Help ons om die dag te bemark!
- Almal mag deelneem (Gr.1 – Gr.7)
- Deelname is vrywillig
- Plakkate moet teen Donderdag, 7 Maart by die kunsklas ingehandig word
- Beoordeling vind Vrydagoggend, 8 Maart, plaas
- TEMA: “My wêreld” (Kinders kan ‘n kombinasie van dinge uit hul werklike en/of verbeeldingswêreld uitbeeld.)
- Enige medium
- A3 grootte (Indien beplanning reeds gedoen is en dit is moeilik vir ‘n kind om ‘n A3-papier in die hande te kry, mag hulle een by die kunsklas kom haal.)
- Die volgende woorde MOET op die plakkaat verskyn:
KAPERJOLLE (let op die een P!)
Datum: 13 April 2019
Tyd: 14:00 – 22:00
Plek: Conradieveld