Die WKOD se jaarlikse kunskompetisie het, soos verlede jaar, aanlyn plaasgevind in samewerking met die Nelson Mandela Universiteit. Die nasionale kunskompetisie is gemik op Gr.7-12-leerders en ondersoek die raakpunte tussen Wiskunde en Kuns.

Hierdie jaar se tema was “Beautiful Mathematics” en leerders is uitgedaag om oorspronklike kunswerke te maak wat Wiskunde op ‘n kreatiewe manier met die tema verbind. Die kunswerke en ‘n geskrewe stuk wat die volgende vrae beantwoord, moes ingehandig word:

  1. Watter vorm van Wiskunde het jy in jou kunswerk gebruik?
  2. Hoe het jy Wiskunde gebruik om by die tema van ‘Beautiful Mathematics” aan te sluit?
  3. Dink jy kreatiwiteit kan gebruik word om Wiskunde te leer en aan te bied?

Ons deel met trots dat drie van ons leerders se werk gekies is vir die finale rondte van beoordeling! Hulle is Elle Nortje met haar werk “Natuurlike Perfeksie”, Lara Pieterse met “Ballet Time” en Mia Schreuder met “Math Cruise”. Die oorspronklike werke is hierdie week gekoerier na die NMU vir beoordeling. Ons is baie trots op hulle!