Swemnuus

Ons hoop om volgende week met die swemoefening te begin, dit sal egter van die weer afhang. Op hierdie stadium werk ons asof ons voortgaan. Alle swemmers moet onthou om hul kostuum, swempet, bril en handdoek saam te bring vir die les. Soos ons in die vorige nuusbrief genoem het, is ons besig om nuwe afrigters te soek. Ons het dit goed gedink om die potensiële afrigters vir praktiese onderhoude te nooi. Dit beteken dat daar by volgende week se lesse verskillende afrigters gaan wees . Hulle bied die lesse vir al die groepe op die dag aan en ons sal daarna besluit wie ons gaan aanstel. Dit is vir ons belangrik dat hulle goed met die kinders kan werk. Baie dankie aan almal wat reeds aangedui het in watter swemgroep hulle wil wees. Die swemgroepe is agter op die sportprogram (rooibladsy) wat leerders al 'n tydjie terug ontvang het. Indien iemand nog wil aansluit of van groep wil verander, stuur 'n e-pos aan...

Rugby: BSC Sewes-toernooi

Ons het die winterseisoen op Saterdag 1 September op 'n uitstekende noot afgesluit . Ons O/11 en O/13 rugbyspanne het aan die BSC Sewes-toernooi deelgeneem. Dit was 'n heerlike dag en die rugby was van hoogstaande gehalte. Die ses skole wat deelgeneem het ,is Kampsbaai, Parklands, Monte Vista, Kronendal, Elkanah House en Jan van Riebeeck. Ons O/11's het uitstekend gevaar. Hulle het 4 van hulle 5 wedstryde gewen en gelykop teen Kronendal gespeel. Die O/13's het net so goed gedoen en ook 4 van hulle 5 wedstryde gewen. Hulle het slegs teen Monte Vista verloor. 'n Spesiale woord van dank aan mnr. en juf. Hanekom wat die dag gereël het.Baie dankie ook aan die mammas wat met die verkope en verversings gehelp het en natuurlik ons getroue manspersoneel vir al hulle hulp! Ons het baie goeie terugvoer van ander skole ontvang. Dankie vir elke ouer wat deur die loop van die seisoen hulle spelers ondersteun het. Tot volgende jaar! [gallery link="file" size="medium"...

Skaaktoernooi by Klein Boishaai, Paarl

Vier van ons skaakspelers het Vrydag, 31 Augustus, aan 'n skaaktoernooi by Klein Boishaai in die Paarl deelgeneem. Dit was 'n wonderlike ervaring vir ons spelers en baie lekker om bietjie teen ander skole te kompeteer. Ons het teen 3 skole gespeel. Ons het het verloor teen Eversdal 4-0; wen vir Bridgehouse 4-0 en verloor teen Klein Boishaai 3-1. Ons sien uit daarna om in die toekoms weer te gaan.Groot dankie aan Kees Snijders wat hulle vergesel het! Onder van links na regs: Keegan Schoeman, Bernard Lombaard, Liezel Snijders en Jan...

Vakansiesorg Oktober 2018

Vakansiesorg is beskikbaar vanaf 1 Oktober tot 5 Oktober. Vul asb. die vorm hieronder in as julle hierdie vakansie van vakansiesorg gebruik gaan maak. Aansoeke sluit 26 September. E-pos die aansoek en vrywaring aan Lorraine ( lorrvanvuuren@gmail.com ) of bring die hardekopie Nasorg toe. Die vorm kan hieronder afgelaai word. Daar sal ook hardekopieë by Nasorg beskikbaar wees. Aansoek en vrywaringsvorm: [pdf-embedder url="https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2018/09/Vakansiesorg-Okt-2018.pdf" title="Vakansiesorg Okt...

Liewe Aarde Nuus, week 7 Sept

Jannies van die week is Mieke en Adrian Huysamen. Dankie dat julle so gereeld herwin! Geniet die ete by Col’Cacchios. Daar sal vir die volgende week, twee wieldromme by die depot wees vir ecobricks. Hopelik is daar gesinne wat steeds bou aan ecobricks. Maak hulle die week nog stampvol en bring depot toe. Dan reël ons om einde volgende week (14 September) almal se bricks op een slag na die Woodstock kwekery te...

Woord van die week nr 72

agterbaks Definisie: in die geheim of agter iemand se rug Sin: Die agterbakse kind het 'n boek uit die biblioteek gevat sonder om dit uit te neem. Wenner: Marianne Nel, gr. 6dJ

Hoërskool Jan van Riebeeck-nuus

Matriekraad: Jenna Scott, Danielle de Vries, Eugene Shitikulu, Revaldo Warnick, Dirk Maree, Lané Beyer, Emil van der Walt, Mika Lonte, Pippa Bester, Larian Volkwyn, Chelsea Smyth, Mila Yssel en Sabah Cabano. Afwesig: Magdaleen Jansen VRL: Phillip Herbst, Dirk Maree, Lané Beyer, Jana-Mari Beukes, Leander Viljoen, Louis Jordaan, Dylan Keyser, Betsy Wilke, Emil van der Walt, Lydia-Mari Erasmus, Mila Fourie, Dominique van der Merwe en Cavan McKeon.   Gerhard Joubert, (links) ‘n graad 11-leerder van Hoërskool Jan van Riebeeck, wen vanjaar se Pieter Kooij Musiekkompetisie! Daar het vanjaar 8 (uit 28) leerders deurgedring tot die finale ronde wat vanjaar op Lentedag gehou is. David Cyster (klarinet) verdien ‘n tweede plek. Prof. Hubert van der Spuy, dr. Benita van Blerk en mev. Anne-Marie Swanepoel was die beoordelaars. Gerhard is die eerste Jan van Riebeecker om dié prestasie te behaal. Migael Mouton, (regs) 'n graad 11-leerder in Hoërskool Jan van Riebeeck behaal 'n 2de plek in die SA Society for History Teaching se nasionale...

Spelling Bee – Provinsiale ronde

Peet Karsten het die naweek aan die Provinsiale ronde van 'n Engelse Spelling Bee kompetisie deelgeneem. Ons is die enigste Afrikaanse skool wat deelgeneem het. Peet het 'n 5de plek behaal. Baie geluk met hierdie puik prestasie!

Akademiese Spele:Program

Die Akademiese Spele (17 - 21 September 2018) beloof om heelwat verryking, integrasie en pret rondom die tema Sportwetenskappe vir leerders, onderwysers en ouers in te hou. Daar sal binnekort 'n GOOGLE FORM uitgestuur word waarop ouers moet aandui aan watter aktiwiteite hul kinders in die middae wil deelneem tydens die Akademiese Spele. Dit is gratis en vrywillig. Indien u kind nie aan die aktiwiteite wil deelneem nie, sal daar toesig by die skool wees tot die einde van die skooldag. Daar sal gedurende die Akademiese Spele geen skool-buitemuurse aktiwiteite plaasvind nie, omdat ons die alternatiewe program volg. Onderaan is die program van addisionele aktiwiteite wat aangebied sal word. Let asseblief daarop dat ons 'n spesiale oueraand (Woensdag, 19 September 2018 om 19:00 in die skoolsaal) aanbied, waartydens Heleen Meyer oor gesonde kos en eetgewoontes sal gesels en daarna sal Rob Buck (fisioterapeut en sportdirekteur van Pinehurst) ons toespreek: Maak jy 'n kind of sportheld groot; Die verhouding tussen ouer, kind en sport? Onthou om R50 per leerder deur middel van Karri / kontant / EFT te betaal.U betrokkenheid en ondersteuning word opreg waardeer. [pdf-embedder url="https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2018/09/Akademiese-Spele-Program-2018.pdf" title="Akademiese Spele Program...

Kore tree weer op

Albei ons kore tree op 18 Oktober om 19:00 by Hoërskool Parow saam met Laurika Rauch op. Kaartjies is by juf Helecia Groenewald te koop: kontant of EFT aan die skool.Die kaartjies kos R120 per persoon.

Nuusbrief van 31 Aug. 2018

  Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, 31 Aug. 2018 Datums Vrydag, 31 Augustus 2018 Sivvies Vrydag, 31 Augustus 2018 Lentedag Vrydag, 31 Augustus 2018 GEKANSELLEER Skaak Vrydag, 31 Augustus 2018 Philip Chimukuyu(heksekuriteit) verjaar Saterdag, 1 September 2018 Rugby 7s Toernooi Sondag, 2 September 2018 Liezel de Jager (Juffrou) verjaar Maandag, 3 September 2018 Begin met Somersport Maandag, 3 September 2018 Sanna Molepo (terrein) verjaar Dinsdag, 4 September 2018 Gr.7 ATKV Olimpiade Dinsdag, 4 September 2018 Patrick Chadzuka (terrein) verjaar Woensdag, 5 September 2018 Fotodag: ALLE sportsoorte Donderdag, 6 September 2018 Loslitdag: "Be an everyday superhero" Vrydag, 7 September 2018 Oupa-en Oumadag Vrydag, 7 September 2018 GEKANSELLEER Skaak @ Weizmann WEG Saterdag, 8 September 2018 WOW Spelfees: Wes-Kaap Saterdag, 8 September 2018 Dolinda Mfulo (Nasorg) verjaar Dinsdag, 11 September 2018 Leerderraad:Saal Woensdag, 12 September 2018 Trix vd Vyver (Juffrou) verjaar Donderdag, 13 September 2018 Wiskundekompetisie MELKBOS Vrydag, 14 September 2018 Gr.1: Boekbesoek INGRID MENNEN Vrydag, 14 September 2018 Akkedissiefees Saterdag, 15 September 2018 Tennis:Ouer/Kindtoernooi Maandag, 17-21 September 2018 Akademiese Spele Maandag, 17 September 2018 BR Vergadering Dinsdag, 18 September 2018 Geen saal Woensdag, 19 September 2018 Marli Klynsmith (Juffrou) verjaar Donderdag, 20 September 2018 Heidre Ehlers (Juffrou) verjaar Vrydag, 21 September 2018 Kaskarkompetisie Saterdag, 22 September 2018 Dapperstappers Maandag, 24 September 2018 Erfenisdag VAKANSIEDAG Dinsdag, 25 September 2018 Geen saal Woensdag, 26 September 2018 Gr.3-7: Skrywersbesoek TROULA GOOSEN Woensdag, 26 September 2018 Liewe Aarde sivvies >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE KANTOOR Junior- en seniorkoor Ons is sommer baie trots op ons kore se optredes in die Kunstekaap-teater. Albei ons kore het Maandagaand opgetree...

Mathlete van die week

Die top 3 prestasies vir die week is: 3. Jana Maree 2 343 punte 2. Mia Boshoff 3 080 punte 1. Jan-Willem Silvis 7 240 punte Vir 'n tweede week in 'n ry, baie geluk Jan-Willem.

Juniorkoor Kunstekaap

Baie geluk aan die Juniorkoor wat gekies is om by die Gala-aand van die Skole Musiekfees by die Kunstekaapteater deel te neem. Die fees het oor 3 weke gestrek met items van verskillende skole elke aand en daarna is net 18 gekies om in die Finale afdeling deel te neem. Die koor het 'n pragtige trofee by n mooi oorhandigingseremonie ontvang. Verskeie hooggeplaasdes van die Kunstekaap, asook die Onderwysdepartement, was teenwoordig. Ons is baie trots op ons Juniorkoor asook juf. Helecia en mnr. Ben wat hulle so mooi afrig!!...

Belangrike Datums

augustus 2026

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug00:0023:59EXCO-Strat

05aug00:0023:59Rugby: o.11 Bishops (WEG)

07aug00:0023:59TOETS: Wiskunde Gr.4 ,6 & 7

07aug00:0023:59World Robot Olympiad Kompetisie (Kodering en Robotika)

07aug08:0008:30TOETS: NWT Gr.5

09aug00:0023:59Nasionale Vrouedag

10aug00:0023:59Vakansiedag

11aug08:0008:30Koffie-en-Beskuit Konsert

14aug00:0023:59Skool verdaag vroeër

14aug00:0023:59Hokkie: Dirkie Uys (TUIS) - Almal

14aug00:0023:59TOETS: Wiskunde Gr.5

14aug08:0008:30TOETS: NWT Gr.4, 6 & 7

15aug00:0023:59Netbal: Dirkie Uys (TUIS) - Almal

15aug00:0023:59Rugby: Dirkie Uys (TUIS) - Almal

16aug15:0015:00Senior Kooroptrede: Tygerberg Children's Choir: In Harmony

18aug00:0023:59Hokkie: Durbanvilletoernooi (o.9 Seuns & Dogters)

19aug00:0023:59Rugby: De Tyger

19aug00:0023:59Netbal: Van Riebeeckstrand (TUIS) - Almal

19aug(aug 19)00:0020(aug 20)23:59Boekverkope: Exclusive Books

21aug00:0023:59Netbaltoernooi (o.7-o.9): Tableview

21aug00:0023:59Assessering: SW

22aug00:0023:59Rugby (o.11): Brackenfell

22aug00:0023:59Wiskundekamp (Gr.6&7)

22aug00:0023:59Netbal (o.10 & o.11): Brackenfell

24aug00:0023:59Beheerraad-vergadering

25aug08:0008:30Koffie-en-Beskuit Konsert

27aug00:0023:59Wintersport Eindig

27aug00:0023:59Trinity Musiekeksamens by Beau Soleil Musieksenstrum (Kenilworth)

28aug00:0023:59Finkom Vergadering

28aug00:0023:59Sivvies

28aug00:0023:59Assessering: SW

28aug00:0023:59Hokkie: Interskole vs Welgemoed (TUIS) - Almal

29aug00:0023:59Rugby & Netbal: Welgemoed

29aug00:0023:59Netbal: Interskole vs Welgemoed (TUIS) - Almal

31aug00:0023:59GEEN SPORT

Wys Meer

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor