Baie geluk aan Anna van Biljon en Peet Karsten wat die naweek aan die Spelling Bee kompetisie deelgeneem het. Laerskool Jan van Riebeeck was die enigste Afrikaanse skool wat deelgeneem het. Die kompetisie is die ekwivalent van die Afrikaanse WOW-spelkompetisie.

Anna het deurgedring tot die 3de rondte en Peet is onder die top 3 en dring dus na Provinsiale vlak deur. Baie geluk julle en sterkte Peet met die voorbereiding vir die volgende rondte!Ons is baie trots op julle !