Vrydagaand se Bring & Raai quiz aand was ’n reuse sukses.
Baie dankie aan elke ouer en onderwyser wat die aand bygewoon het en so ‘n bydrae vir die Speelgrond-fonds gemaak het.
Ons het R16 500 wins gemaak en dit sal aangewend word vir die speelterrein.
Dankie ook aan PKF ouditeure wat op die aand vir ons die punte telling hanteer het. Mano Caldis het as quiz meester opgetree en het die mense behoorlik op hulle tone gehad.
Die uitslae was as volg:
Rondte 01 wenner: E=MC Hammer (spanleier Christelle Pansegrouw)
Rondte 02 wenner: Flink Drinkers (spanleier Sunelle Fouche)
Rondte 03 wenner: BrilJantjies (spanleier Maresna Van Schoor)

Die algehele wenners volgens die puntetelling vir al 3 rondtes tesame:
1ste plek: E=MC Hammer (spanleier Christelle Pansegrouw)
2de plek: Watsenaam (spanleier Mari Stimie)
3de plek: BrilJantjies (spanleier Maresna Van Schoor)
Baie geluk aan al hierdie spanne!

Daar het ‘n paar serpe en sakke agter gebly. Kontak asseblief vir Karien Zulch by 0834450980 vir verlore goedere.
Ons hoop om julle volgende jaar weer by hierdie lekker funksie te sien.