Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Vrydag, 22 Februarie 2019 Gr.1-3 Swemgala

Vrydag, 22 Februarie 2019 Swemgala: Kampsbaai, WEG

Saterdag, 23 Februarie 2019 Dapper Stappers: Beaverlac

Saterdag, 23 Februarie 2019 KRIEKET: Mini krieket O/9 A & B WEG (Fanie Theron Primary School, Krige St & Bosman St, Kraaifontein, Cape Town, 7570, South Africa)

Saterdag, 23 Februarie 2019 Atletiek: WP Atletiekbyeenkoms

Saterdag, 23 Februarie 2019 Skaak: Welgemoed Toernooi, WEG

Dinsdag, 26 Februarie 2019 Krieketwedstryde: O/9 vs. Reddam House ASB

Woensdag, 27 Februarie 2019 Adri Marais (sekretaresse) verjaar

Woensdag, 27 Februarie 2019 Krieketwedstryde: O/11 vs. Camps Bay, TUIS (Jan Van Riebeeck Sportveld, 0A Quarry Hill Rd, Tamboerskloof)

Woensdag, 27 Februarie 2019 Tweekamp Kampioenskappe

Woensdag, 27 Februarie 2019 Liewe Aarde: Herwinning sivvies

Woensdag, 27 Februarie 2019 Tennis: Ligawedstryde

Donderdag, 28 Februarie 2019 Krieketwedstryde: O/13 VS. Camps Bay, TUIS (Jan Van Riebeeck Sportveld, 0A Quarry Hill Rd, Tamboerskloof)

Vrydag, 1 Maart 2019 Gr.4-7 Swemgala

Vrydag, 1 Maart 2019 Tennis: Table View Dubbelstoernooi, WEG

Vrydag, 1 Maart 2019 Skaak: Inter-distrik proewe (Hoërskool Brackenfell High School, Rogland St, Brackenfell)

Saterdag, 2 Maart 2019 Atletiek: Wes-Kaap byeenkoms, WEG (Dal Josafat Athletics Stadium, Groenheuwel, Paarl)

Sondag, 3 Maart 2019 Eliam Kaunda (Terrein) verjaar

Maandag, 4 Maart 2019 Beheerraadsvergadering

Maandag, 4 Maart 2019 Interne redenaarskompetisie Gr.3

Dinsdag, 5 Maart 2019 Interne Redenaarskompetisie Gr.4-5

Woensdag, 6 Maart 2019 Fotodag: Klas en Individueel

Woensdag, 6 Maart 2019 Interne redenaarskompetisie Gr.6-7

Vrydag, 8 Maart 2019 Gr.1 Uitstappie 08:00 – 11:00

Vrydag, 8 Maart 2019 NG Groote Kerk Kamp Gr.3 – 7

Vrydag, 8 Maart 2019 Somersokkie Gr.5 – 7

Vrydag, 8 Maart 2019 Atletiek SA kampioenskappe, WEG

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

---

NUUTSTE NUUS

Die eerste musiekkonsert van die jaar vind aan die einde van die kwartaal plaas.

Woensdagoggend 13 Maart: Graad 2 – 8:15

Woensdagoggend 13 Maart: Graad 3 – 9:15

Alle ouers en belangstellendes is welkom om dit by te woon.

Die jaarlikse somersokkie is om die draai en Laerskool Jan van Riebeeck besoek die Wilde Weste!

Datum: 8 Maart 2019 18:00 – 21:30.

Slegs vir graad 5-7.

Kaartjies kos R70 per leerder en is beskikbaar op die Karri app (julle kan ook EFT of kontant betaal).

Juffrou Wright se klas gaan as kaartjieskantoor dien en leerders kan gedurende pouses en registerklas hul kaartjies koop of kom afhaal (met bewys van betaling).

Daar sal ‘n snoepie beskikbaar wees op die aand van die sokkie, maar ouers kan ook vooraf etes bestel op die Karri app.

Trek jul stewels aan en dan sien ons julle daar vir ‘n heerlike Wilde Weste dans!

Ons skop die tweede kwartaal af met ‘n groot kuier, heerlike eetgoed en speletjies. Dit gaan plaasvind op Saterdag, 13 April 2019 vanaf 14:00 – 22:00 op die Conradieveld. Ons sien baie uit na ‘n heerlike dag vol pret saam met die hele familie! Onderwysers, ouers, vriende en kinders is almal baie welkom! Daar gaan heerlike vermaak wees vir alle ouderdom kinders.

Hou die nuusbrief dop vir verdere inligting oor die koskompetisie en kaartjieverkope.

Ons hou in Maart weer vakansie. Vir ouers wat belang sou stel in vakansiesorg, vul asb. die VORM en vrywaring in en bring dit terug Nasorg toe of e-pos dit aan lorrvanvuuren@gmail.com. Sien die vorm vir meer inligting (let wel dat Vakansiesorg se bankbesonderhede verander het).

Wintersport 2019

Die somersport maak volgende week klaar. Wintersportsoorte sal 4 Maart begin en leerders sal binnekort die wintersportskedule ontvang.

---

VERDERE NUUS

ALGEMEEN

Naam en van: Monya du Bruyn

Graad: 7H

Waar bly jy?: Ek bly in Blouberg en ry met die bus skool toe.

Gunsteling vak: EBW is my gunsteling vak omdat dit interessant is om te leer hoe om met geld te werk.

Ek is ‘n trotse Jannie, want ons gee almal om vir mekaar.

---

SPORT

Drie van ons tennisspanne het Woensdag, 20 Februarie, wedstryde gespeel. Die Dogters A-span (Leila Lonte, Mia Symington, Katrien Stimie en Neena Lonte) het teen Van Riebeeckstrand se Dogters B-span gespeel en 5-1 gewen. Die Gemengde A-span (Fredrich Erasmus, Marcel Eygenberger, Chiara Roodt en Darren Cloete) het hulle wedstryd teen CBC met 5 – 1 gewen. Die Gemengde B-span (Sebastian Maree, Luca Zulch, Sebastian Boshoff en Lukas Wasserman) het ook ‘n goeie middag gehad teen Parklands Prep en met 5-1 gewen. Baie geluk!

Ons 0/11’s het Woensdag, 20 Februarie, teen Hout Bay International School gespeel. Ons het besluit om eerste veldwerk te doen. Ons haal hulle uit vir 36. Jan Karsten neem 3 paaltjies en Daniel Hoffman en Taniel Webber elkeen 1. Ons verbeter die lopies binne 6 beurte met net 2 paaltjies plat. Alexander Benecke slaan 19, nie uit nie. Ons wen dus die wedstryd met 8 paaltjies. Welgedaan manne!!

---

Kliek HIER vir advertensies van die week

“Either write something worth reading or do something worth writing.”

– Benjamin Franklin

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209