Ons skop die tweede kwartaal af met ‘n groot kuier, heerlike eetgoed en speletjies. Dit gaan plaasvind op Saterdag, 13 April 2019 vanaf 14:00 – 22:00 op die Conradieveld. Ons sien baie uit na ‘n heerlike dag vol pret saam met die hele familie! Onderwysers, ouers, vriende en kinders is almal baie welkom! Daar gaan heerlike vermaak wees vir alle ouderdom kinders.

Hou die nuusbrief dop vir verdere inligting oor die koskompetisie en kaartjieverkope.