GRAAD 4 – 7 OUERGESPREKSGELEENTHEID EN INLIGTINGSESSIE

Portefeuljedag/Ouergespreksgeleentheid: Graad 4 -7-ouers word aangemoedig om afsprake van 15 minute elk op Maandag, 8 April 2019, tussen 15:00 - 19:00 by Adri Marais (skoolsekretaresse) te maak, indien jy met 'n spesifieke onderwyser wil gesels. Inligtingsessie: Op Donderdag, 11 April 2019, om 18:00 sal dr. Joan Campbell die graad 4-7-ouers rakende seksuele gedrag by kinders van hierdie ouderdomsgroep toespreek. Dit sal in die skoolsaal...

Liewe Aarde

Baie geluk aan Dietz en Heinke Punt wat laas week Jannies van die week was. Baie geluk ook aan Zerchelle Faes wat hierdie week ons Jannie van die week is. Al hierdie leerders is nuut by Jan van Riebeeck. Ons is baie bly dat julle so fluks by die Liewe Aarde depot herwin – hou so aan! Geniet die R100 Col’Cacchios geskenkbewys. Let asb daarop dat slegs ware geriffelde karton in die karton sakke gegooi moet word (kyk na die prentjie). Alle ander karton (wat gewoonlik gladder en dunner is) moet in die liggroen papier igloos gegooi...

Opsoek na nuwe JvR Nasorghoof

Ons skool benodig 'n nasorghoof. Veronica,huidige nasorghoof, se gesondheid is nie op die oomblik baie goed nie en sy ondergaan tans heelwat mediese toetse.Ons is onseker of sy gaan terugkom.As gevolg van die onsekerheid en die toenemende getalle by ons nasorg,het ons besluit om die pos te adverteer.Dit beteken dus nie dat Veronica nie deel van die nasorgspan sal wees nie. Tye: Maandag tot Vrydag vanaf 12:30 tot 17:30. Aanvangsdatum: 1 April 2019 Indien u belangstel om aansoek te doen, stuur asb. u CV aan jhoosthuizen@gmail.com....

OOV-kunskompetisie: Plakkate vir Kaperjolle-dag

Help ons om die dag te bemark! Almal mag deelneem (Gr.1 – Gr.7) Deelname is vrywillig Plakkate moet teen Donderdag, 7 Maart by die kunsklas ingehandig word Beoordeling vind Vrydagoggend, 8 Maart, plaas TEMA: “My wêreld” (Kinders kan 'n kombinasie van dinge uit hul werklike en/of verbeeldingswêreld uitbeeld.) Enige medium A3 grootte (Indien beplanning reeds gedoen is en dit is moeilik vir 'n kind om 'n A3-papier in die hande te kry, mag hulle een by die kunsklas kom haal.) Die volgende woorde MOET op die plakkaat verskyn: KAPERJOLLE (let op die een P!) Datum: 13 April 2019 Tyd: 14:00 – 22:00 Plek:...

OOV-kunskompetisie: Plakkate vir Kaperjolle-dag

Help ons om die dag te bemark! Almal mag deelneem (Gr.1 – Gr.7) Deelname is vrywillig Plakkate moet teen Donderdag, 7 Maart by die kunsklas ingehandig word Beoordeling vind Vrydagoggend, 8 Maart, plaas TEMA: “My wêreld” (Kinders kan 'n kombinasie van dinge uit hul werklike en/of verbeeldingswêreld uitbeeld.) Enige medium A3 grootte (Indien beplanning reeds gedoen is en dit is moeilik vir n kind om n A3 papier in die hande te kry, mag hulle een by die kunsklas kom haal.) Die volgende woorde MOET op die plakkaat verskyn : KAPERJOLLE (let op die een P!) Datum: 13 April 2019 Tyd: 14:00 – 22:00 Plek:...

Krieketkliniek 18 – 22 Maart

Ons hoof krieketafrigter, Allison Johnson, gaan gedurende die vakansie 'n krieketkliniek op die Conradieveld aanbied. Indien julle belangstel, loer gerus na sy advertensie: [pdf-embedder url="https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2019/02/School-Holiday-Cricket-Clinic.pdf" title="School Holiday Cricket...

Nuusbrief van 22 Februarie 2019

  Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Vrydag, 22 Februarie 2019 Gr.1-3 Swemgala Vrydag, 22 Februarie 2019 Swemgala: Kampsbaai, WEG Saterdag, 23 Februarie 2019 Dapper Stappers: Beaverlac Saterdag, 23 Februarie 2019 KRIEKET: Mini krieket O/9 A & B WEG (Fanie Theron Primary School, Krige St & Bosman St, Kraaifontein, Cape Town, 7570, South Africa) Saterdag, 23 Februarie 2019 Atletiek: WP Atletiekbyeenkoms Saterdag, 23 Februarie 2019 Skaak: Welgemoed Toernooi, WEG Dinsdag, 26 Februarie 2019 Krieketwedstryde: O/9 vs. Reddam House ASB Woensdag, 27 Februarie 2019 Adri Marais (sekretaresse) verjaar Woensdag, 27 Februarie 2019 Krieketwedstryde: O/11 vs. Camps Bay, TUIS (Jan Van Riebeeck Sportveld, 0A Quarry Hill Rd, Tamboerskloof) Woensdag, 27 Februarie 2019 Tweekamp Kampioenskappe Woensdag, 27 Februarie 2019 Liewe Aarde: Herwinning sivvies Woensdag, 27 Februarie 2019 Tennis: Ligawedstryde Donderdag, 28 Februarie 2019 Krieketwedstryde: O/13 VS. Camps Bay, TUIS (Jan Van Riebeeck Sportveld, 0A Quarry Hill Rd, Tamboerskloof) Vrydag, 1 Maart 2019 Gr.4-7 Swemgala Vrydag, 1 Maart 2019 Tennis: Table View Dubbelstoernooi, WEG Vrydag, 1 Maart 2019 Skaak: Inter-distrik proewe (Hoërskool Brackenfell High School, Rogland St, Brackenfell) Saterdag, 2 Maart 2019 Atletiek: Wes-Kaap byeenkoms, WEG (Dal Josafat Athletics Stadium, Groenheuwel, Paarl) Sondag, 3 Maart 2019 Eliam Kaunda (Terrein) verjaar Maandag, 4 Maart 2019 Beheerraadsvergadering Maandag, 4 Maart 2019 Interne redenaarskompetisie Gr.3 Dinsdag, 5 Maart 2019 Interne Redenaarskompetisie Gr.4-5 Woensdag, 6 Maart 2019 Fotodag: Klas en Individueel Woensdag, 6 Maart 2019 Interne redenaarskompetisie Gr.6-7 Vrydag, 8 Maart 2019 Gr.1 Uitstappie 08:00 - 11:00 Vrydag, 8 Maart 2019 NG Groote Kerk Kamp Gr.3 - 7 Vrydag, 8 Maart 2019 Somersokkie Gr.5 - 7 Vrydag, 8 Maart 2019 Atletiek SA kampioenskappe, WEG >>...

O/9 Krieketwedstryde, 19 & 23 Feb

Die O/9 A-span het Dinsdag Herzlia Weizmann se span met 45 - 21 geklop. Die manne het baie mooi spanwerk getoon tydens hierdie oorwinning. Die O/9 B-span het ook 'n oorwinning teen Seepunt se B-span gehad met 37-24. Die O/9 A en B spanne het ook verlede Saterdag aan Laerskool Fanie Theron se Mini-Kriekettoernooi deelgeneem en goed gevaar. Die A span het teen Fanie Theron gewen en ongelukkig teen L/S Stellenbosch verloor. Die B span het ongelukkig beide hulle wedstryde verloor, maar baie goeie spangees getoon. Johan Symington en Marais Groenewald het elkeen 'n medalje ontvang vir speler van die...

The Green Team

Ons gaan vandag (Donderdag) weer ons moue oprol en De Waal Park rommel-vry maak! Wil jy kom help? Ontmoet ons 15:45 voor Nasorg - ons spring 16:00 aan die werk by die Park. Saam kan ons 'n verskil maak!

Trotse Jannie

Naam en van: Monya du Bruyn Graad: 7H Waar bly jy?: Ek bly in Blouberg en ry met die bus skool toe. Gunsteling vak: EBW is my gunsteling vak omdat dit interessant is om te leer hoe om met geld te werk. Ek is ‘n trotse Jannie, want ons gee almal om vir mekaar.

O/11 Krieketwedstryd, 20 Feb

Ons 0/11's het Woensdag, 20 Februarie, teen Hout Bay International School gespeel. Ons het besluit om eerste veldwerk te doen. Ons haal hulle uit vir 36. Jan Karsten neem 3 paaltjies en Daniel Hoffman en Taniel Webber elkeen 1. Ons verbeter die lopies binne 6 beurte met net 2 paaltjies plat. Alexander Benecke slaan 19, nie uit nie. Ons wen dus die wedstryd met 8 paaltjies.Welgedaan...

Tennisuitslae, 20 Feb

Drie van ons tennisspanne het Woensdag, 20 Februarie, wedstryde gespeel. Die Dogters A-span (Leila Lonte, Mia Symington, Katrien Stimie en Neena Lonte) het teen Van Riebeeckstrand se Dogters B-span gespeel en 5-1 gewen. Die Gemengde A-span (Fredrich Erasmus, Marcel Eygenberger, Chiara Roodt en Darren Cloete) het hulle wedstryd teen CBC met 5 - 1 gewen. Die Gemengde B-span (Sebastian Maree, Luca Zulch, Sebastian Boshoff en Lukas Wasserman) het ook 'n goeie middag gehad teen Parklands Prep en met 5-1 gewen.Baie geluk...

Kaperjolle

Ons skop die tweede kwartaal af met ‘n groot kuier, heerlike eetgoed en speletjies. Dit gaan plaasvind op Saterdag, 13 April 2019 vanaf 14:00 - 22:00 op die Conradieveld. Ons sien baie uit na ‘n heerlike dag vol pret saam met die hele familie! Onderwysers, ouers, vriende en kinders is almal baie welkom! Daar gaan heerlike vermaak wees vir alle ouderdom kinders. Hou die nuusbrief dop vir verdere inligting oor die koskompetisie en...

Vakansiesorg Maart 2019

Ons hou in Maart weer vakansie. Vir ouers wat belang sou stel in vakansiesorg, vul asb. die vorm en vrywaring in en bring dit terug Nasorg toe of e-pos dit aan lorrvanvuuren@gmail.com. Sien die brief vir meer inligting (let wel dat Vakansiesorg se bankbesonderhede verander het): [pdf-embedder url="https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2019/02/Vakansiesorg-Maart-2019-1.pdf" title="Vakansiesorg Maart...

Belangrike Datums

augustus 2026

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug00:0023:59EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug00:0023:59EXCO-Strat

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor