Skrywer: Suzaan Burger

Verandering in swemprogram

As gevolg van die droogte en die swembad se watervlak wat te laag is, sal swem nie saam met al die ander somersportsoorte op 22 Januarie begin soos gister berig nie. Tot verdere kennisgewing sal swemoefening nie voortgaan nie. Leerders sal nog briewe ontvang met ‘n afskeurstrokie indien hulle belangstel om aan swem deel te neem. Voltooi dan asseblief die afskeurstrokie en stuur dit terug skool toe sodat ons die indelings van die swemgroepe reeds kan afhandel. Swimsmart begin vanaf hierdie jaar aktief met hul privaatlesse by die skool en ouers is welkom om hulle te...

Lees Verder

Uit die Sportkantoor

Ons wens vir almal ‘n baie voorspoedige 2018 toe. Alle sport vir die jaar skop Maandag, 22 Januarie af. Alle leerders het Woensdag die Somer Sportprogram ontvang met die oefentye van alle sport. Bewaar dit asb, indien dit wegraak of u het dit nie ontvang nie, is dit ook op die skool se webwerf beskikbaar. SOMER SPORTPROGRAM Ons streef daarna om vir ons leerders soveel moontlike geleenthede te skep en daarom het ons ook al die privaataktiwiteite aan die agterkant van die Somerporgram ingesluit. Ouers moet egter self die onderskeie mense kontak om reëlings te tref. PRIVAATAKTIWITEITE Ons is baie opgewonde om hierdie jaar met nuwe krieketafrigters te begin. Die hoofafrigter is Allison Johnson. Hy bring 28 jaar se afrigters-ondervinding van onder meer die WP O/13 – O/19 spanne na ons skool. Hy is ook baie betrokke by Groenpunt krieketklub en maak ook so vir ons spelers ander deure oop. Die ander afrigters wat saam met hom gaan werk is Seon Mouton en Tom Redhead. Ouers is ook welkom om vir AllIson te kontak vir privaatafrigtingsessies. Hou die webkalender dop vir al die wedstryddatums. Die jaar 2018 hou ook nuwe dinge vir ons tennis in. Ons moes aan die einde van 2017 vir juffrou Nora Verster, tennishoof, en Deoné Bosman, privaatafrigter, groet. Ons is baie dankbaar vir alles wat hulle vir tennis gedoen het by Laerskool Jan van Riebeeck....

Lees Verder

Privaat Dramaklasse: Kwartaal1van 2018

Dramaklasse word privaat aangebied en die beplanning daarvan strek oor 4 kwartale. Daar sal tussen 8 en 9 klasse per kwartaal wees in 2018. Formele klasse begin op Maandag 22 Januarie. TYE MAANDAG Huppelland: 4-5 jaar(12h30-13h00) Graad R(13h00-13h30) Laerskoolsaal: Gr.1-3(14h15-15h15) Gr. 4-7(15h15-16h15) WOENSDAG Laerskoolsaal: Gr. 1-3(14h15-15h15) Gr. 4-7(15h15–16h15) VRYDAG: Lokaal is Gr.1 klas-(Marianna Oosthuizen): Gr.1-3(13h15-14h15) Gr.4-7(14h15-15h15) -Elke leerder kies watter dag vir hom/haar sal pas en kan dan net inval op daardie dag. -Indien die dag nie altyd uitwerk in ‘n spesifieke week nie (a.g.v. ander bedrywighede), mag hulle dit enige tyd kom inhaal op ‘n ander dag. -Indien hulle dalk meer as een keer per week wil Drama doen, is hulle baie welkom-sonder enige ekstra onkostes. -Sou hul graag net wil kom insit aan die begin vir ‘n les en daarna besluit of hulle wel wil Drama doen, is hulle baie welkom. NB -Indien u kind wel Drama wil neem, moet u asb die inskrywingsvorm invul-die kinders wat reeds in 2017 geneem het en voortgaan/NIE WIL VOORTGAAN met Drama nie, moet u my asb per epos of sms laat weet. Baie dankie! Vriendelike groete Marianna Oosthuizen ns. Jana&Jana ‘n Verdere inligtingstuk t.o.v. die bankbesonderhede, jaarplan en klasaanbiedings sal aan u ge-epos word sodra ek ‘n inskrywingsvorm of ‘n positiewe antwoord ontvang het.(epos of sms) Inskrywingsvorm Vul in asb. (Die kinders wat reeds in 2017 geneem het en wil...

Lees Verder

Liewe Aarde – JvR se Herwinnings Depot

Enige JvR gesin kan die depot gebruik. Die hoop is dat die kinders ook sal deelneem en bewus raak van herwinning en hoekom ons dit moet doen. Dit is egter belangrik om presies te weet wat hoort waar, anders kan ons ‘n hele sak nie laat oplaai vir herwinning nie. Daar is verskillende houers vir spesifieke items. Nie alle rommel is herwinbaar nie. Die volgende kan by ons depot herwin word: papier, koerante, tydskrifte, pamflette, gladde karton – gooi in die heldergroen igloes kantoorpapier (al is dit reeds gebruik) – gooi in die wit wieldromme dik geriffelde karton – gooi in sakke in die groot kartonhouer – plat getrap asb blikkies – gooi in die gemerkte houer vir metaal glas – gooi in die donkergroen igloes plastiese botteldoppies – gooi in gemerkte wieldrom tetrapakke – gooi in gemerkte wieldromme – plat getrap asb plastiek groepering – vind nommer iewers op item, gewoonlik in ‘n driehoekie: • 1 / PET deursigte bottels bv. koeldrank en waterbottels, geen vrugte/koek houers nie * • 2 / HDPE ondeursigtige bottels bv.wit melkbottels • 3 NIE HERWINBAAR NIE • 4 plastiek inkopiesakkies, maar nie hondekos of waspoeier-sakke nie • 5 plastiek bakkies bv. margarien en joghurt-bakkies • 6 polistereen (gooi in die groot blou houer vir polistereen) • 7 NIE HERWINBAAR NIE Daar is ook twee houers vir elektroniese afval. Let asb op die...

Lees Verder