Die 0/13-krieketspan het gister ‘n oorweldigende 10 paaltjie-oorwinning teen die Hout Bay International skool gehad. Die seuns het ‘n paar goeie vangskote in die buiteveld geneem. Ons sterbouler vir die dag was Thornley Webber! Hy het 4 paaltjies geneem en slegs 4 lopies afgestaan in sy 3 boulbeurte. Ruben het ‘n bydrae gelewer met 2 paaltjies, asook Peet, Joshua en Johann met een paaltjie elk. Houtbaai kon net 58 lopies aanteken. Ons twee openingkolwers het die wenlopies vinnig aangeteken, Christiaan met 29 lopies en Peet nie ver agter met 17 lopies. Dit was ‘n puik spanpoging gewees!!