Ons 0/11’s het Woensdag, 20 Februarie, teen Hout Bay International School gespeel. Ons het besluit om eerste veldwerk te doen. Ons haal hulle uit vir 36. Jan Karsten neem 3 paaltjies en Daniel Hoffman en Taniel Webber elkeen 1. Ons verbeter die lopies binne 6 beurte met net 2 paaltjies plat. Alexander Benecke slaan 19, nie uit nie. Ons wen dus die wedstryd met 8 paaltjies.Welgedaan manne!!