Alexander Benecke en Keegan Schoeman het hierdie afgelope naweek, 27 & 28 Oktober, vir die O/11 Sentraal distrik WP-span gespeel in die O/11-WP kriekettoernooi. Hulle het vier T20 wedstryde oor twee baie warm dae gespeel. Die kompetisie was baie straf met besondere talentvolle jong krieketspelers. Hulle het baie goed gekolf en geboul en verskeie paaltjies geneem om hulle span te help om 3 van die 4 wedstryde te wen. Ons is voorwaar trots op hulle twee wat hulself goed van hulle taak gekwyt het. Gary Kirsten het hulle geluk gewens en is saam met hulle op die foto’s hieronder.