Die inhandigingsdatum vir ons jaarlikse Santa Shoebox-projek is om die draai en ons het nog heelwat boksies wat dringend liefde benodig. Ons poog om hierdie jaar ‘n 100 boksies propvol liefde en omgee aan behoeftige leerders te oorhandig. Word asseblief deel van die wonderlike projek deur op die advertensie hieronder te kliek en besluit watter items jy wil bydra. Kom ons vat hande en maak ‘n verskil, Jannies!

Inhandigingsdatum – 28 Oktober 2019