Ons het die winterseisoen op Saterdag 1 September op ‘n uitstekende noot afgesluit . Ons O/11 en O/13 rugbyspanne het aan die BSC Sewes-toernooi deelgeneem.

Dit was ‘n heerlike dag en die rugby was van hoogstaande gehalte. Die ses skole wat deelgeneem het ,is Kampsbaai, Parklands, Monte Vista, Kronendal, Elkanah House en Jan van Riebeeck. Ons O/11’s het uitstekend gevaar. Hulle het 4 van hulle 5 wedstryde gewen en gelykop teen Kronendal gespeel. Die O/13’s het net so goed gedoen en ook 4 van hulle 5 wedstryde gewen. Hulle het slegs teen Monte Vista verloor.
‘n Spesiale woord van dank aan mnr. en juf. Hanekom wat die dag gereël het.Baie dankie ook aan die mammas wat met die verkope en verversings gehelp het en natuurlik ons getroue manspersoneel vir al hulle hulp! Ons het baie goeie terugvoer van ander skole ontvang. Dankie vir elke ouer wat deur die loop van die seisoen hulle spelers ondersteun het. Tot volgende jaar!