Baie geluk aan die Juniorkoor wat gekies is om by die Gala-aand van die Skole Musiekfees by die Kunstekaapteater deel te neem. Die fees het oor 3 weke gestrek met items van verskillende skole elke aand en daarna is net 18 gekies om in die Finale afdeling deel te neem. Die koor het ‘n pragtige trofee by n mooi oorhandigingseremonie ontvang. Verskeie hooggeplaasdes van die Kunstekaap, asook die Onderwysdepartement, was teenwoordig. Ons is baie trots op ons Juniorkoor asook juf. Helecia en mnr. Ben wat hulle so mooi afrig!!