Skrywer: Suzaan Burger

Ouerbesoeke 4 & 5 Mei

Ons herinner julle graag aan die ouerbesoeke wat môre (Dinsdag, 4 Mei) en oormôre (Woensdag, 5 Mei) plaasvind. Covid-protokol sal gevolg word. Indien jy verlede kwartaal die vorm ingevul het om ‘n afspraak te maak, sou jy ‘n e-pos daarna ontvang het om jou afspraak se tyd te bevestig. As jy nie daardie e-pos kan opspoor nie en nie die tyd wat jy bespreek het kan onthou nie, gaan loer gerus in jou Spam. As jy dit ook nie daar kry nie, vra gerus die onderwyser by wie jy die afspraak gemaak het per e-pos watter tyd jou afspraak is. Indien jy nog nie ‘n afspraak gemaak het nie, vul asb. die vorm voor vandag 18:00 in. Nadat die vorm gesluit het, kan jy per e-pos met die betrokke onderwyser reël om ‘n afspraak te maak. Grondslagfase: Kliek HIER vir die vorm Intersenfase: Kliek HIER vir die vorm Skooltye: Dinsdag & Woensdag – 13:00 (Gr.1-3), 13:15 (Gr.4-7) Die bus sal op hierdie dae om 13:20...

Lees Verder

Bergfiets vir Jannies!

Ons is seker dat heelwat Jannies (soos hulle fikse ouers) alreeds bergfiets ry en sal belangstel om dit as ‘n sport te beoefen. Hoërskool Jan van Riebeeck het onlangs ‘n bergfietsklub begin en is besig om ‘n roete rondom hulle sportvelde te bou. Ons glo bergfiets sal ‘n lekker uitbreiding tot ons sportaanbieding wees en wil graag die Jan van Riebeeck-fietsklub uitbrei om belangstellende graad 6 en 7-seuns en dogters in te sluit. Vaardigheidslesse word op Dinsdae deur Katja Steenkamp van Breakaway Rides aangebied. Die klub neem aan die Spur MTB-liga deel en die eerste liga resies vind reeds op 22 Mei 2021 te Bloemendal plaas. Die Spur-reeks gaan oor deelname en is nie net op ervare ryers gemik nie. Moet dus nie bang wees as jy ‘n beginner is nie. Daar is tans geen koste aan deelname betrokke nie. Ten einde voort te gaan, wil ons uitvind hoeveel belangstelling daar onder ons leerders is. Indien jou graad 6 of 7-seun of dogter graag wil aansluit by die bergfietsklub, laat weet asseblief voor 3 Mei vir Razelle Hanekom by sport@jvrprim.co.za. Kom ry...

Lees Verder

Geagte Ouers/Voogde

So sluit ons die eerste kwartaal op ‘n hoë noot af met ‘n baie besige, maar opwindende week agter die rug. Die enigste demper van die opwinding was die verwoestende bergbrande teen Tafelberg. Dit was hartseer om te sien hoe die genadelose vlamme die pragtige fynbos hektaar vir hektaar verslind terwyl honderde brandbestryders en die rampbestuurpersoneel die vlammeoorlog probeer beveg. Ek is so trots op ons skoolgemeenskap wat d.m.v. die Karri-toep R7 625 geskenk het waarmee Razelle, Maricqe, Beulah, Elana en Sanna etes uit die kafeteria voorberei en aan die plaaslike brandweerstasie in Roelandstraat geneem het. Dit is ‘n toonbeeld van ‘n omgee skoolgemeenskap om hul opregte dankbaarheid teenoor die nooddienspersoneel te toon wat onverskrokke die brande oor die afgelope dae sonder rus trotseer het. Ek is so bly ons het die afgelope Maandag die Grondslagfase se pretatletiekbyeenkoms deurgevoer. Die magtige Suidooster het hard probeer om ons planne by die Conradie-sportvelde in die wiele te ry. Dit was so lekker om te sien hoe ons jong atlete hul gate uit geniet het, salig onbewus van die dreigende brand- en rookgevaar asook dat van ons ouers hul huise as gevolg van die dreigende brande moes ontruim. Ons is baie dankbaar dat ons ouers en hul eiendom ongeskonde gebly het. Dinsdagoggend, 20 April, het ons Gr. 4 – 7-leerders aan die tweede dag van die pretatletiekbyeenkoms by die hoërskoolvelde deelgeneem. Die...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

So kom ons aan die einde van ‘n eerste ‘vol’ week na ‘n tydperk van 3 lekker ‘korter’ weke. Ek glo almal het die korter weke geniet en tydens die openbare vakansiedae sommer net tyd spandeer aan iets om lekker te ontspan. Soos in my vorige nuusbrief genoem, is die kwartaal besonders lank en ek kan selfs opmerk dat ons leerders uitsien na die kort vakansie wat volgende Vrydag sal aanbreek. Ons kom ook aan die einde van die formele assesseringsprogram vir kwartaal een. Graag wil ek jul as ouers verseker dat die standaard van akademie by ons skool uitmuntend is waarop ons as skoolgemeenskap baie trots kan wees. Assesserings volg ‘n effektiewe proses van deeglike moderasie en ek as skoolhoof teken elke formele assessering af voordat die leerders dit finaal aflê. Volgende week sal elke leerder ook ‘n rapport ontvang wat dan sy/haar akademiese vordering vir die kwartaal sal weerspieël. Laat my ook toe ook om ons onderwysers onder leiding van ons bekwame akademiese hoof, Marinda Brink, hartlik te bedank vir hul harde werk, omgee en kwaliteitonderrig tot voordeel van ons leerders. Ek nader ook teen einde volgende week my eerste kwartaal as skoolhoof by ons merkwaardige skool. Ek ontvang die afgelope tyd gereeld die volgende vraag vanaf ouers: “Is jy darem gelukkig by JvR?”. Die antwoord is ongetwyfeld ‘JA’. Wees verseker ek ervaar ongelooflike geluk in my...

Lees Verder

Markdag Donderdag, 22 April

Leerders wat belangstel om Donderdag, 22 April, ‘n tafel te bestuur of beman, kan R15 op die Karri-toepassing betaal. Produkte moet van so ‘n aard wees dat leerders dit self skool toe kan dra, aangesien ouers nie op die perseel toegelaat word nie. Leerders is verantwoordelik vir hul eie kleingeld en geen lewende hawe mag verkoop word nie. Die markie sal vanaf 09:45 tot 10:45 bedryf...

Lees Verder

Klerebank: Sportklere

Daar word sportwedstryde vir die tweede kwartaal gereël. Die oranje sporthemde word tydens netbal- en hokkiewedstryde gedra. Dit is dieselfde as die tennis- en kriekethemde. Dogters dra die moulose hemp, en seuns die hemp met moue en ‘n kraag. Plaas asseblief hierdie bestellings voor die skool sluit. Skakel vir Aanlynbestellings Klerebanktye: Maandae en Woensdae, 07:20 – 8:00 **Volgende week Dinsdag en Donderdag sluit die skool vroeër. Die klerebank gaan dus nie oop wees...

Lees Verder

Skooltye volgende week

Let op dat die skool volgende week Maandag tot Vrydag die volgende tye open en sluit: Maandag Gr.1-3 09:00 – 11:30 (Conradieveld) Gr.4-7 Gewone skooldag Dinsdag Gr.1-3 Gewone skooldag Gr.4-7 07:15 – 13:30 (Hoërskool JvR Sportvelde) Woensdag Gewone skooldag Donderdag Gr.1-3 Sluit 11:45 Gr.4-7 Sluit 12:00 **Die skool sluit vroeër aangesien die personeel se 2020 jaareindfunksie wat a.g.v. die pandemie uitgestel is, nou eers op Donderdag om 13:00 gaan plaasvind. Die bus sal nie hierdie dag beskikbaar wees om leerders huis toe te vat nie, want dit word benodig vir die personeelfunksie. Leerders sal wel steeds die oggend gehaal word. Vrydag Gr.1-3 Sluit 10:30 Gr.4-7 Sluit 10:45 **Die bus vertrek om...

Lees Verder

Fotobestellings

Leerders ontvang vandag die koeverte om die foto’s te bestel wat op Woensdag, 10 Maart 2021, geneem is. Hoe werk die bestel van foto’s: 1. Leerders ontvang ‘n koevertjie om huis toe te vat met hul gesiggies daarop. Moet asseblief NIE die gesiggies afhaal nie! 2. Vul asseblief alle inligting duidelik en leesbaar op die koevert in. 3. Die verskillende fotopakkette is alles op die koevert aangedui. Merk jou keuse duidelik af. 3. Probeer om die korrekte bedrag geld binne die koevert te sit. 4. Maak die koevert toe en stuur dit skool toe. 6. Indien jou kind(ers) nie ‘n foto gaan bestel nie, stuur asb. die leë koevert terug skool toe. Wat maak ek indien my kind die koevert verloor het?: Indien jou kind(ers) die koevert(e) verloor het, kan jy ook foto’s op die fotograaf se webtuiste bestel. Kliek op die skakel: LUNCHBOX PHOTOGRAPHY. Die wagwoord om in te gaan is JVR2020. NB: Fotogeld gaan NIE deur die Karri toep nie! Laaste dag vir fotobestellings is Woensdag, 21 April...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Ek hoop en vertrou dat julle ‘n heerlike en geseënde Paasnaweek saam met jul kinders, familie en/of vriende geniet het. Ek glo almal is dankbaar vir die meevallertjie van 4 dae net om weer die spreekwoordelike ‘baterrye te herlaai’. Die kwartaal is redelik lank en soveel is alreeds vermag in ‘n baie kort tydjie. Ons kry so stadig maar seker amper ‘n voorsmakie van ‘n tipe normale samelewing wat ons so mis. Tyd vlieg ongelooflik vinnig verby en daar is net 2 weke van die kwartaal oor en ek wens al ons leerders sterkte toe met die formele assesserings wat nog afgehandel moet word. Die nuwe Beheerrraad (BR) het hul eerste amptelike vergadering op Dinsdag, 6 April 2021, om 17:30 gehou waartydens die ampsdraers vir die die tydperk 2021 – 2024 verkies is. Dit is dan my voorreg om bekend te maak dat Merwe Schotlz weer as ons BR-voorsitter aangewys is; Izelle Venter is as ons ondervoorsitter en Lucia de Jager as die sekretaris. Wees verseker dat die nuwe BR die skool na nog hoër hoogtes gaan lei en dat die leerders se belange altyd prioriteit sal geniet. Suskesvolle en funksionele skole word gekenmerk deur aktiewe ouerbetrokkenheid en waar alle besluite geneem word in die beste belang van die leerders, en niks anders nie. Die afgelope week het ons ook afgeskop met die wintersportprogram. Dit voel amper soos ‘n...

Lees Verder

Musiekkonserte

Onthou asb. van die musiekkonserte van Gr.1 -3 wat op Woensdag, 21 April, plaasvind. Gr.1 & 2 – 09:00 Gr.3 – 11:00 Slegs twee ouers/voogde per leerder sal toegelaat word om die musiekkonsert te kyk. Geen kinders woon die konsert by nie. Covid-protokol sal gevolg...

Lees Verder

Ouerbesoeke kwartaal 2, 2021

Daar sal vroeg in kwartaal 2 (4 & 5 Mei) vir ouers/voogde die geleentheid gebied word om hul kind(ers) se onderwysers te ontmoet aangesien die eerste vorderingsverslag vir die jaar een van die dae uitgedeel word. Ons gaan dit op dieselfde manier as verlede jaar hanteer met Covid-protokol in plek. Maak asb. vroegtydig ‘n afspraak deur op die skakel(s) hieronder te kliek en die vorm(s) te voltooi. 1. Kies die onderwyser met wie jy ‘n afspraak wil maak. 2. Kies die dag & tyd waarop jy ‘n afspraak wil maak. 3. Die tyd wat jy gekies het, sal wegval en nie meer vir ander beskikbaar wees om te kies nie. 4. Vul ‘n aparte vorm in vir elke afspraak wat jy wil maak. 5. Jy sal ‘n e-pos kry met die tyd wat jy gekies het. 6. Indien daar nie meer beskikbare plek is om die bepaalde onderwyser te sien nie, voel gemaklik om ‘n alternatiewe afspraak met die onderwyser te organiseer. GRONDSLAGFASE...

Lees Verder

Waarde vir die maand: Maart

In Maart het ons op die waarde, Omgee, gefokus. Dit is waarom ons tee saam met iemand vir wie ons omgee, gedrink het. Hoekom? Dit is lekker as iemand vir jou omgee en luister na wat jy sê. Jannies gee om vir mekaar! Hierdie maand fokus ons op die waarde:...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Dit is my eer en voorreg om aan te kondig dat die verkiesing van die nuwe Beheerrraad (BR) se ouerkomponent d.m.v. die virtule platform (VotingCrowd) wat op 30 Maart 2021 plaasgevind het, baie suksesvol afgeloop het. Ek vra om verskoning dat julle so lank vir die bekendmaking van die nuwe BR-lede (ouers) moes wag, maar ongelukkig is daar streng protokol wat na afloop van die verkiesing eers gevolg moet word om te verseker die verkiesingsproses was deursigtig en regverdig. Gun my die geleentheid om al 11 kandidate hartlik te bedank vir hul bereidwilligheid om tot diens van die puik skool te staan. Ek glo julle sal saamstem dat hulle uiters professioneel in die verkiesingsvideo’s oorkom en hul uitstekend van hul taak gekwyt het. Ons skool is baie bevoorreg om soveel kundigheid en ervaring in ons skoolgemeenskap tot ons beskikking te hê. Baie geluk aan die volgende BR-lede (alfabetiese orde) wat ons ouerkrops verteenwoordig: 1. Marié Cruywagen 2. Esri Marais 3. Merwe Scholtz 4. Izelle Venter 5. Andries Viljoen Die res van die BR bestaan uit die volgende personeel: 6. Naas Beets (Skoolhoof) 7. Lucia de Jager (verkies om die opvoeders te verteenwoordig) 8. Ischké Felix (verkies om die opvoeders te verteenwoordig) 9. Hannes Muller (verkies om die nie-opvoeders te verteenwoordig) Graag wens ek die nuwe BR sterkte toe met die belangrike taak wat voorlê. Ek weet die nuwe BR...

Lees Verder