Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums 

Saterdag, 3 November 2018    Tweekamp Liga 3  STELLENBOSCH
Maandag, 5 November 2018    Razelle Hanekom (sportkoordineerder) verjaar 
Maandag, 5 November 2018    Michelle Kellerman (Juffrou) verjaar 
Dinsdag, 6 November 2018    Krieket: 0/9 teen St.Paul, WEG 
Dinsdag, 6 November 2018    Tennis: Vriendskaplike wedstryd, TUIS 
Woensdag, 7 November 2018    Tennis: Ligawedstryde WEG en TUIS 
Woensdag, 7 November 2018    Nuwe Gr.1’s besoek ons
Woensdag, 7 November 2018    BR Vergadering om 17:00 
Woensdag, 7 November 2018    Begrotingsverg. om 19:00
Vrydag, 9 November 2018    Huppelland Gr.R-konsert 
Vrydag, 9 November 2018    Gr.4-7:Swemgala 
Dinsdag, 13 November 2018    Krieket: 0/9 teen H.Weizmann, WEG 
Dinsdag, 13 November 2018    Gr.4 2019 Ouervergadering
Woensdag, 14 November 2018  Alle buitemuurs eindig
Donderdag, 15 November 2018  Gr.7/2019 Ouervergadering
Donderdag, 15 November 2018   Tennis: Vriendskaplike wedstryd TUIS
Vrydag, 16 November 2018  Gr.7 Eksamen begin
Vrydag, 16 November 2018   Gr.1-3 Swemgala
Saterdag, 17 November 2018    Dapper Stappers
Sondag, 18 November 2018    Tamboerskloof Kerssangdiens
Dinsdag, 20 November 2018    Geen saal
Dinsdag, 20 November 2018    Gr.4-6 Eksamen begin
Dinsdag, 20 November 2018    Raché de Goede (Juffrou) verjaar
Dinsdag, 27 November 2018    Geen saal
Woensdag, 28 November 2018    Liewe Aarde sivvies
Donderdag, 29 November 2018    Eksamen eindig
Vrydag, 30 November 2018    Huppelland Braai
Vrydag, 30 November 2018    Sivvies
Vrydag, 30 November 2018    Nadia Stahmer (Juffrou) verjaar

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Begrotingsvergadering: Woens. 7 November

Ons herinner alle ouers aan die begrotingsvergadering wat eerskomende Woensdagaand om 19:00 in die skool se biblioteek sal plaasvind.

Somerdrag:

Vanaf Maandag 5 November, moet alle leerders ons skool se korrekte somerdrag dra. Onthou ook asseblief dat die dra van hoede gedurende pouses en gedurende buitemuurse aktiwiteite wat in die buitelug gedoen word, verpligtend is, tensy dit ‘n koue en bewolkte dag is.

ALGEMEEN

PRYSUITDELING 2018:  
Datums:
GRAAD 1 – 3:  Woensdagoggend, 28 November 2018
Graad 1 – 8:30
Graad 2 – 10:00
Graad 3 – 11:30
AS GEVOLG VAN KOOROPTREDE WAT GEKANSELLEER IS:
LET OP VERANDERING GRAAD 4 – 5:  Dinsdagaand, 4 Desember 2018
LET OP VERANDERING GRAAD 6 – 7:  Donderdagaand, 6 Desember 2018

ALGEMEEN GRAAD 4 – 7:
Ons is in die proses om die formaat van die prysuitdeling te hersien.  Die volgende aanpassings is reeds beplan vir die jaar se prysuitdeling nadat ons die graad 6 en 7-leerders se mening rakende die huidige formaat, gevra het :
1.  Sertifikate:
Elke leerder in die skool ontvang steeds ‘n sertifikaat.  Hierdeur wil ons steeds aan elke kind spesiale erkenning gee.  Dit blyk duidelik belangrik vir ons leerders te wees.  Ons poog om op vordering, deelname, 100% skoolbywoning, spesiale karaktereienskappe en waardes te fokus.  Slegs leerders wat ‘n gemiddeld van 80% en meer het, sal erkenning op die sertifikaat ontvang nl. Uitsonderlike prestasie.  Leerders voel dat hulle geëtiketteer word indien daar onderskeid op die sertifikaat gemaak/getref word bv. Goeie prestasie, ens. en dit voor almal gelees word. 
2.  Toesprake:
Ons poog om die jaar se toesprake aansienlik te verkort.
3.  Spesiale toekennings:
Alle toekennings wat gedurende die jaar reeds in die skoolsaal en/of by ‘n sport- of kultuurbyeenkoms, waartydens ons skoolgemeenskap (leerders en/of ouers) betrokke was, oorhandig is, sal nie gedurende die aand uitgedeel word nie.  Leerders het reeds hiervoor erkenning ontvang.  Ons fokus dus nou net op vakpryse en spesiale toekennings bv. kultuur-, sport- en akademiese toekennings.  Leerders sal al die spesiale toekennings (in die onderskeie afdelings) op een slag ontvang.   ‘n Leerder sal dus nie tien keer per afdeling opgeroep word nie.  

Weet asseblief dat ons ons bes probeer om die prysuitdeling spesiaal te maak, maar ook in gedagte hou dat ons ‘n laerskool is wat vir soveel moontlik leerders die kans wil gun om erkenning te kry vir harde werk.  Ons poog om ‘n gesonde balans te handhaaf.

Lea en Simon van Dyk is Jannies van die week – baie dankie dat julle so getrou herwin. Geniet die R100 Col’Cacchios geskenkbewys.

Het julle geweet dat organiese afval (kos en tuinvullis) wat in gewone vullissakke gegooi word en stortingsterrein toe gaan, baie skadelike metaan gasse veroorsaak.
Die Wes-Kaapse regering beplan ‘n verbod op die storting van enige organiese vullis by gewone stortingsterreine teen 2027.
Liewe Aarde moedig julle aan om tuis ‘n komposhoop te skep. Besoek die volgende webblaaie vir meer inligting:
https://www.bokashishop.co.za/ en http://www.worm-farm.co.za/

AKADEMIE

Die top 3 prestasies is:
3.   Thornley Webber –  1 045 punte 
2.   Angelique Fourie –  1 140 punte
1.    Conrad Slabber –   1 380 punte 

Baie geluk Conrad!

bakvissie
Wenner: Marianne Nel (Gr. 6dJ)

Definisie 1: ‘n opgeskote meisie tussen 14 en 17 jaar
Sin 1: Toe die fliek Liefling uikom, was al die bakvissies verlief op Bobby van Jaarsveld .

Definisie 2: ‘n Vissie wat geskik is vir bak.
Sin 2: My ma smeer die bakvissie met botter en suurlemoensap en bak dit in die oond vir 30 minute.

---

KULTUUR

Stuur asb alle Eisteddfodmedaljes DRINGEND voor/teen Vrydag na Juffrou Groenewald. 

Koornuus

Seniorkoor
N.a.v. die terugvoer van ouers, is daar met ‘n oorgrote meerderheid besluit om nie meer op 6 Desember in Somerset Wes te gaan sing nie.
Junior- en Seniorkoor
Albei ons kore sing op Sondagaand 18 November om 19:00 by Tamboerskloof N G Kerk by hulle Kerssangdiens. Alle koorlede dra WIT. Dit is dan die laaste optrede en ‘n mooi afsluiting vir die jaar. Dankie aan al die ouers wat koorlede so getrou na en van optredes vervoer.

SPORT

Reëlings vir kleuregalas – 9 & 16 November Ons gaan hierdie jaar die swemgala oor 2 dae hou. Die spasie rondom die swembad raak beperk en dis beter vir almal se veiligheid as ons ‘n junior en senior gala hou. Ons wil graag ‘n paar algemene reëlings vir die dag aan u oordra.

• Ons gaan MASSA DEELNAME aanmoedig. Dit beteken dat daar nie voor die tyd enige inskrywings gaan plaasvind nie. Leerders neem op die dag aan die ietms van hul keuse deel. Dit gaan beteken dat hulle mooi sal moet luister wanneer ‘n item aangekondig / uitgeroep word.

• Alle swemmers MOET ‘n swempet dra. Indien hulle nie ‘n swempet het nie, gaan hulle nie mag deelneem nie.

• Vryslag, borslag, vlinderslag en individuele wisselslag begin met ‘n duikslag in die swembad. Rugslag begin in die swembad.

• Aan die einde van ‘n wedloop moet swemmers in die swembad bly totdat die afsitter die teken (‘n blaas van die fluitjie) gee dat hulle mag uitklim.

• Vir borsslag en vlinderslag moet swemmers aan die einde van die wedloop met beide hande raak.

• Volgorde vir individuele wisselslag: 1. Vlinderslag, 2. Rugslag, 3. Borsslag, 4. Vryslag

• Volgorde vir wisselslag AFLOS: 1. Rugslag, 2. Borsslag, 3. Vlinderslag, 4. Vryslag

• GEEN kos en koeldrank by die swembad nie, slegs water in plastiekbottels word toegelaat.

• Ouers is welkom om die galas te kom bywoon.

• Sien die onderskeie galas se itemlys vir die program. Ons gaan nie ‘n tyd aan die items koppel nie, want ons weet nie hoeveel leerders aan elke item gaan deelneem nie.

• Die OPE afdeling is slegs vir Gr.7 leerders.

• Puntetoekenning:
    1ste plek: 6 punte
    2de plek: 5 punte
    3de plek: 4 punte
    4de plek: 3 punte
    5de plek: 2 punte
    6de plek: 1 punt
Elke leerder wat deelneem kry ‘n deelnamepunt.

Indien daar ouers beskikbaar is op die 9de en 16de November om ons te help tyd hou by die swemgalas, stuur asb. ‘n e-pos aan sport@jvrprim.co.za.

ITEMLYS GR.1-3 
ITEMLYS GR.4-7

Die 0/13-krieketspan het gister ‘n oorweldigende 10 paaltjie-oorwinning teen die Hout Bay International skool gehad. Die seuns het ‘n paar goeie vangskote in die buiteveld geneem. Ons sterbouler vir die dag was Thornley Webber! Hy het 4 paaltjies geneem en slegs 4 lopies afgestaan in sy 3 boulbeurte. Ruben het ‘n bydrae gelewer met 2 paaltjies, asook Peet, Joshua en Johann met een paaltjie elk. Houtbaai kon net 58 lopies aanteken. Ons twee openingkolwers het die wenlopies vinnig aangeteken, Christiaan met 29 lopies en Peet nie ver agter met 17 lopies. Dit was ‘n puik spanpoging gewees!!

Die 0/13-krieketspan het gister ‘n opwindende krieketwedstryd teen Kampsbaai gespeel.
Ons het besluit om eerste te kolf met die idee om ‘n ‘n hoë telling op te stel. Dit was ‘n senuweeagtige begin, en ons het ‘n paar vinnige paaltjies verloor. Ons middelorde het mooi herstel, met Thornley Webber en Alexander Newton wat ‘n goeie vennootskap opgebou het. Thornley het 21 dapper lopies aangeteken. Dit was ‘n lae eerste beurt telling, maar die span was gereed om hul telling in die veld te verdedig. Joshua Ellis het die eerste deurbraak gemaak en die eerste paaltjie het in die 9de boulbeurt geval. Kort daarna het Thornley twee groot boulbeurte geboul, twee vinnige paaltjies geneem en ons was terug in die wedstryd.
Na goeie veldwerk op die grens, het die besoekende span net 7 lopies van die laaste 6 balle nodig gehad om te wen. Ons boulwerk was akkuraat en reguit! Twee lopies om te wen, en een lopie om gelykop te speel, met een bal om te gaan . . .  en . . . ‘n goeie hou vir 4 lopies van die laaste bal!! Kampsbaai wen met 2 lopies!
‘n Gespanne maar opwindende krieketwedstryd, goed gedoen ouens! 

Die o/11’s het Woensdag teen Laerskool Kronendal gespeel. Kronendal het die loot gewen en vir ons ingestuur om eerste te kolf. Die manne het maar ‘n bietjie swaar getrek met die kolf en het ‘n telling van 79 lopies aangeteken. Die manne het besef dat hulle ‘n uitstekende dag in die veld sal moet hê om die wedstryd te wen. Ons boulers het hulle puik van hulle taak gekwyt en met die puik veldwerk het ons dit reg gekry om die wedstryd met 10 lopies te wen!! Baie geluk manne.

Ons O/9 A en B spanne het Dinsdag teen Kronendal wedstryde gespeel. Ons spanne het beide wedstryde gewen.
Die A span wen met 30 lopies teenoor 15 en die B span wen met 49 lopies teenoor 27.Baie geluk julle !!

Alexander Benecke en Keegan Schoeman het hierdie afgelope naweek, 27 & 28 Oktober,  vir die O/11 Sentraal distrik WP-span gespeel in die O/11-WP kriekettoernooi. Hulle het vier T20 wedstryde oor twee baie warm dae gespeel.  Die kompetisie was baie straf met besondere talentvolle jong krieketspelers.  Hulle het baie goed gekolf en geboul en verskeie paaltjies geneem om hulle span te help om 3 van die 4 wedstryde te wen. Ons is voorwaar trots op hulle twee wat hulself goed van hulle taak gekwyt het. Gary Kirsten het hulle geluk gewens en is saam met hulle op die foto’s hierbo.

Ons spanne het besonder goed gedoen hierdie week en het al hul wedstryde gewen.

Gemeng A:  Leila Lonte, Daniël Grutter, Marcel Eygenberger en Mia Symington wen 5 – 1 teen Monte Vista.
Gemeng C:  Daniel van Reenen, Heloise Strauss, Willem van As en Katrien Stimie wen 6 – 0 teen Table View
Seuns A:  Peet Karsten, Alexander Newton, Jan Karsten en Fredrich Erasmus wen 6 – 0 teen CBC St John’s Baie geluk, ons is BAIE trots op julle !

---

Kliek HIER vir advertensies van die week

Have the courage to say no. Have the courage to face the truth. Do the right thing because it is right. These are the magic keys to living your life with integrity.
– W. Clement Stone

 

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen
SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209