Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers, 31 Aug. 2018

Datums

Vrydag, 31 Augustus 2018 Sivvies

Vrydag, 31 Augustus 2018 Lentedag

Vrydag, 31 Augustus 2018 GEKANSELLEER Skaak

Vrydag, 31 Augustus 2018 Philip Chimukuyu(heksekuriteit) verjaar

Saterdag, 1 September 2018 Rugby 7s Toernooi

Sondag, 2 September 2018 Liezel de Jager (Juffrou) verjaar

Maandag, 3 September 2018 Begin met Somersport

Maandag, 3 September 2018 Sanna Molepo (terrein) verjaar

Dinsdag, 4 September 2018 Gr.7 ATKV Olimpiade

Dinsdag, 4 September 2018 Patrick Chadzuka (terrein) verjaar

Woensdag, 5 September 2018 Fotodag: ALLE sportsoorte

Donderdag, 6 September 2018 Loslitdag: “Be an everyday superhero”

Vrydag, 7 September 2018 Oupa-en Oumadag

Vrydag, 7 September 2018 GEKANSELLEER Skaak @ Weizmann WEG

Saterdag, 8 September 2018 WOW Spelfees: Wes-Kaap

Saterdag, 8 September 2018 Dolinda Mfulo (Nasorg) verjaar

Dinsdag, 11 September 2018 Leerderraad:Saal

Woensdag, 12 September 2018 Trix vd Vyver (Juffrou) verjaar

Donderdag, 13 September 2018 Wiskundekompetisie MELKBOS

Vrydag, 14 September 2018 Gr.1: Boekbesoek INGRID MENNEN

Vrydag, 14 September 2018 Akkedissiefees

Saterdag, 15 September 2018 Tennis:Ouer/Kindtoernooi

Maandag, 17-21 September 2018 Akademiese Spele

Maandag, 17 September 2018 BR Vergadering

Dinsdag, 18 September 2018 Geen saal

Woensdag, 19 September 2018 Marli Klynsmith (Juffrou) verjaar

Donderdag, 20 September 2018 Heidre Ehlers (Juffrou) verjaar

Vrydag, 21 September 2018 Kaskarkompetisie

Saterdag, 22 September 2018 Dapperstappers

Maandag, 24 September 2018 Erfenisdag VAKANSIEDAG

Dinsdag, 25 September 2018 Geen saal

Woensdag, 26 September 2018 Gr.3-7: Skrywersbesoek TROULA GOOSEN

Woensdag, 26 September 2018 Liewe Aarde sivvies

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Junior- en seniorkoor

Ons is sommer baie trots op ons kore se optredes in die Kunstekaap-teater. Albei ons kore het Maandagaand opgetree en hulle puik van hulle taak gekwyt. Die juniorkoor was na die optrede gekies om ook tydens die gala-aand, wat gisteraand was, weer op te tree en het tydens die prysuitdeling ‘n pragtige trofee ontvang! Baie dankie aan juf Helecia Groenewald en mnr. Ben Reynecke wat hulle so mooi afrig en GROOT dankie aan al die ouers wat hulle so mooi ondersteun het – baie ouers wat binne drie dae twee keer die optredes moes bywoon! Baie dankie ook aan al die onderwysers wat op hierdie twee aande moes toesig hou.

ALGEMEEN

Vier kinders wat deel is van ons skool se Khayelitsha-projek is onlangs wees gelaat nadat hul ma gesterf het. Die nood druk in hul huis, en ons is dringend op soek na onderklere vir die kinders: twee seuns van 4 en 15, en twee dogters van 12 en 18. Enige skenkings van onderklere sal verskriklik help, en kan asb by Adri by Ontvangs afgelaai word.

Naam en van: Darren Cloete

Graad: 6B

Waar bly jy?: Ek bly in Stellebosch

Gunsteling vak: Geskiedenis is my gunsteling vak. Dis vir my baie interessant.

Ek is ‘n trotse Jannie, want ek is ‘n goeie tennisspeler. My gunsteling speler is Novak Djokovich omdat hy so goed speel en steeds nederig bly.

Ons word deur die onderwysdepartement verplig om volledige inligting rakende u mediese fonds besonderhede in te win, sou daar dalk ‘n voorval by die skool gebeur waar mediese besonderhede benodig word. Volg asb. hierdie skakel en voltooi die Google Form sodat die skool die leerderprofiele volledig kan invul. VORM

Let wel: Slegs een ouer hoef die vorm in te vul. Indien u meer as een kind in die skool het, vul asb. vir elke kind ‘n aparte vorm in. Om twee of meer vorms in te vul, voltooi een en volg dan weer die skakel om nog een te voltooi.

Woensdag, 5 September, neem ons die jaarlikse Buitemuurse foto’s.Om dit vir almal betrokke makliker te maak, gaan ons hieronder ‘n lys plaas van wat leerders moet aantrek vir die onderskeie foto’s.

KRIEKET (O/7 -O/11) wit LO hemp, navy blou kortbroek, grys sokkies en tekkies

KRIEKET (O/13) Wit langbroek, grys sokkies, tekkies en hemp( ontvang by afrigter)

TENNIS Wit LO hemp, navy kortbroek (seuns) / rompie (meisies), wit sokkies en tekkies

SWEM geen foto

ATLETIEK Wit LO hemp en navy kortbroek

LANDLOOP Wit LO hemp en navy kortbroek

TWEEKAMP Blou atletiekhempie en navy kortbroek

SKAAK Winterskooldrag

RUGBY Navy kortbroek en rugbytrui (ontvang by afrigter)

NETBAL (O/7 – O/11) Navy rompie, oranje wedstrydhempie, wit sokkies en tekkies

NETBAL (O/12) Navy rompie, wit LO-hempie, wit sokkies en tekkies

NETBAL (O/13) Netbalrokkie, wit sokkies en tekkies

PROVINSIALE KLEURE: Trek die sweetpak of uniform aan van die sport waarvoor provinsiale kleure ontvang is.

JUNIOR & SENIOR KOOR Winter skooldrag

MUSIEKLEERDERS: Winter skooldrag

EISTEDDFOD MEDALJE WENNERS: Winter skooldrag

LEERDERRAAD: Winter skooldrag

SKOLLIERPATROLIE: Winter skooldrag

BIB MONITORS: Winter skooldrag

SO REDAKSIE: Winter skooldrag

GR 7: Winter skooldrag met graad 7 trui

WISKUNDE MELKBOSSPAN: Winter skooldrag

Ons herinner graag almal aan die “Verlore Goedere Sisteem” by ons skool.

1) Verlore goedere word in die kratte by die trappe by die grondslagfase se badkamers geplaas.

2) Die gr.6-leerders sorteer weekliks hierdie goedere en gemerkte items word by die eienaar se klas afgelewer.

3) Die ongemerkte items word in die wit kas skuins voor die biblioteek gepak.

4) Kwartaalliks word hierdie kas uitgepak en items word aan behoeftige leerders of organisasies geskenk.

Spaar julself baie moeite en onkoste deur jul kinders se items duidelik te merk met hul naam en van.

Oupa- en Oumadag is om die draai en ons sien vreeslik daarna uit om almal hartlik te verwelkom. ‘n Oggend van lag, lekkerte en samesyn word verwag, met ‘n tikkie liefde en bederf bygevoeg, om die oggend perfek af te rond.

Al die Oupa- en Oumadag-kaartjies is reeds uitverkoop en ons wil dankie sê vir elke persoon wat die opwinding met ons deel. Die kaartjies sal op 3 September aan die leerders oorhandig word. Maak asseblief dus seker dat u die kaartjies by u kind kry.

Sien julle volgende Vrydag om 10:00!

Baie geluk aan Taru de Wet in Graad 2 wat Jannie van die week is. Dankie dat julle so getrou herwin! Geniet die Col’Cacchios ete!

Die R5 bydrae vir ‘n muntlegging tydens Lentedag, word aangewend vir die opknapping van die Graad 7’s se speelgrondarea.

Volgende Dinsdag 4 September, vier ons ook Boomplantdag by JvR. Liewe Aarde het met die geld wat ons maak uit julle herwinning, struike aangekoop om in die potte op die vierkant te plant. Dankie aan almal wat by die skool herwin!

---

AKADEMIE

Baie geluk aan die volgende leerders wat deurgedring het na die volgende ronde van die Wow-Spelkompetisie. Hulle neem Saterdag, 8 September, deel aan die Provinsiale Kompetisie by die Universiteit van Stellenbosch. Sterkte, Jannies!

Ons wens die volgende leerders geluk. Hulle het gekwalifiseer en gaan nou deelneem aan die finale rondte van die WKOD-Wiskundekompetisie.

Hierdie leerders neem eerskomende Saterdag by Hoërskool Kensington deel.

Ons wens vir hulle alle sterkte toe.

 

Die top 3 prestasies vir die week is:

3. Jana Maree 2 343 punte

2. Mia Boshoff 3 080 punte

1. Jan-Willem Silvis 7 240 punte

Vir ‘n tweede week in ‘n ry, baie geluk Jan-Willem.

---

KULTUUR

Die Eisteddfod se klavierafdeling is nou afgehandel.

Die volgende leerders het uitstekend gevaar en ons wens hulle baie geluk:

Linden Murray: 78, 88, 92

Ben Terblanche: 88, 89

Stella Malan: 87, 90

Mienkie van der Westhuizen: 86, 88

Leila Lonte: 86, 88

Neena Lonte: 74, 85

Jan Murray: 78, 85

Gabriel Smuts: 85, 87, 90

Nogmaals geluk. Ons is trots op julle.

Baie geluk aan die Juniorkoor wat gekies is om by die Gala-aand van die Skole Musiekfees by die Kunstekaapteater deel te neem. Die fees het oor 3 weke gestrek met items van verskillende skole elke aand en daarna is net 18 gekies om in die Finale afdeling deel te neem. Die koor het ‘n pragtige trofee by n mooi oorhandigingseremonie ontvang. Verskeie hooggeplaasdes van die Kunstekaap, asook die Onderwysdepartement, was teenwoordig. Ons is baie trots op ons Juniorkoor asook juf. Helecia en mnr. Ben wat hulle so mooi afrig!!

Ons twee kore tree op 18 Oktober saam met Laurika Rauch en Loki Rothman by Hoërskool Parow op. Kaartjies vir die geleentheid is teen R 120 by Juffrou Groenewald te koop.

SPORT

Hierdie wedstryde was harde wedstryde vir beide skole. Beide skole het spelers gehad wat ‘n besoek by die hospitaal gemaak het. Almal is gelukkig piekfyn en geen ernstige beserings is opgedoen nie. Ons spanne het soos volg gevaar:

O/8 B wen 5 -2 O/8 A wen 4-0 O/9 verloor 3-4 O/11 wen 29 -0 O/13 verloor 10 -22

Die O/11 span is hierdie jaar onoorwonne met hul ligawedstryde. Baie geluk manne,ons is baie trots op julle en julle afrigter,mnr. Theuns van der Bank.

Die skool het in 2015 ‘n nuwe sweetpak ingebring. Dit beteken dat ouers nou al 3 jaar kans gehad het om na die nuwe sweetpak oor te gaan. Ongelukkig is hier steeds van die ou sweetpakke in sirkulasie. Ons wil u hiermee in kennis stel dat die ou sweetpak aan die begin van 2019 nie meer as deel van die skooldrag gesien word nie. Leerders mag dus nie in 2019 die ou sweetpak dra nie. Dit gee u as ouer 3 maande kans om die nuwe sweetpak aan te skaf.

Die swembad is nou lekker vol en word tans skoongemaak om gereed te wees vir die nuwe seisoen. Ons is ook in die proses om nuwe afrigters aan te stel. Ons was baie beïndruk met Swimsmart, maar hulle het nou saam met die Chad le Clos akademie gesmelt. Deel van die voorwaardes van die akademie is dat hulle slegs afrig by skole waar die swembad onderdak en verhit is. Ons beskik ongelukkig nog nie oor sulke geriewe nie. Die weervoorspelling dui aan dat daar volgende week ‘n kouefront op pad is. Daarom gaan ons volgende week gebruik om die administrasie vir die swem af te handel. Ons vra dat alle swemmers wat in die 4de kwartaal wil swem, volgende week (3 – 5 Sep) in die onderskeie tye wat hulle sou swem hê, by die betrokke onderwyser se klas sal aanmeld wanneer die swem sou plaasvind. Ons wil hulle dan afmerk of byvoeg by die swemgroep vir daai tyd. Swemmers hoef dus net aan te meld en kan dan weer gaan. Die water is nog baie koud en ons wil nie meer siek kinders hê aan die einde van volgende week nie.

---

Kliek HIER vir advertensies van die week

Make kindness your modus operandi and change your world.

-Annie Lennox

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209