Baie geluk aan ons Jannie van die week, Hanna Giliomee in graad 3BS. Dankie dat jy so getrou herwin! Geniet die R100 geskenkbewys van Col’Cacchio.

Sewe voordele van die veelsydige spekboom:
1. Spekbome is vetplante wat 4-10 ton koolstof per hektaar absorbeer. Dit werk amper soos ‘n spons wat koolstof uit die atmosfeer opneem en in plantmateriaal omskakel.
2. Spekbome is inheems.
3. Spekbome is waterwys
4. Spekbome groei lekker in alle seisoene en klimate.
5. Spekbome groei maklik: breek ‘n takkie af, laat dit droog word en plant dit in die grond.
6. Spekbome is veelsydig: dit kan ‘n grondbedekking, ‘n heining, ‘n bos of ‘n bonsai word.
7. Spekbome is eetbaar. Plant sommer vandag nog ‘n paar spekbome!
Lees gerus meer oor die SPEKBOOM.