Mathlete van die week
Top 3 prestasies van die week is: 3. Angelique Fourie 2190 punte 2. Delmar Benecke 2410 punte 1. James Wilkin 2 634 punte Baie geluk James!
Tennis: Jan Karsten presteer by WP Wilson Junior Masters
Baie geluk aan Jan Karsten wat die afgelope naweek aan die WP Wilson Junior Masters deelgeneem het. Die tennisbyeenkoms word aangebied vir die top 8 O/10 spelers wat deur die jaar aan die verskeie Wilson toernooie deelneem. Jan het as die wenner van hierdie toernooi weggestap. Ons is baie trots op jou Jan, baie...
Nuusbrief van 2 November 2018
Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers,Datums Saterdag, 3 November 2018 Tweekamp Liga 3 STELLENBOSCHMaandag, 5 November 2018 Razelle Hanekom (sportkoordineerder) verjaar Maandag, 5 November 2018 Michelle Kellerman (Juffrou) verjaar Dinsdag, 6 November 2018 Krieket: 0/9 teen St.Paul, WEG Dinsdag, 6 November 2018 Tennis: Vriendskaplike wedstryd, TUIS Woensdag, 7 November 2018 Tennis: Ligawedstryde WEG en TUIS Woensdag, 7 November 2018 Nuwe Gr.1's besoek onsWoensdag, 7 November 2018 BR Vergadering om 17:00 Woensdag, 7 November 2018 Begrotingsverg. om 19:00Vrydag, 9 November 2018 Huppelland Gr.R-konsert Vrydag, 9 November 2018 Gr.4-7:Swemgala Dinsdag, 13 November 2018 Krieket: 0/9 teen H.Weizmann, WEG Dinsdag, 13 November 2018 Gr.4 2019 OuervergaderingWoensdag, 14 November 2018 Alle buitemuurs eindigDonderdag, 15 November 2018 Gr.7/2019 OuervergaderingDonderdag, 15 November 2018 Tennis: Vriendskaplike wedstryd TUISVrydag, 16 November 2018 Gr.7 Eksamen beginVrydag, 16 November 2018 Gr.1-3 SwemgalaSaterdag, 17 November 2018 Dapper StappersSondag, 18 November 2018 Tamboerskloof KerssangdiensDinsdag, 20 November 2018 Geen saalDinsdag, 20 November 2018 Gr.4-6 Eksamen beginDinsdag, 20 November 2018 Raché de Goede (Juffrou) verjaarDinsdag, 27 November 2018 Geen saalWoensdag, 28 November 2018 Liewe Aarde sivviesDonderdag, 29 November 2018 Eksamen eindigVrydag, 30 November 2018 Huppelland BraaiVrydag, 30 November 2018 SivviesVrydag, 30 November 2018 Nadia Stahmer (Juffrou) verjaar>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE KANTOORBegrotingsvergadering: Woens. 7 NovemberOns herinner alle ouers aan die begrotingsvergadering wat eerskomende Woensdagaand om 19:00 in die skool se biblioteek sal plaasvind.Somerdrag:Vanaf Maandag 5 November, moet alle leerders ons skool se korrekte somerdrag dra. Onthou ook asseblief dat die dra van hoede gedurende pouses en gedurende buitemuurse aktiwiteite wat in die buitelug gedoen word, verpligtend is, tensy dit 'n koue en bewolkte dag is. ALGEMEEN...
O/13 Krieketuitslae vs. Kampsbaai, 1 Nov
Die 0/13-krieketspan het gister 'n opwindende krieketwedstryd teen Kampsbaai gespeel. Ons het besluit om eerste te kolf met die idee om ‘n 'n hoë telling op te stel. Dit was 'n senuweeagtige begin, en ons het 'n paar vinnige paaltjies verloor. Ons middelorde het mooi herstel, met Thornley Webber en Alexander Newton wat 'n goeie vennootskap opgebou het. Thornley het 21 dapper lopies aangeteken. Dit was 'n lae eerste beurt telling, maar die span was gereed om hul telling in die veld te verdedig. Joshua Ellis het die eerste deurbraak gemaak en die eerste paaltjie het in die 9de boulbeurt geval. Kort daarna het Thornley twee groot boulbeurte geboul, twee vinnige paaltjies geneem en ons was terug in die wedstryd. Na goeie veldwerk op die grens, het die besoekende span net 7 lopies van die laaste 6 balle nodig gehad om te wen. Ons boulwerk was akkuraat en reguit! Twee lopies om te wen, en een lopie om gelykop te speel, met een bal om te gaan . . . en . . . ‘n goeie hou vir 4 lopies van die laaste bal!! Kampsbaai wen met 2 lopies! 'n Gespanne maar opwindende krieketwedstryd, goed gedoen...
Prysuitdeling: Verandering van datums en formaat
PRYSUITDELING 2018: Datums: GRAAD 1 - 3: Woensdagoggend, 28 November 2018 Graad 1 - 8:30 Graad 2 - 10:00 Graad 3 - 11:30 AS GEVOLG VAN KOOROPTREDE WAT GEKANSELLEER IS: LET OP VERANDERING GRAAD 4 - 5: Dinsdagaand, 4 Desember 2018 LET OP VERANDERING GRAAD 6 - 7: Donderdagaand, 6 Desember 2018 ALGEMEEN GRAAD 4 - 7: Ons is in die proses om die formaat van die prysuitdeling te hersien. Die volgende aanpassings is reeds beplan vir die jaar se prysuitdeling nadat ons die graad 6 en 7-leerders se mening rakende die huidige formaat, gevra het : 1. Sertifikate: Elke leerder in die skool ontvang steeds 'n sertifikaat. Hierdeur wil ons steeds aan elke kind spesiale erkenning gee. Dit blyk duidelik belangrik vir ons leerders te wees. Ons poog om op vordering, deelname, 100% skoolbywoning, spesiale karaktereienskappe en waardes te fokus. Slegs leerders wat 'n gemiddeld van 80% en meer het, sal erkenning op die sertifikaat ontvang nl. Uitsonderlike prestasie. Leerders voel dat hulle geëtiketteer word indien daar onderskeid op die sertifikaat gemaak/getref word bv. Goeie prestasie, ens. en dit voor almal gelees word. 2. Toesprake: Ons poog om die jaar se toesprake aansienlik te verkort. 3. Spesiale toekennings: Alle toekennings wat gedurende die jaar reeds in die skoolsaal en/of by 'n sport- of kultuurbyeenkoms, waartydens ons skoolgemeenskap (leerders en/of ouers) betrokke was, oorhandig is, sal nie gedurende die aand uitgedeel word nie. Leerders het reeds hiervoor erkenning ontvang. Ons fokus dus nou net op vakpryse en spesiale toekennings bv. kultuur-, sport- en akademiese toekennings. Leerders sal al die spesiale toekennings (in die onderskeie afdelings) op een slag ontvang....
Reëlings vir swemgalas, 9 & 16 November
Reëlings vir kleuregalas - 9 & 16 November Ons gaan hierdie jaar die swemgala oor 2 dae hou. Die spasie rondom die swembad raak beperk en dis beter vir almal se veiligheid as ons 'n junior en senior gala hou. Ons wil graag 'n paar algemene reëlings vir die dag aan u oordra. Ons gaan MASSA DEELNAME aanmoedig. Dit beteken dat daar nie voor die tyd enige inskrywings gaan plaasvind nie. Leerders neem op die dag aan die ietms van hul keuse deel. Dit gaan beteken dat hulle mooi sal moet luister wanneer 'n item aangekondig / uitgeroep word. Alle swemmers MOET 'n swempet dra. Indien hulle nie 'n swempet het nie, gaan hulle nie mag deelneem nie. Vryslag, borslag, vlinderslag en individuele wisselslag begin met 'n duikslag in die swembad. Rugslag begin in die swembad. Aan die einde van 'n wedloop moet swemmers in die swembad bly totdat die afsitter die teken ('n blaas van die fluitjie) gee dat hulle mag uitklim. Vir borsslag en vlinderslag moet swemmers aan die einde van die wedloop met beide hande raak. Volgorde vir individuele wisselslag: 1. Vlinderslag, 2. Rugslag, 3. Borsslag, 4. Vryslag Volgorde vir wisselslag AFLOS: 1. Rugslag, 2. Borsslag, 3. Vlinderslag, 4. Vryslag [Vir die O/9 wisselslag AFLOS gaan ons die vlinderslag met Vryslag vervang] GEEN kos en koeldrank by die swembad nie, slegs water in plastiekbottels word toegelaat. Ouers is welkom om die galas te kom bywoon. Sien die onderskeie galas se itemlys vir die program. Ons gaan nie 'n tyd aan die items koppel nie, want ons weet nie hoeveel leerders aan elke item gaan deelneem nie....
O/9 Krieketuitslae vs. Kronendal, 30 Okt
Ons O/9 A en B spanne het Dinsdag teen Kronendal wedstryde gespeel. Ons spanne het beide wedstryde gewen. Die A span wen met 30 lopies teenoor 15 en die B span wen met 49 lopies teenoor 27.Baie geluk julle !!
O/11 Krieketuitslae vs. Kronendal, 31 Okt
Die o/11's het Woensdag teen Laerskool Kronendal gespeel. Kronendal het die loot gewen en vir ons ingestuur om eerste te kolf. Die manne het maar 'n bietjie swaar getrek met die kolf en het 'n telling van 79 lopies aangeteken. Die manne het besef dat hulle 'n uitstekende dag in die veld sal moet hê om die wedstryd te wen. Ons boulers het hulle puik van hulle taak gekwyt en met die puik veldwerk het ons dit reg gekry om die wedstryd met 10 lopies te wen!! Baie geluk...
Tennisuitslae, 29 -31 Okt
Ons spanne het besonder goed gedoen hierdie week en het al hul wedstryde gewen. Gemeng A: Leila Lonte, Daniël Grutter, Marcel Eygenberger en Mia Symington wen 5 - 1 teen Monte Vista. Gemeng C: Daniel van Reenen, Heloise Strauss, Willem van As en Katrien Stimie wen 6 - 0 teen Table View Seuns A: Peet Karsten, Alexander Newton, Jan Karsten en Fredrich Erasmus wen 6 - 0 teen CBC St John's Baie geluk ,ons is BAIE trots op julle...
Woord van die week nr. 74
bakvissie Wenner: Marianne Nel (Gr. 6dJ) Definisie 1: 'n opgeskote meisie tussen 14 en 17 jaar Sin 1: Toe die fliek Liefling uikom, was al die bakvissies verlief op Bobby van Jaarsveld . Definisie 2: 'n Vissie wat geskik is vir bak. Sin 2: My ma smeer die bakvissie met botter en suurlemoensap en bak dit in die oond vir 30...
Liewe Aarde nuus
Lea en Simon van Dyk is Jannies van die week – baie dankie dat julle so getrou herwin. Geniet die R100 Col’Cacchios geskenkbewys. Het julle geweet dat organiese afval (kos en tuinvullis) wat in gewone vullissakke gegooi word en stortingsterrein toe gaan, baie skadelike metaan gasse veroorsaak. Die Wes-Kaapse regering beplan ‘n verbod op die storting van enige organiese vullis by gewone stortingsterreine teen 2027. Liewe Aarde moedig julle aan om tuis ‘n komposhoop te skep. Besoek die volgende webblaaie vir meer inligting: https://www.bokashishop.co.za/ en...
Mathlete van die week
Die top 3 prestasies is: 3. Thornley Webber - 1 045 punte 2. Angelique Fourie - 1 140 punte 1. Conrad Slabber - 1 380 punte Baie geluk Conrad!
Jannies presteer by die T20 Distrik kriekettoernooi
Alexander Benecke en Keegan Schoeman het hierdie afgelope naweek, 27 & 28 Oktober, vir die O/11 Sentraal distrik WP-span gespeel in die O/11-WP kriekettoernooi. Hulle het vier T20 wedstryde oor twee baie warm dae gespeel. Die kompetisie was baie straf met besondere talentvolle jong krieketspelers. Hulle het baie goed gekolf en geboul en verskeie paaltjies geneem om hulle span te help om 3 van die 4 wedstryde te wen. Ons is voorwaar trots op hulle twee wat hulself goed van hulle taak gekwyt het. Gary Kirsten het hulle geluk gewens en is saam met hulle op die foto's...
O/13 Krieketwedstryd, 25 Okt
Die 0/13-krieketspan het gister 'n oorweldigende 10 paaltjie-oorwinning teen die Hout Bay International skool gehad. Die seuns het 'n paar goeie vangskote in die buiteveld geneem. Ons sterbouler vir die dag was Thornley Webber! Hy het 4 paaltjies geneem en slegs 4 lopies afgestaan in sy 3 boulbeurte. Ruben het 'n bydrae gelewer met 2 paaltjies, asook Peet, Joshua en Johann met een paaltjie elk. Houtbaai kon net 58 lopies aanteken. Ons twee openingkolwers het die wenlopies vinnig aangeteken, Christiaan met 29 lopies en Peet nie ver agter met 17 lopies. Dit was ‘n puik spanpoging...
Eisteddfodmedaljes
Stuur asb alle Eisteddfodmedaljes DRINGEND voor/teen Vrydag na Juffrou Groenewald.
Belangrike Datums
augustus 2026