Kunstekaap: Kooroptrede 27 Augustus

Alle koorouers neem asb kennis van die volgende reëlings: Op 27 Augustus , wanneer albei ons kore die aand aan die Skole Musiekfees deelneem, sal alle koorlede om 13:00 per bus na die Kunstekaap vervoer word. Ons oefentyd daar sal teen 15:00 klaar wees. Alle leerders sal dan weer terug skool toe geneem word. Indien ouers hulle by die Kunstekaap wil kom haal, sal hulle net op die presensielys moet afteken. Alle koorlede moet klaar eet voor hulle die aand daar aankom. Bring slegs 'n boek om te lees terwyl ons wag, geen speletjies of waardevolle artikels nie. Alle koorlede moet om 18:00 terug by die Kunstekaapteater wees, geklee in netjiese winterskooldrag: Seuns: Lang grys broek, grys sokkies, swart skoene, wit langmouhemp en skooldas. Dogters: Donkerblou skoolromp, wit langmouhemp, skooldas, dik swart lang kouse, swart skoene , hare in 2 bokstertjies langs die gesig met oranje en blou gestreepte lint ( by juf Groenewald te kry of by die klerebank). Die verrigtinge begin om 19:00 en sal teen ongeveer 21:30 klaar wees. Alle koorlede wat na afloop van hulle optrede afgehaal word, MOET eers by juf Groenewald of mnr Ben uitteken. Enige ouers wat bereid is om met toesig te help, kontak asb vir juffrou Groenewald. Dit sal baie waardeer word aangesien dit 'n groep van 150 leerders is. Kaartjies is by Computicket te koop onder Skole Musiekfees. Enige verdere vrae, kontak Helecia by...

Tweekampseisoen

Die begin van die TWEEKAMPSEISOEN is om die draai en ek nooi enige leerder uit wat graag sal wil deelneem. Laerskool Jan van Riebeeck het verlede jaar 3de geeïndig by die Interprovinsiale Tweekampbyeenkoms en ons sal graag hierdie seisoen ons prestasie wil verbeter. Dit is vir alle ouderdomme vanaf gr.1-7. Die eerste oefeninge begin Maandag 3 September. Indien jy enige verdere inligting verlang kan jy my kontak by...

AfriKan Skryfkompetisie

Die skool het verlede jaar 'n paar leerders ingeskryf vir die Metropool-Sentraal AfriKan Skryfkompetisie. Die uitslae het ons uiteindelik bereik! Ons is trots op ons Jannies wat so kreatief kan skryf. Baie geluk aan die volgende wenners: Gr.4 (huidige Gr.5's) Eerste plek - Kiaan Eksteen Tweede plek - Stella Malan Derde plek - Ben Terblanche Gr.5 (huidige Gr.6'e) Eerste plek - Alet Hitge Tweede plek - Bernard Lombaard Gr.6 (huidge Gr.7's) Eerste plek - Stef Mostert Tweede plek - Anna Kannemeyer Derde plek - Lili...

Wiskundekamp

Tydens die afgelope langnaweek het 'n groep graad ses- en sewe-leerders 'n Wiskundekamp by die skool bygewoon wat Donderdag begin het. Daar is spoedtoetse, probleemsomme en spanwerk gedoen en tussenin is daar ook pretaktiwiteite aangebied. Mnr. Wayne Smit het 'n aktiwiteit kom aanbied en die leerders het dit baie geniet. Na aandete, nagrus en ontbyt op Vrydagoggend is die laaste aktiwiteit aangebied voordat almal terug huis toe is om die laaste deel van die langnaweek te geniet. Dankie aan die meneer en juffrou Hanekom en meneer Smit vir die reëlings en...

Bring&Raai Trivia

Vrydagaand se Bring & Raai quiz aand was ’n reuse sukses. Baie dankie aan elke ouer en onderwyser wat die aand bygewoon het en so ‘n bydrae vir die Speelgrond-fonds gemaak het. Ons het R16 500 wins gemaak en dit sal aangewend word vir die speelterrein. Dankie ook aan PKF ouditeure wat op die aand vir ons die punte telling hanteer het. Mano Caldis het as quiz meester opgetree en het die mense behoorlik op hulle tone gehad. Die uitslae was as volg: Rondte 01 wenner: E=MC Hammer (spanleier Christelle Pansegrouw) Rondte 02 wenner: Flink Drinkers (spanleier Sunelle Fouche) Rondte 03 wenner: BrilJantjies (spanleier Maresna Van Schoor) Die algehele wenners volgens die puntetelling vir al 3 rondtes tesame: 1ste plek: E=MC Hammer (spanleier Christelle Pansegrouw) 2de plek: Watsenaam (spanleier Mari Stimie) 3de plek: BrilJantjies (spanleier Maresna Van Schoor) Baie geluk aan al hierdie spanne! Daar het ‘n paar serpe en sakke agter gebly. Kontak asseblief vir Karien Zulch by 0834450980 vir verlore goedere. Ons hoop om julle volgende jaar weer by hierdie lekker funksie te sien....

Kenridge ontwikkelings toernooi

Hierdie is altyd ‘n baie lekker toernooi waar ons sommer baie wedstryde speel. Party kinders het 6 wedstryde gespeel omdat hul spanmaats nie opgedaag het nie. Die O/10 B span speel 3 wedstryde waarvan hul 1 wen, die O/10 C span speel 3 wedstryde waarvan hulle 2 wen. Die O/11 B span speel 3 wedstryde en wen 2 en die O/11 C span speel ook 3 wedstryde en wen 2. Goeie werk dogters en afrigters. Hou so...

Curro Hermanus Toernooi

Ons skaak-, O/13 rugby- en netbalspanne het vir die eerste keer aan hierdie naweektoernooi deelgeneem. Die rugby het sterk kompetisie gehad en ongelukkig beide hul wedstryde verloor, maar pragtige rugby gespeel! Al het van die ouens in Gansbaai se rugbyspan soos Hoërskoolkinders gelyk, het ons manne glad nie vir hulle teruggestaan nie. Ons netbalspan het 3 wedstryde gehad en al 3 baie oortuigend gewen. Die lede van die skaakspan het elk 6 wedstryde gespeel en ons skool het 2de geeïndig vir die dag. Dit was ‘n heerlike naweek en ons is baie trots op almal. Ons hoop om volgende jaar weer aan hierdie toernooi deel te neem en sommer meer spanne saam te...

Ritmiese Gimnastiek

Op 27 Julie het die onderstaande leerders aan die Distrikkampioenskappe vir Ritmiese Gimnastiek deelgeneem en almal hul distrikkleure verwerf. Mia Voster - Vlak 5 Anna Joubert- Vlak 6 Maria Joubert- Vlak 6 Layla Erasmus - Vlak 6 Hulle neem op 1 September aan die WP Kampioenskappe in Wynberg deel. Baie sterkte en ons hou styf...

Khayelitsha-projek

Een van die dogters in die projek het onlangs ‘n traumatiese voorval oorleef. Die maatskaplike werker wat ons bystaan met die projek, is bekommerd oor haar en ons reël tans vir haar berading. Ons wil vir haar ‘n versorgingspakkie stuur – enige skenkings van boeke, tienerklere of persoonlike items sal hoog op prys gestel word. Stuur asb saam skool toe na Adri by...

“Spelling Bee” kompetisie

Baie geluk aan Anna van Biljon en Peet Karsten wat die naweek aan die Spelling Bee kompetisie deelgeneem het. Laerskool Jan van Riebeeck was die enigste Afrikaanse skool wat deelgeneem het. Die kompetisie is die ekwivalent van die Afrikaanse WOW-spelkompetisie. Anna het deurgedring tot die 3de rondte en Peet is onder die top 3 en dring dus na Provinsiale vlak deur. Baie geluk julle en sterkte Peet met die voorbereiding vir die volgende rondte!Ons is baie trots op julle...

Oupa-en Oumadag

Kaartjies vir dié geleentheid, wat NIE op die Kari-app gekoop word nie, kan direk by mev. Marlene Jooste gekoop word by die skool. Koste beloop R100 pp of R140 as daar 'n bossie blomme bygekoop word.

Belangrike Datums

augustus 2026

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug00:0023:59EXCO-Strat

05aug00:0023:59Rugby: o.11 Bishops (WEG)

07aug00:0023:59TOETS: Wiskunde Gr.4 ,6 & 7

07aug00:0023:59World Robot Olympiad Kompetisie (Kodering en Robotika)

07aug08:0008:30TOETS: NWT Gr.5

09aug00:0023:59Nasionale Vrouedag

10aug00:0023:59Vakansiedag

11aug08:0008:30Koffie-en-Beskuit Konsert

14aug00:0023:59Skool verdaag vroeër

14aug00:0023:59Hokkie: Dirkie Uys (TUIS) - Almal

14aug00:0023:59TOETS: Wiskunde Gr.5

14aug08:0008:30TOETS: NWT Gr.4, 6 & 7

15aug00:0023:59Netbal: Dirkie Uys (TUIS) - Almal

15aug00:0023:59Rugby: Dirkie Uys (TUIS) - Almal

16aug15:0015:00Senior Kooroptrede: Tygerberg Children's Choir: In Harmony

18aug00:0023:59Hokkie: Durbanvilletoernooi (o.9 Seuns & Dogters)

19aug00:0023:59Rugby: De Tyger

19aug00:0023:59Netbal: Van Riebeeckstrand (TUIS) - Almal

19aug(aug 19)00:0020(aug 20)23:59Boekverkope: Exclusive Books

21aug00:0023:59Netbaltoernooi (o.7-o.9): Tableview

21aug00:0023:59Assessering: SW

22aug00:0023:59Rugby (o.11): Brackenfell

22aug00:0023:59Wiskundekamp (Gr.6&7)

22aug00:0023:59Netbal (o.10 & o.11): Brackenfell

24aug00:0023:59Beheerraad-vergadering

25aug08:0008:30Koffie-en-Beskuit Konsert

27aug00:0023:59Wintersport Eindig

27aug00:0023:59Trinity Musiekeksamens by Beau Soleil Musieksenstrum (Kenilworth)

28aug00:0023:59Finkom Vergadering

28aug00:0023:59Sivvies

28aug00:0023:59Assessering: SW

28aug00:0023:59Hokkie: Interskole vs Welgemoed (TUIS) - Almal

29aug00:0023:59Rugby & Netbal: Welgemoed

29aug00:0023:59Netbal: Interskole vs Welgemoed (TUIS) - Almal

31aug00:0023:59GEEN SPORT

Wys Meer

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor