Die o/11’s het Woensdag teen Laerskool Kronendal gespeel. Kronendal het die loot gewen en vir ons ingestuur om eerste te kolf. Die manne het maar ‘n bietjie swaar getrek met die kolf en het ‘n telling van 79 lopies aangeteken. Die manne het besef dat hulle ‘n uitstekende dag in die veld sal moet hê om die wedstryd te wen. Ons boulers het hulle puik van hulle taak gekwyt en met die puik veldwerk het ons dit reg gekry om die wedstryd met 10 lopies te wen!! Baie geluk manne.