Die begin van die TWEEKAMPSEISOEN is om die draai en ek nooi enige leerder uit wat graag sal wil deelneem. Laerskool Jan van Riebeeck het verlede jaar 3de geeïndig by die Interprovinsiale Tweekampbyeenkoms en ons sal graag hierdie seisoen ons prestasie wil verbeter.
Dit is vir alle ouderdomme vanaf gr.1-7.
Die eerste oefeninge begin Maandag 3 September.
Indien jy enige verdere inligting verlang kan jy my kontak by leon@jvrprim.co.za.