Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Saterdag, 12 Oktober 2019 Elana Jacobs (Snoepie) verjaar

Saterdag, 12 Oktober 2019 Groote Kerk Kermis

Saterdag, 12 Oktober 2019 Tweekamp: Liga 2 (WEG)

Maandag, 14 Oktober 2019 Beheerraadvergadering 17:30

Maandag, 14 Oktober 2019 Gr.7K Geskiedenis-uitstappie

Dinsdag, 15 Oktober 2019 Krieket: O/9 A & B wedstryde vs. Llundudno(WEG) (Green Point Cricket Club, 111, Vlei Rd, Green Point)

Woensdag, 16 Oktober 2019 Ek, Ons, Wêreld Gr.6

Woensdag, 16 Oktober 2019 Krieket: O/11 liga vs. Kronendal (TUIS) (Conradieveld)

Woensdag, 16 Oktober 2019 Tenniswedstryde (TUIS & WEG)

Donderdag, 17 Oktober 2019 Ek, Ons, Wêreld Gr.7

Vrydag, 18 Oktober 2019 Atletiek: Bredasdorp Top 10

Vrydag, 18 Oktober 2019 Toets: Gr.5 & 7 Afrikaans

Vrydag, 18 Oktober 2019 Toets: Gr.4 & 6 Engels

Saterdag, 19 Oktober 2019 Wow Spelkompetisie – Nasionale kompetisie

Saterdag, 19 Oktober 2019 KRIEKET: O/13 Fanie Theron “Six-a-side” Toernooi, WEG (Fanie Theron Primary School, Krige St & Bosman St, Kraaifontein)

Maandag, 21 Oktober 2019 Gr.7H Geskiedenis-uitstappie

Dinsdag, 22 Oktober 2019 Gr.1 uitstappie – Planetarium

Dinsdag, 22 Oktober 2019 isiXhosa kompetisie: wenners-uitstappie

Woensdag, 23 Oktober 2019 Fotodag – Sportfoto’s

Woensdag, 23 Oktober 2019 Tenniswedstryde (TUIS & WEG)

Woensdag, 23 Oktober 2019 Krieket: O/11 liga vs. Reddam House ASB (WEG) (Green Point Cricket club)

Donderdag, 24 Oktober 2019 Krieket: O/13 liga vs. Kronendal (WEG)

Vrydag, 25 Oktober 2019 Skrywersbesoek: Jeremy Daniel Gr.3-6

Vrydag, 25 Oktober 2019 Toets: Gr.4 – 7 Wiskunde

Vrydag, 25 Oktober 2019 Ouer- en kindkamp

Vrydag, 25 Oktober 2019 Netbal: O/12 kliniek

Vrydag, 25 Oktober 2019 Sivvies

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Hoofseun en -dogter

Baie geluk aan Alex Newton en Liezel Snijders wat as hoofseun en -dogter van 2019 aangewys is.

---

NUUTSTE NUUS

Dis weer tyd vir ons jaarlikse opname waar ouers genooi word om hul opinies te lewer oor kernfasette van die skool. Vandag is die laaste dag wat ons antwoorde gaan aanvaar. Kliek HIER om die vraelys te voltooi.

Bestellings sluit vandag!

Kliek HIER om die foto’s en nommers te sien. Dit is ook op die bord in die gang naby die snoepie opgesit. Kostes beloop R25 (jumbo), R40 (A5) en R60 (A4). DVD’s is ook beskikbaar teen R120.

Om te bestel:

1. As jy ‘n foto wil bestel, kry die foto se nommer (beskikbaar hierbo by die skakel, of teen die bord in die gang naby die snoepie).

2. Kry ‘n vorm by Adri in die kantoor of kliek HIER om self een te druk.

3. Vul die vorm met die korrekte nommer van die foto in, of vul in as jy ‘n DVD wil bestel.

3. Verskaf die korrekte bedrag kontant.

4. Stuur dit in ‘n koevert of banksakkie saam skool toe en handig by registeronderwyser in.

Kliek op die skakels om te sien watter skryfbehoeftes jy moet aankoop vir jou kinders vir 2020:

Graad 4 Skryfbehoeftelys

Graad 5 Skryfbehoeftelys

Graad 6 Skryfbehoeftelys

Graad 7 Skryfbehoeftelys

Woensdag, 23 Oktober, neem ons die jaarlikse buitemuurse foto’s. Om dit vir almal betrokke makliker te maak, gaan ons hieronder ‘n lys plaas van wat leerders moet aantrek vir die onderskeie foto’s:

KRIEKET (O/7 -O/8): Wit LO hemp, navy blou kortbroek, grys sokkies en tekkies

KRIEKET (O/9 -O/11): Oranje hemp, navy blou kortbroek, lang blou kouse met oranje streep en tekkies

KRIEKET (O/13): Wit langbroek, grys sokkies, tekkies en hemp ontvang by afrigter

TENNIS: Wit LO hemp, navy kortbroek (seuns) / rompie (meisies), wit sokkies en tekkies

SWEM: Wit LO hemp en navy kortbroek

ATLETIEK: Wit LO hemp en navy kortbroek

LANDLOOP: Wit LO hemp en navy kortbroek

TWEEKAMP: Blou atletiekhempie en navy kortbroek

RUGBY: Navy kortbroek en rugbytrui (ontvang by afrigter)

NETBAL (O/7 – O/12): Navy rompie, oranje wedstrydhempie, wit sokkies en tekkies

NETBAL (O/13): Netbalrokkie, wit sokkies en tekkies

HOKKIE (Dogters): Navy rompie, oranje wedstrydhempie, en tekkies

HOKKIE (Seuns): Wit LO hemp, navy kortbroek en lang blou kouse met oranje streep

PROVINSIALE KLEURE: Trek die sweetpak of uniform aan van die sport waarvoor provinsiale kleure ontvang is.

SKAAK: Winter skooldrag

MUSIEKLEERDERS: Winter skooldrag

EISTEDDFOD MEDALJE WENNERS: Winter skooldrag

GR.7: Winter skooldrag met graad 7 trui

WISKUNDE MELKBOSSPAN: Winter skooldrag

Die OOV, beheerliggaam, moderne danse (juf. Barbie) en dramafoto’s sal ook geneem word.

Ons het reeds in kwartaal 3 met die inskrywings vir die swemoefeninge begin en ouers het geleentheid gehad tot Vrydag, 4 Oktober, om 10:00 om hul kind(ers) in te skryf op die Google Sheet. Die dokument is daarna gesluit en veranderinge is slegs op versoek gemaak.

Die skoolbeleid is dat leerders een lengte, sonder enige ondersteuning, moet kan swem om die sessies by te woon. Daar is egter ‘n paar leerders wat meer ondersteuning nodig het as die meerderheid van die groep. In samewerking met die swemafrigters, het ons die afgelope week gebruik om leerders te identifiseer wat meer ondersteuning nodig het. Ons gaan vir hulle ‘n aparte sessie reël. Hul ouers sal direk gekontak word. Leerders in hierdie groep sal weer terug geskuif word na die ander groepe sodra ons voel hulle sal kan byhou.

Ons wil graag die groepe finaliseer en vra dat enige laaste veranderinge teen Maandag, 14 Oktober om 10:00 gemaak word. Kontak die sportkantoor by sport@jvrprim.co.za met die volgende inligting: kind(ers) se naam en van; graad en klas; eerste opsie (dag) en ‘n tweede opsie (dag). Daarna sal ons weer die groepe op die webwerf publiseer.

Graad 1(Nommer 2)

Graad 2 & 3 (Nommer 2)

Graad 4 – 7 (Nommer 2)

Die name op die waglys is leerders wie se ouers nie hul kind(ers) se deelname betyds bevestig nie.

Die volgende simbole verskyn langs sommige leerders se name:

Een * = Leerder neem op een ander dag ook deel

Twee * = Neem op twee ander dae deel.

Op die dae wat reeds baie vol is, gaan leerders wat meer as een swemsessie bywoon, dalk moet wegval.

Ons is baie opgewonde oor hierdie jaar se ouer- en kindkamp. Maak reg vir ‘n aand vol pret en sommer net lekker saam kuier en braai. Kaartjies sal van volgende week af op die Karri toep beskikbaar wees. Kaartjie verkope sluit 23 Oktober 2019. Maak seker jy bespreek jou plek vroegtydig.

Datum: 25 Oktober 2019

Plek: Conradieveld

Koste: R80 per persoon

Tyd: 18:30 vir 19:00

Ons sien uit om julle daar te sien!

Ons herinner alle Gr.6 ouers van 2019 om asseblief die oranjerivierroei vorm voor 30 Oktober te voltooi indien julle belangstel om in 2020 saam te gaan roei. Die vorm is per e-pos aan die Gr.6 ouers gestuur. Indien jy nie die e-pos ontvang het nie, stuur asb. ‘n e-pos aan suzaan@jvrprim.co.za. Ons sal 20 Maart 2020 vertrek en weer 26 Maart terug wees by die skool.

---

VERDERE NUUS

AKADEMIE

Die graad viers het onlangs aan ‘n skryfkompetisie deelgeneem wat deur die WKOD geloods is. Die volgende leerlinge was die wenners by ons skool:

Simon van Dyk

Petrus Bosman

Susan Burger

Mia Janse van Rensburg



In die volgende fase gaan hierdie leerders hulle stories lees en hulle eie stemme gaan gebruik word in ‘n animasie-reeks. Ons wil hierdie leerlinge baie hartlik gelukwens.Ons is baie trots op julle!

ALGEMEEN

Baie geluk aan ons Jannies van die week, Taniel Webber in Graad 5JVR en Thornley Webber in Graad 7H. Dankie dat julle so getrou herwin! Geniet die R100 geskenkbewys van Col’Cacchio.

Die algehele wen-klas van die Rommelresies op 18 September was nie net blitsig nie, maar ook baie akkuraat in hoe hulle herwin het. Hulle het goed as ‘n span saamgewerk en het heeltemal op hul eie gewerk, sonder enige hulp van die onderwysers. Die wenklas is Graad 4VDV. Hulle wen elkeen ‘n eko-vriendelike bamboes-strooitjie wat herbruikbaar is. Baie geluk!

---

KULTUUR

Die opening van die WKOD se provinsiale kunsuitstalling het Saterdag, 5 Oktober by die Zeitz Mocaa plaasgevind.

Milla Joubert met haar kunswerk “Die storie van Van Hunks”, het ons skool verteenwoordig. Die wenners van die onderskeie distrikte se werk is te sien in die opvoedkundige gedeelte van die museum.

Watter ongelooflike voorreg om werk uit te stal in hierdie indrukwekkende venue en boonop tydens William Kentridge se 40 jaar retrospektiewe uitstalling!Baie geluk Milla,ons is baie trots op jou!

SPORT

Baie geluk aan Petrus en Louis Bosman wat hul Wes-Kaap kleure vir skaak ontvang het nadat hulle aan die Suid-Afrikaanse Skole Skaak Individuele Kampioenskappe in Kimberley van 17 tot 21 Julie deelgeneem het. Ons is baie trots op julle!

Baie geluk aan Peet Karsten wat vir die O/14 Distrik span gekies is. Hy beklee die nommer 1 posisie op die rang. Hulle neem die naweek van 18-20 Oktober aan die Inter-Sone toernooi teen spelers vanuit die ander Sones deel. Na hierdie toernooi sal van die spelers na die CT (WP) tennisproewe genooi word. Baie geluk en sterkte vir die volgende rondes, Peet!

Ons tennis by die skool gaan van krag tot krag en ons het 4 spanne gehad wat Woensdag, 9 Oktober, die seisoen afgeskop het met wedstryde. Drie van die wedstryde was vir die liga en 1 was vriendskaplik.

Die liga-uitslae is soos volg:

Dogters A vs. Eversdal C wen 5-1

Gemengde A vs. CBC St John’s verloor 4-2

Gemengde B vs. Sunningdale gelyk 3-3

Die vriendskaplike wedstryd se uitslae:

Gemengde C vs. Parow Noord wen 5-1

---

Kliek HIER vir advertensies van die week

“The best investment you can make, is an investment in yourself… The more you learn, the more you’ll earn.”

– Warren Buffet

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209