Om ‘n tuin te hê, is ‘n wonderlike plesier. Dit bevorder vriendskappe en verlaag stres. Ons Jannies wil graag hierdie jaar deel in die pret!

Op Vrydag, 18 Oktober 2019, kan die leerders sivvies aantrek teen R10 per leerder. Die gelde is betaalbaar op die Karri-toep en al die fondse word geskenk aan die Jan Kriel skool. Hierdie skool het 560 leerders met spesiale behoeftes en het die fondse dringend nodig.

Die leerders word ook aangemoedig om blommekranse tuis te maak en Vrydag te kom spog met hul kreatiewe skeppings. Daar is heerlike pryse vir die mooiste krone asook vir die klas met die meeste krone.