord...
Lees VerderEk is tans besig met die beplanning van die redenaarsprogram vir 2020. Ek het in hierdie week vir leerders briewe uitgedeel wat dit oorweeg om by redenaars betrokke te raak. Indien enige iemand nog ‘n brief wil hê, kom kry gerus by my. Deelnemers moet in 2020 in graad 3-7 wees. Die voordele van die vaardighede en eienskappe wat deur redenaars ontwikkel word, sluit onder andere ‘n goeie selfbeeld, toewyding, uithouvermoë, beplanningsvaardighede, ‘n gehoor aanspreek, ens. in. Ek hoop om baie nuwe deelnemers by redenaars 2020 te verwelkom! Indien daar enige navrae is, kontak my gerus per e-pos: andri@jvrprim.co.za Redenaarsgroete, Andri...
Lees VerderDie onderwysers het verlede week ‘n koderingsessie bygewoon waartydens hulle vir ‘n uur lank (hour of code) op Code.org d.m.v. “block coding” basiese koderingkonsepte geleer het. Dit was die eerste van nog vele sessies en ons beoog om te begin om hierdie koderingkonsepte te integreer in ons klasse. Ons sal van volgende jaar af ook Robotika as deel van die rekenaarkurrikulum aanbied. Vir meer inligting rondom kodering vir kinders, kliek HIER. Indien jy self wil gaan loer na Code.org, kliek HIER. Scratch is nog ‘n gratis aanlynprogram waarin leerders hul eie koderingprojekte kan aanpak: Kliek HIER. Om te sien wat ons tans in die rekenaarklas doen, kliek HIER. Vir enige navrae, stuur gerus ‘n e-pos aan...
Lees VerderDie inhandigingsdatum vir ons jaarlikse Santa Shoebox-projek is om die draai en ons het nog heelwat boksies wat dringend liefde benodig. Ons poog om hierdie jaar ‘n 100 boksies propvol liefde en omgee aan behoeftige leerders te oorhandig. Word asseblief deel van die wonderlike projek deur op die advertensie hieronder te kliek en besluit watter items jy wil bydra. Kom ons vat hande en maak ‘n verskil, Jannies! Inhandigingsdatum – 28 Oktober...
Lees VerderOm ‘n tuin te hê, is ‘n wonderlike plesier. Dit bevorder vriendskappe en verlaag stres. Ons Jannies wil graag hierdie jaar deel in die pret! Op Vrydag, 18 Oktober 2019, kan die leerders sivvies aantrek teen R10 per leerder. Die gelde is betaalbaar op die Karri-toep en al die fondse word geskenk aan die Jan Kriel skool. Hierdie skool het 560 leerders met spesiale behoeftes en het die fondse dringend nodig. Die leerders word ook aangemoedig om blommekranse tuis te maak en Vrydag te kom spog met hul kreatiewe skeppings. Daar is heerlike pryse vir die mooiste krone asook vir die klas met die meeste...
Lees VerderBaie geluk aan ons Jannie van die week, Hanna Giliomee in graad 3BS. Dankie dat jy so getrou herwin! Geniet die R100 geskenkbewys van Col’Cacchio. Sewe voordele van die veelsydige spekboom: 1. Spekbome is vetplante wat 4-10 ton koolstof per hektaar absorbeer. Dit werk amper soos ‘n spons wat koolstof uit die atmosfeer opneem en in plantmateriaal omskakel. 2. Spekbome is inheems. 3. Spekbome is waterwys 4. Spekbome groei lekker in alle seisoene en klimate. 5. Spekbome groei maklik: breek ‘n takkie af, laat dit droog word en plant dit in die grond. 6. Spekbome is veelsydig: dit kan ‘n grondbedekking, ‘n heining, ‘n bos of ‘n bonsai word. 7. Spekbome is eetbaar. Plant sommer vandag nog ‘n paar spekbome! Lees gerus meer oor die...
Lees VerderSat 19 OKT 2019 by JvR Laerskool saal @ 15:00 R40 vir volwassenes R20 kinders Kom ondersteun ons dansers asb. en geniet die pragtige oorspronklike danse van Mignon Furman. Betty Blake (Royal Academy of Ballet eksaminatrise) is ons beoordelaar. Sy is ons Durban verteenwoordiger van American Performance Awards. Die volgende 21 dansers gaan deelneem aan die gewilde Ballet kompetisie. Sterkte en geniet! LEVEL 1 Cara Stoltz Sarah Roff Cara Nel Lulu Marais Amelie vd Walt Gabriella Buckenham Danielle Fourie Phia Fouche LEVEL 2 Daniella Boshoff Isabella Marais Emily Roff Lukas Goosen LEVEL3 Lumarie Fourie Lida-Mari Bosman Karlien vd Walt Kerala Allewell LEVEL 5 Marianne Nel Jeanette Groenewald LEVEL 6 Arwen Weich Jana Brink LEVEL 7 Mia...
Lees VerderLaerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Saterdag, 12 Oktober 2019 Elana Jacobs (Snoepie) verjaar Saterdag, 12 Oktober 2019 Groote Kerk Kermis Saterdag, 12 Oktober 2019 Tweekamp: Liga 2 (WEG) Maandag, 14 Oktober 2019 Beheerraadvergadering 17:30 Maandag, 14 Oktober 2019 Gr.7K Geskiedenis-uitstappie Dinsdag, 15 Oktober 2019 Krieket: O/9 A & B wedstryde vs. Llundudno(WEG) (Green Point Cricket Club, 111, Vlei Rd, Green Point) Woensdag, 16 Oktober 2019 Ek, Ons, Wêreld Gr.6 Woensdag, 16 Oktober 2019 Krieket: O/11 liga vs. Kronendal (TUIS) (Conradieveld) Woensdag, 16 Oktober 2019 Tenniswedstryde (TUIS & WEG) Donderdag, 17 Oktober 2019 Ek, Ons, Wêreld Gr.7 Vrydag, 18 Oktober 2019 Atletiek: Bredasdorp Top 10 Vrydag, 18 Oktober 2019 Toets: Gr.5 & 7 Afrikaans Vrydag, 18 Oktober 2019 Toets: Gr.4 & 6 Engels Saterdag, 19 Oktober 2019 Wow Spelkompetisie – Nasionale kompetisie Saterdag, 19 Oktober 2019 KRIEKET: O/13 Fanie Theron “Six-a-side” Toernooi, WEG (Fanie Theron Primary School, Krige St & Bosman St, Kraaifontein) Maandag, 21 Oktober 2019 Gr.7H Geskiedenis-uitstappie Dinsdag, 22 Oktober 2019 Gr.1 uitstappie – Planetarium Dinsdag, 22 Oktober 2019 isiXhosa kompetisie: wenners-uitstappie Woensdag, 23 Oktober 2019 Fotodag – Sportfoto’s Woensdag, 23 Oktober 2019 Tenniswedstryde (TUIS & WEG) Woensdag, 23 Oktober 2019 Krieket: O/11 liga vs. Reddam House ASB (WEG) (Green Point Cricket club) Donderdag, 24 Oktober 2019 Krieket: O/13 liga vs. Kronendal (WEG) Vrydag, 25 Oktober 2019 Skrywersbesoek: Jeremy Daniel Gr.3-6 Vrydag, 25 Oktober...
Lees VerderOns is baie opgewonde oor hierdie jaar se ouer- en kindkamp. Maak reg vir ‘n aand vol pret en sommer net lekker saam kuier en braai. Kaartjies sal van volgende week af op die Karri toep beskikbaar wees. Kaartjie verkope sluit 23 Oktober 2019. Maak seker jy bespreek jou plek vroegtydig. Datum: 25 Oktober 2019 Plek: Conradieveld Koste: R80 per persoon Tyd: 18:30 vir 19:00 Ons sien uit om julle daar te...
Lees VerderDie opening van die WKOD se provinsiale kunsuitstalling het Saterdag, 5 Oktober by die Zeitz Mocaa plaasgevind. Milla Joubert met haar kunswerk “Die storie van Van Hunks”, het ons skool verteenwoordig. Die wenners van die onderskeie distrikte se werk is te sien in die opvoedkundige gedeelte van die museum. Watter ongelooflike voorreg om werk uit te stal in hierdie indrukwekkende venue en boonop tydens William Kentridge se 40 jaar retrospektiewe uitstalling!Baie geluk Milla,ons is baie trots op...
Lees VerderKliek op die skakels om te sien watter skryfbehoeftes jy moet aankoop vir jou kinders vir 2020: Graad 4 Skryfbehoeftelys Graad 5 Skryfbehoeftelys Graad 6 Skryfbehoeftelys Graad 7 Skryfbehoeftelys
Lees VerderDie graad viers het onlangs aan ‘n skryfkompetisie deelgeneem wat deur die WKOD geloods is. Die volgende leerlinge was die wenners by ons skool: Simon van Dyk Petrus Bosman Susan Burger Mia Janse van Rensburg In die volgende fase gaan hierdie leerders hulle stories lees en hulle eie stemme gaan gebruik word in ‘n animasie-reeks. Ons wil hierdie leerlinge baie hartlik gelukwens.Ons is baie trots op...
Lees VerderBaie geluk aan ons Jannies van die week, Taniel Webber in Graad 5JVR en Thornley Webber in Graad 7H. Dankie dat julle so getrou herwin! Geniet die R100 geskenkbewys van Col’Cacchio. Die algehele wen-klas van die Rommelresies op 18 September was nie net blitsig nie, maar ook baie akkuraat in hoe hulle herwin het. Hulle het goed as ‘n span saamgewerk en het heeltemal op hul eie gewerk, sonder enige hulp van die onderwysers. Die wenklas is Graad 4VDV. Hulle wen elkeen ‘n eko-vriendelike bamboes-strooitjie wat herbruikbaar is. Baie...
Lees Verder