Dis hoogtyd vir die Dapper Stappers om weer vir ‘n stappie bymekaar te kom! Ons gaan hierdie een so effens anders benader. Om lekker baie Jannies en onderwysers te betrek, gaan ons sommer een middag na skool ons stad se mooie Leeukop gaan klim! Dit gaan tydens die eksamen wees, so dis ‘n goeie geleentheid om bietjie bene te rek en vars lug te kry.

Waar: Leeukop
Wanneer: Donderdag, 24 Junie 2021
Tyd: 13:30 tot ongeveer 15:30
Wie: Gr.4 – 7 leerders & hul ouers (jonger boeties & sussies is welkom indien ouers saam stap)
Kostes: Geen
Parkering: Leeukop parkering (in die straat op pad Seinheuwel toe)
Bring saam: Piekniekkos, water, hoed

Stap jy saam? Kliek HIER!

Ons besef baie ouers werk en sal nie noodwendig saam kan stap nie. Ons gaan kyk hoeveel leerders saam stap en probeer om baie onderwysers te kry om saam te gaan sodat leerders wat alleen stap, ook veilig voel & toesig het! Julle kan dus gerus jul kinders laat deelneem al kan julle as ouers nie saam stap nie.