Skrywer: Suzaan Burger

Lion’s Club Paaseierskenkings

Ons wil baie graag weer vanjaar Kaapstad se Lion’s Club help om paaseiers vir minderbevoorregte kinders in te samel. Dit sal wonderlik wees as elke leerder minstens een paaseier vir ons kan bring en dit in die emmer wat in Adri se kantoor staan, kan plaas. Hulle verkies die eiers wat die malvalekker aan die binnekant van die sjokolade het. Dit kom ook in ‘n string van vier of in verpakkings van 24 en meer. Ons wil vra dat die paaseiers voor of op Vrydag, 11 April, skool toe gebring word (neem asb. kennis van die veranderde...

Lees Verder

Welwillendheidsprojek Kwartaal 3 2024: DBV’s

Ons reik gedurende die 3de kwartaal uit na verskillende DBV’s. Julle is welkom om kos, komberse, speelgoed of halsbande skool toe te stuur. Volg die skakel of kliek op die foto vir ‘n resep om hondebeskuitjies te maak. Stuur die bogenoemde voor of op 30 Augustus...

Lees Verder

Ouerbesoeke: 15 en 16 Julie 2024

Op 15 en 16 Julie vind daar ouerbesoeke plaas. 15 Minuut-afsprake sal met onderwysers gemaak kan word om oor jou kind(ers) se akademiese vordering of emosionele welstand te gesels. Volg hierdie stappe om ‘n afspraak te maak: Volg die skakel vir die Besprekingsbladsy. Kies die graad waarin jou kind is. Onder “Select Staff”, kies die onderwyser met wie jy ‘n afspraak wil maak. Op die kalender, gaan na Julie en kliek op 15 / 16 Julie. Kies die tydgleuf wat jou sal pas. Indien daar geen tydgleuwe meer beskikbaar is nie, stuur gerus ‘n boodskap op WhatsApp of per e-pos aan die betrokke onderwyser om ‘n alternatiewe tyd te reël. Rol af op die bladsy en vul jou naam, e-posadres, kind se naam en enige addisionele kommentaar in. Jy sal ‘n bevestiging van jou afspraak per e-pos ontvang. Indien jy die afspraak wil skuif of kanselleer, volg die stappe in die e-pos. Jy kan tot en met 24 uur voor ‘n afspraak nog bespreek, verander of kanselleer. Om te sien watter onderwyser bied watter vak aan, sien gerus die personeelblad op die webtuiste. Die skool verdaag op 15 en 16 Julie vroeër: 12:45 (gr. 1-3) en 13:00 (gr....

Lees Verder

Landloopuitslae: 31 Mei 2024

Ons het die kwartaal se landloop afgesluit met ‘n wedloop in Vishoek. Dit was baie opwindend om die oranje hempies van ver af te sien aankom en hulle aan te moedig tot by die eindstreep. Baie geluk aan al die deelnemers, almal het verbeter van die vorige wedloop. Isla Jooste, Lukas Loubser en James Steyn het in die top 20 in hul ouderdomsgroep geëindig en ‘n spesiale geluk aan Delmar Benecke wat in die vorige wedloop in Rondebosch 7de geëindig en verlede Vrydag in Vishoek 5de geëindig het. Ons is baie trots op...

Lees Verder

WOW-spelfees 2024

Dit is weer daardie tyd van die jaar waar die Jannies hul goeie spelvermoëns tydens die WOW-spelfees kan toets. Leerders (graad 1-7) wat belangstel om deel te neem, sal woordelyste by hul onderwysers ontvang. Die woordelyste is ook hier beskikbaar. Leerders wat belangstel om deel te neem, word aangemoedig om so gou moontlik die woorde te begin leer. Hierdie leerders sal dan volgende kwartaal deur hul Afrikaanse onderwysers getoets word en inligting rakende registrasie sal daarna volg. Belangrike datums wat al beskikbaar is (onderhewig aan veranderinge): Distrikskompetisie: 28 Augustus 2024 Provinsiale rondte: 14 September 2024 Nasionale rondte: 28 September 2024 Vir enige navrae, kontak gerus vir Ilse-Marié Holtzhausen...

Lees Verder

Markdag: 13 Junie 2024

Markdag vind Donderdag, 13 Junie, vanaf 09:30 tot 10:30 plaas. Dit is die senior fase se beurt om Markdag aan te bied. Leerders word herinner dat hulle nie klappers of lewende hawe mag verkoop nie. Karri sal vanaf Vrydag, 7 Junie, tot Woensdag, 12 Junie, oop wees om ‘n tafel te bespreek indien jou kind(ers) in graad 4-7 iets by die markdag wil...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 31 Mei 2024

Die tweede week van die eksamen het klopdisselboom verloop. Soggens tydens eksamen is dit vir die eerste uur of twee doodstil in die skool soos die leerders besig is om hul kennis op skrif te stel. Vanaf 10:00 met die aanbreek van pouse wat dan gevolg word deur die interne sportprogram kom die hele skool skielik tot lewe met al die vrolike stemme wat die heerlike winterweer buite geniet. Gelukkig kom die eksamen op Woensdag, 05 Junie, tot ‘n einde en keer ons huishoudings terug na normaal met ‘n welverdiende vakansie wat voorlê. Môreaand, 01 Junie, vind ons jaarlikse veilingsdinee by die ikoniese Pienk Dame, naamlik die Mount Nelson Hotel, plaas. Hierdie geskiedkundige hotel boei al gaste sedert 1899 en sodra jy die perseel betree, ervaar jy die gevoel van glans en ontspanning wat dit die perfekte venue vir ons gewilde veilingsdinee maak. Vanjaar se tema is ‘Glansryk in Wit’ en ek wil al die gaste by voorbaat hartlik bedank wat die glansgeleentheid gaan bywoon asook hul bereidwilligheid om hul hande diep in hul sakke te steek om ons skool finansieel te ondersteun. Fondse geïn word direk in projekte geploeg om onder andere die infrastruktuur by die skool asook die IKT-leer en -onderrig aan te spreek. Laat my ook toe om die reëlingskomitee bestaande uit Anna Blackmore en Michelle Forsyth hartlik te bedank vir hul deeglike beplanning en harde...

Lees Verder

Jan Kas sluit vroeër vir voorraadopname

Die Jan Kas aanlyn klerewinkel sal op Donderdag, 6 Junie, om 21:00 sluit. Die winkel self sal vir die laaste keer die kwartaal op Donderdag, 6 Junie, van 12:30 – 13:45 oop wees. Sien die tye uiteengesit hier onder. Aanlyn winkel: Sluit: 6 Junie om 21:00 Heropen: 8 Julie om 07:00 Fisiese winkel: Sluit: 6 Junie (12:30 – 14:45) Heropen: 8 Julie (08:00 –...

Lees Verder

Barbara Schreuder Dansskool

Die volgende gr. 2 en ouer dansers het hierdie jaar ingeskryf en neem deel aan die 2024 CapeTown Eisteddfod. Hulle dans een of twee voorgeskrewe solos vanaf 8 tot 11 Junie 2024. Dankie, dansers, vir jul harde werk en aan ouers vir jul ondersteuning. Anya Greeff Ciera February Mika vd Walt Christa-Bella Swart Lucy le Roux Heidi v Heerden x2 Natalie Lawson x2 Solange Stevens Jana v Gijsen Ella Grey Gabriella Buckenham Daniella Boshoff Larah Opperman Jessica Schincariol Karlien vd Walt x2 Kerala Allewell x2 Lara Basson Emma Liebenberg Lekker dans en geniet die ondervinding en...

Lees Verder

Nuwe kommunikasie en IKT-beampte

Dit spyt ons om julle mee te deel dat Suzaan Coetzee vroeër die kwartaal haar bedanking ingedien het. Sy verlaat ons aan die einde van die kwartaal. Ons beste wense vergesel Suzaan op haar nuwe reis en mag sy haar nuwe werk terdeë geniet. Megan Zondagh gaan haar pos oorneem en sal van volgende kwartaal af die kontakpersoon wees vir navrae i.v.m. kommunikasie, inteken-probleme en Jan Kas. Kontakbesonderhede: megan@jvrprim.cp.za | 067 448 4943 (WhatsApp chat) Vir Jan Kas navrae, kan julle steeds die jankas@jvrprim.co.za e-posadres gebruik. Ons is verder in die proses om onderhoude te voer om ‘n nuwe persoon in Megan se plek vir die biblioteek- en digitale geletterdheid-vak aan te...

Lees Verder

Delmar Benecke presteer in Swem

Delmar het Saterdag, 25 Mei, aan Cape Town Aquatics se eerste gala van die nuwe swemseisoen deelgeneem. Hy het baie goed presteer met persoonlike beste tye in beide sy items waaraan hy deelgeneem het. 200m individuele wisselslag: 1ste plek 100m rugslag: 1ste plek ‘n Baie goeie begin van ‘n nuwe seisoen. Baie geluk,...

Lees Verder