Matriekraad: Jenna Scott, Danielle de Vries, Eugene Shitikulu, Revaldo Warnick, Dirk Maree, Lané Beyer, Emil van der Walt, Mika Lonte, Pippa Bester, Larian Volkwyn, Chelsea Smyth, Mila Yssel en Sabah Cabano. Afwesig: Magdaleen Jansen


VRL: Phillip Herbst, Dirk Maree, Lané Beyer, Jana-Mari Beukes, Leander Viljoen, Louis Jordaan, Dylan Keyser, Betsy Wilke, Emil van der Walt, Lydia-Mari Erasmus, Mila Fourie, Dominique van der Merwe en Cavan McKeon.

 

Gerhard Joubert, (links) ‘n graad 11-leerder van Hoërskool Jan van Riebeeck, wen vanjaar se Pieter Kooij Musiekkompetisie! Daar het vanjaar 8 (uit 28) leerders deurgedring tot die finale ronde wat vanjaar op Lentedag gehou is. David Cyster (klarinet) verdien ‘n tweede plek. Prof. Hubert van der Spuy, dr. Benita van Blerk en mev. Anne-Marie Swanepoel was die beoordelaars. Gerhard is die eerste Jan van Riebeecker om dié prestasie te behaal.
Migael Mouton, (regs) ‘n graad 11-leerder in Hoërskool Jan van Riebeeck behaal ‘n 2de plek in die SA Society for History Teaching se nasionale aanlynvasvra.