Tydens die afgelope langnaweek het ‘n groep graad ses- en sewe-leerders ‘n Wiskundekamp by die skool bygewoon wat Donderdag begin het. Daar is spoedtoetse, probleemsomme en spanwerk gedoen en tussenin is daar ook pretaktiwiteite aangebied.

Mnr. Wayne Smit het ‘n aktiwiteit kom aanbied en die leerders het dit baie geniet. Na aandete, nagrus en ontbyt op Vrydagoggend is die laaste aktiwiteit aangebied voordat almal terug huis toe is om die laaste deel van die langnaweek te geniet.
Dankie aan die meneer en juffrou Hanekom en meneer Smit vir die reëlings en aanbieding.