Geagte Ouers / Voogde
Ons glo dat almal ‘n heerlike wintervakansie geniet het en dat dit instrumenteel was om die spreekwoordelike batterye te herlaai sodat ons die nuwe kwartaal met geesdrif en ywer kan aanpak. Die opwinding was groot om al ons Jannies op Maandag, 26 Julie, terug by die skool te verwelkom. Vrolike kinderstemme het die aanbreek van die nuwe kwartaal luidkeels in die stadskom aangekondig met Seinheuwel wat ons van ouds dophou. Ek wens al ons Jannies, ouers/voogde en personeel ‘n wonderlike en voorspoedige kwartaal 3 toe. Die afgelope drie weke skoolvakansie het gepaard gegaan met ongekende gebeurtenisse soos: die skielike instelling van vlak 4-inperking wat verskeie besighede finaal lam gelê het; die vroeër sluiting van skole, asook die verlenging van die vakansie tydens die vakansie waaroor die meeste mense nie gekla het nie; politieke insidente soos onder andere die minagting van die hof wat skokkende plundery tot gevolg gehad het; onbeplande beurtkrag wat die reeds kwesbare ekonomie verder op sy knieë het; sinnelose taxi-geweld in die Wes-Kaap geweldige toename in Covid-19 verwante sterftes as gevolg van die Delta-variant. Die bogenoemde skets ‘n geweldige negatiewe prentjie, maar die veerkragtigheid en aanpasbaarheid van die Suid-Afrikaner om menigte krisisse te oorwin en veral die omgee en kreatiwiteit van ons skoolgemeenskap laat hom nie onderkry nie en skep ongelooflike hoop! Ons het weer eens nie toegelaat dat die Covid-19 pandemie ons vrese verteenwoordig nie,...
Lees Verder