PRYSUITDELING 2018:
Datums:
GRAAD 1 – 3: Woensdagoggend, 28 November 2018
Graad 1 – 8:30
Graad 2 – 10:00
Graad 3 – 11:30
AS GEVOLG VAN KOOROPTREDE WAT GEKANSELLEER IS:
LET OP VERANDERING GRAAD 4 – 5: Dinsdagaand, 4 Desember 2018
LET OP VERANDERING GRAAD 6 – 7: Donderdagaand, 6 Desember 2018

ALGEMEEN GRAAD 4 – 7:
Ons is in die proses om die formaat van die prysuitdeling te hersien. Die volgende aanpassings is reeds beplan vir die jaar se prysuitdeling nadat ons die graad 6 en 7-leerders se mening rakende die huidige formaat, gevra het :
1. Sertifikate:
Elke leerder in die skool ontvang steeds ‘n sertifikaat. Hierdeur wil ons steeds aan elke kind spesiale erkenning gee. Dit blyk duidelik belangrik vir ons leerders te wees. Ons poog om op vordering, deelname, 100% skoolbywoning, spesiale karaktereienskappe en waardes te fokus. Slegs leerders wat ‘n gemiddeld van 80% en meer het, sal erkenning op die sertifikaat ontvang nl. Uitsonderlike prestasie. Leerders voel dat hulle geëtiketteer word indien daar onderskeid op die sertifikaat gemaak/getref word bv. Goeie prestasie, ens. en dit voor almal gelees word.
2. Toesprake:
Ons poog om die jaar se toesprake aansienlik te verkort.
3. Spesiale toekennings:
Alle toekennings wat gedurende die jaar reeds in die skoolsaal en/of by ‘n sport- of kultuurbyeenkoms, waartydens ons skoolgemeenskap (leerders en/of ouers) betrokke was, oorhandig is, sal nie gedurende die aand uitgedeel word nie. Leerders het reeds hiervoor erkenning ontvang. Ons fokus dus nou net op vakpryse en spesiale toekennings bv. kultuur-, sport- en akademiese toekennings. Leerders sal al die spesiale toekennings (in die onderskeie afdelings) op een slag ontvang. ‘n Leerder sal dus nie tien keer per afdeling opgeroep word nie.

Weet asseblief dat ons ons bes probeer om die prysuitdeling spesiaal te maak, maar ook in gedagte hou dat ons ‘n laerskool is wat vir soveel moontlik leerders die kans wil gun om erkenning te kry vir harde werk. Ons poog om ‘n gesonde balans te handhaaf.