Baie geluk aan Dietz en Heinke Punt wat laas week Jannies van die week was. Baie geluk ook aan Zerchelle Faes wat hierdie week ons Jannie van die week is. Al hierdie leerders is nuut by Jan van Riebeeck. Ons is baie bly dat julle so fluks by die Liewe Aarde depot herwin – hou so aan! Geniet die R100 Col’Cacchios geskenkbewys.

Let asb daarop dat slegs ware geriffelde karton in die karton sakke gegooi moet word (kyk na die prentjie).
Alle ander karton (wat gewoonlik gladder en dunner is) moet in die liggroen papier igloos gegooi word.