Reëlings vir kleuregalas – 9 & 16 November
Ons gaan hierdie jaar die swemgala oor 2 dae hou. Die spasie rondom die swembad raak beperk en dis beter vir almal se veiligheid as ons ‘n junior en senior gala hou. Ons wil graag ‘n paar algemene reëlings vir die dag aan u oordra.
  • Ons gaan MASSA DEELNAME aanmoedig. Dit beteken dat daar nie voor die tyd enige inskrywings gaan plaasvind nie. Leerders neem op die dag aan die ietms van hul keuse deel. Dit gaan beteken dat hulle mooi sal moet luister wanneer ‘n item aangekondig / uitgeroep word.
  • Alle swemmers MOET ‘n swempet dra. Indien hulle nie ‘n swempet het nie, gaan hulle nie mag deelneem nie.
  • Vryslag, borslag, vlinderslag en individuele wisselslag begin met ‘n duikslag in die swembad. Rugslag begin in die swembad.
  • Aan die einde van ‘n wedloop moet swemmers in die swembad bly totdat die afsitter die teken (‘n blaas van die fluitjie) gee dat hulle mag uitklim.
  • Vir borsslag en vlinderslag moet swemmers aan die einde van die wedloop met beide hande raak.
  • Volgorde vir individuele wisselslag: 1. Vlinderslag, 2. Rugslag, 3. Borsslag, 4. Vryslag
  • Volgorde vir wisselslag AFLOS: 1. Rugslag, 2. Borsslag, 3. Vlinderslag, 4. Vryslag [Vir die O/9 wisselslag AFLOS gaan ons die vlinderslag met Vryslag vervang]
  • GEEN kos en koeldrank by die swembad nie, slegs water in plastiekbottels word toegelaat.
  • Ouers is welkom om die galas te kom bywoon.
  • Sien die onderskeie galas se itemlys vir die program. Ons gaan nie ‘n tyd aan die items koppel nie, want ons weet nie hoeveel leerders aan elke item gaan deelneem nie.
  • Die OPE afdeling is slegs vir gr 7 leerders.
  • Puntetoekenning:
    1ste plek: 6 punte
    2de plek: 5 punte
    3de plek: 4 punte
    4de plek: 3 punte
    3de plek: 2 punte
    2de plek: 1 punt
    Elke leerder wat deelneem kry ‘n deelnamepunt.

    Indien daar ouers is wat beskikbaar is op die 9de en 16de November om ons te kom help tyd hou by die swemgalas, stuur asb. ‘n e-pos aan sport@jvrprim.co.za.

    ITEMLYS GR.1-3
    ITEMLYS GR.4-7