Die Akademiese Spele (17 – 21 September 2018) beloof om heelwat verryking, integrasie en pret rondom die tema Sportwetenskappe vir leerders, onderwysers en ouers in te hou.
Daar sal binnekort ‘n GOOGLE FORM uitgestuur word waarop ouers moet aandui aan watter aktiwiteite hul kinders in die middae wil deelneem tydens die Akademiese Spele. Dit is gratis en vrywillig. Indien u kind nie aan die aktiwiteite wil deelneem nie, sal daar toesig by die skool wees tot die einde van die skooldag.
Daar sal gedurende die Akademiese Spele geen skool-buitemuurse aktiwiteite plaasvind nie, omdat ons die alternatiewe program volg.

Onderaan is die program van addisionele aktiwiteite wat aangebied sal word. Let asseblief daarop dat ons ‘n spesiale oueraand (Woensdag, 19 September 2018 om 19:00 in die skoolsaal) aanbied, waartydens Heleen Meyer oor gesonde kos en eetgewoontes sal gesels en daarna sal Rob Buck (fisioterapeut en sportdirekteur van Pinehurst) ons toespreek: Maak jy ‘n kind of sportheld groot; Die verhouding tussen ouer, kind en sport?
Onthou om R50 per leerder deur middel van Karri / kontant / EFT te betaal.U betrokkenheid en ondersteuning word opreg waardeer.
Akademiese Spele Program 2018