Ons hoop om volgende week met die swemoefening te begin, dit sal egter van die weer afhang. Op hierdie stadium werk ons asof ons voortgaan.
Alle swemmers moet onthou om hul kostuum, swempet, bril en handdoek saam te bring vir die les.
Soos ons in die vorige nuusbrief genoem het, is ons besig om nuwe afrigters te soek. Ons het dit goed gedink om die potensiële afrigters vir praktiese onderhoude te nooi. Dit beteken dat daar by volgende week se lesse verskillende afrigters gaan wees . Hulle bied die lesse vir al die groepe op die dag aan en ons sal daarna besluit wie ons gaan aanstel. Dit is vir ons belangrik dat hulle goed met die kinders kan werk.
Baie dankie aan almal wat reeds aangedui het in watter swemgroep hulle wil wees. Die swemgroepe is agter op die sportprogram (rooibladsy) wat leerders al ‘n tydjie terug ontvang het. Indien iemand nog wil aansluit of van groep wil verander, stuur ‘n e-pos aan sport@jvrprim.co.za