Skrywer: Suzaan Burger

Geagte Ouers / Voogde – 3 Mei 2024

Die afgelope week was daar twee openbare vakansiedae. Vorige jare het dit altyd met ‘n lekker langnaweek gepaard gegaan, maar ongelukkig mis ons vanjaar op die meevallertjie uit. Ek dink dit is ook belangrik dat ons nie sommer net die betekenis van die twee openbare vakansiedae miskyk nie. Daar word elke jaar op die 27 ste April Vryheidsdag in Suid-Afrika gevier. Vryheidsdag is ‘n belangrike dag in die Suid-Afrikaanse geskiedenis daarom is dit belangrik om ons kinders daaroor te leer asook om die waarde daarvan te verduidelik. Vryheidsdag is juis ingestel om die eerste postapartheid verkiesings te vier. Dit is daarom ‘n viering van vryheid vir alle Suid-Afrikaners. Laat ons nooit vergeet dat die eerste nasionale verkiesing op 27 April 1994 in Suid-Afrika plaasgevind het waar elke persoon bo die ouderdom van 18 kon stem, maak nie saak watter ras hulle was nie. Verder is daar op Woensdag, 01 Mei, ook Werkersdag in Suid-Afrika gevier om die werkers van ons land te huldig vir die harde werk wat hulle verrig asook die soeke na regverdige indiensneming, die vestiging van menseregte en werkerregte in die werkplek. Werkersdag het sy oorsprong in die internasionale stryd van werkers en hul vakbonde vir solidariteit tussen werkers asook die regverdige behandeling van werkers. Hiermee wil ons, ons personeel en almal in ons skoolgemeenskap salueer wat hard werk om nie net ‘n verskil in ons...

Lees Verder

Hokkie-uitslae: 27 April 2024

Ons o.9 en o.10-seuns en dogters het op 27 April aan Table View se mini-hokkiedag deelgeneem. o.9A-Seuns: Vs Kenridge 1-0 Vs Gene Louw 1-1 Vs TV 2-0 Vs Milnerton 0-0 o.9B-Seuns: Vs Kenridge 0-2 Vs Eversdal 2-3 Vs Totius 2-4 Vs Sunningdale 4-0 o.10 B-Dogters Vs Eversdal 0-3 Vs Curro Durbanville 0-0 Vs Rouxville 1-0 Vs Boston 1-1 o.10A-Seuns Vs Gene Louw 1-1 Vs Durbanville 8-1 Vs Sunningdale 4-0 Vs Curro Durbanville 1-0 o.10 B-Seuns Vs Eversdal 1-1 Vs CBC St John’s 5-0 Vs Boston 0-1 Vs Parow-Oos...

Lees Verder

Hokkie-uitslae: 25 April 2024

Ons hokkie ligawedstryde het die 25ste April teen Sunningdale plaasgevind. Die seuns het tuis gespeel en die dogters weg. Hier volg die uitslae van die dag: Seuns: o.7A 1-1 gelyk o.8A 6-0 wen o.8B 1-0 wen o.9A 3-1 wen o.9B 2-0 wen o.10A 2-0 wen o.10B 0-0 gelyk o.11A 6-0 wen o.13A 1-0 wen o.13B 1-1 gelyk Dogters: o.7A 2-3 verloor o.8A 0-3 verloor o.9A 0- 4 verloor o.10A 0-0 gelyk o.10B 1-0 wen o.11A 2-2 gelyk o.13A 3-0 wen o.13B 1-0...

Lees Verder

ELVIS BLUE VERTONING BY HS JVR: 11 MEI 2024

Elvis Blue en sy orkes sien daarna uit om die Kaapse gehoor met sy unieke talent te betower wanneer hy ‘n spesiale vertoning hier by die Hoërskool Jan van Riebeeck-amfiteater aanbied. Cafe Jan sal vanaf 17:00 oop wees vir etes. Kaartjies is op Quicket beskikbaar. Moenie hierdie ongelooflike konsert misloop...

Lees Verder

Skaakuitslae: 30 April 2024

Ons leerders het Dinsdag, 30 April, hulle eerste skaak Ligawedstryd van die jaar teen Laerskool Tamboerskloof gespeel. Dit was vir van ons leerders hul heel eerste skaakwedstryd en ons is baie trots op hulle sportsmanskap. Die telling was 1-5 in Tamboerskloof se guns en ons het baie geleer. Ons sien uit na ons volgende...

Lees Verder

Fotobestellings: Klas- en individuele foto’s 2024

Ons foto’s wat in kwartaal 1 geneem is, is gereed om bestel te word. Webtuiste: Lunchbox Photography Wagwoord: JVR2020 Lees asb. die instruksies om te bestel op die foto hier onder ingesluit. Bestellings wat voor 24 Mei 2024 op die webtuiste geplaas en betaal word, kry gratis aflewering by die...

Lees Verder

Netbaluitslae: 29 April 2024

Maandag, 29 April, het die Jannies teen Laerskool Monte Vista gespeel. Tellings is soos volg: 13A wen 51-3 13B wen 25-0 12A wen 27-0 12B wen 6-0 11A wen 16-1 11B wen 6-3 10A wen 10-3 10B verloor 2-3 9A wen 6-0 9B wen 1-0 8A verloor 1-5 8B wen 5-2 7A wen 1-0 7B wen 2-0 Baie geluk aan al die netbaldogters met hierdie fantastiese...

Lees Verder

Netbaluitslae: 24 April 2024

Woensdag, 24 April, het die netbaldogters teen Laerskool De Tyger gespeel. Die tellings is soos volg: 0.13A wen 27-3 0.13B wen 22-0 0.12A wen 27-1 0.12B wen 4-0 0.11A wen 11-9 0.11B wen 7-0 0.11C wen 7-0 0.10A wen 10-0 0.10B wen 5-0 0.9A wen 13-1 0.9B wen 4-0 0.8A wen 3-0 0.8B verloor 1-3 0.7A verloor 1-2 0.7B wen 1-0 Baie geluk met hierdie puik...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 26 April 2024

Alhoewel dit amper ‘n week later is, bly Kaperjolle steeds op almal se lippe. Hierdie jaarlikse en gewilde pretdag het op Saterdag, 20 April, plaasgevind en is onomwonde die hoogtepunt op die skoolgemeenskap se kalender. Kaperjolle bied soveel aktiwiteite en pret vir oud en jonk. Die leerders het hulle gate uit geniet en ‘n hoogtepunt was om die ‘skrikwekkende’ spookhuis te besoek. Leerders het in lang rye gestaan om die opwinding te ervaar, veral as daar ‘n kans is dat ‘n sogenaamde spook aan jou been kan vat. Die spookhuis se gewildheid sal nooit oor die jare taan nie en sal vir geslagte nog kinders fasineer. Die spookhuis is vanjaar kreatief deur die leerderraad in die senior seuns se badkamers aangebied. Verskeie van ons ouers het tydens kaperjolle aan die straatkoskompetisie deelgeneem. Hulle stalletjies was fraai versier. Ek was nie ‘n beoordeelaar nie, maar is in die afgrond bederf met smullekker happies van verskeie straatkosdisse. Die verskeidenheid disse was hemels en die kompetise was baie sterk. Baie geluk aan Marta se span wat met die louere weggestap het. Die opkoms van ouers en kinders was verstommend en spreek weer boekdele van die karakter van ons skoolgemeenskap wanneer dit by die ondersteuning van skoolaktiwiteite kom. Die weer het vanjaar perfek saamgespeel, met kostalletjies sonder einde, “live” musiek in die agtergrond, ‘n groot markiestent met gemaklike sitplek om heerlike kos en...

Lees Verder

UNISA Musiekeksamens en Kaapse Afrikaanse Eisteddfod (Instrumentele Afdeling)

Ons deel graag die sluitingsdatums vir inskrywings vir die UNISA Musiekeksamens en die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod (Instrumentele Afdeling) hier onder: UNISA Musiekeksamens: 10 Mei 2024 (afsnydatum vir inskrywings van JvR-musiekleerders is 3 Mei 2024) Kaapse Afrikaanse Eisteddfod (Instrumentele Afdeling): 7 Mei (afsnydatum vir inskrywings van JvR-musiekleerders is 3 Mei 2024) Musiekleerders wat by die skool musiekonderrig ontvang, sal ingeskryf word op grond van die betrokke musiekonderwyser se diskresie rakende gereedheid vir die eksamen of eisteddfod. Ouers of musiekonderwysers van leerders wie buite die skool musiekonderrig ontvang, is self verantoordelik vir eksamen en Eisteddfod inskrywings. Kontak gerus vir juf Rolene vir enige verdere...

Lees Verder

The World Needs a Father Evening: 2 Mei 2024

The World Needs a Father Evening Met Cassie Carstens Donderdag, 2 Mei van 18:00 – 20:00 Laerskool Jan van Riebeeck Geen koste nie Vir meer inligting, kontak Andries by andries.viljoen@gmail.com. Meer info oor TWNAF by https://twnaf.com Die rol van Pa-wees is nie ‘n maklike een nie, maar uiters belangrik vir ons kinders. Min van ons maak tyd om onsself te verbeter om ‘n beter pa te wees. Kom volgende Donderdag, ons gesels oor die doel van Pa-wees en wat ons kinders werklik nodig...

Lees Verder

Musiekkonsert vir graad 6 en 7-musiekleerders

Op 13 en 15 Mei 2024 hou ons graad 6 en 7-musiekleerders ‘n musiekkonsert. Dit is ‘n wonderlike geleentheid waar hulle die afgelope twee kwartale se harde werk met vriende en familie kan deel. Ons leerders is nie verplig om deel te neem nie, maar ons moedig almal aan om die geleentheid te gebruik. Die konserte sal in graadverband plaasvind. Sien asseblief die spesifieke datums en tye hier onder. Ons nooi alle ouers, familie en klasmaats uit om te kom luister en die middag saam met ons te geniet. Graad 6: Maandag, 13 Mei @ 14:15 – 15:00 Graad 7: Woensdag, 15 Mei @ 14:15 – 15:00 Indien daar graad 6 of 7-leerders is wat buite die skool musieklesse neem en graag aan die musiekkonsert wil deelneem, stuur asseblief ‘n e-pos aan juf. Rolene:...

Lees Verder

Redenaarskompetisie Terugvoer: 10 & 11 April 2024

Die graad 1 – 7-leerders het verlede week aan die interne redenaarskompetisie deelgeneem en ons omtrent van verskillende sake oortuig! Baie geluk aan die volgende leerders wat ons skool by ATKV se eerste ronde gaan verteenwoordig: Gr. 1 – 3 Jean-Jacques Rossouw Petronella Gouws Mia Bothma Jan-Jurie Fourie Lua Groenewald Amalie Janse van Rensburg Kitty Partner Christina du Toit Gr. 4 – 5 Pieter Rademeyer Stef Nel Ella van der Walt Mia-Lynn Podesta Gr. 6 – 7 Sabine Barnard Karu Rademeyer Isabella Marais Elisabet Marais Colleen Draghoender Emma Snjiders Abi Fourie Stella...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 19 April 2024

Die wintersportwedstryde is in volle swang en sommer binne die eerste 2 weke van die nuwe kwartaal is skoolaktiwiteite behoorlik aan die gang. Opvallend hoe die wintersportgeleenthede deur ouers/voogde asook oumas en oupas ondersteun word, amper asof dit die skoolgemeenskap nader aan mekaar bring en veral op ‘n Saterdag ervaar ‘n mens die positiewe sportgees en kameraderie onder ouers en voogde. Verlede Vrydagmiddag het ons o.13A hokkiespanne (seuns en dogters) aan ‘n hokkietoernooi te Laerskool Van Riebeeckstrand deelgeneem. Ons spanne het hulle baie goed van hulle taak gekwyt en graag maak ek melding van die dogters wat 2 van die 3 westryde gewen het en hul laaste wedstryde teen Laerskool Van Riebeeckstrand gelykop gespeel het. Ons seunspan het ook net 0 – 1 teen Laerskool van Riebeeckstrand verloor. Laerskool Van Riebeeckstrand is ‘n heelwat groter skool as ons en weereens kon ons kompeterend wees alhoewel ons ‘diepte’ met die aantal spelers beperk is. Op Saterdag, 13 April, het ons netbalspanne aan 33 wedstryde te Laerskole Sunningdale, Tableview en Kampsbaai deelgeneem. Ons wen 20 van die 33 wedstryde, speel 5 gelykop en verloor slegs 8 van die netbalwedstryde – ek dink dit is merkwaardig en wil graag al die netbalafrigters en -spelers hartlik gelukwens met die prestasie. Ons o.7 – o.13 Rugbyspanne het ook op Saterdag, 13 April, weg teen Laerskool Sunningdale gespeel. Baie geluk aan ons o.13A-rugbyspan wat hul...

Lees Verder