Wow-Spelkompetisie

Ons neem hierdie jaar weer aan die Wow-Spelkompetisie deel. Ons gr.6- en 7's (slegs Eerste Addisionele Taal) gaan ook hierdie jaar vir die eerste keer aan die Engelse kompetisie deelneem. Binne die eerste twee weke van volgende kwartaal gaan die beste spellers in elke graad gekies word om ons skool by die kringkompetisie te verteenwoordig. Die kinders moet die woorde kan skryf en klank. Die datums is as volg: Kringkompetisie -15 Augustus Distrikkompetisie - 24 Augustus Provinsiale Kompetisie - 7 September Nasionale Kompetisie - 19 Oktober Volg die SKAKEL vir die spellyste en addisionele inligting oor die kompetisie. Lekker...

Kaperjolle, 13 April 2019

Kaperjolle is om die draai en ons wil graag belangrike reëlings deurgee vir die dag. 1. Kaartjies is beskikbaar op die Karri toep en ek wil julle aanmoedig om so gou moontlik julle aankope te doen om beplanning vir die dag te vergemaklik. Ons sal baie graag genoeg tente, tafels, kos en ander lekkernye wil hê. Daarvoor het ons egter getalle nodig. Indien jy sukkel met die Karri toep of enige vrae het, kontak gerus vir Martie (084 601 5640 of martie@avconeng.com) of Ria (082 320 3288 of ria.hertzog@gmail.com). 2. Vele hande maak ligte werk. Soos julle almal weet, maak ons staat op ouers se hulp met diensbeurte op die dag. Vul asb. so gou moontlik jou naam by een van die stalletjies in. Elke graad is verantwoordelik vir 'n sekere area, maar diensbeurte is nie beperk tot daardie graad se ouers nie. Kliek HIER om jou naam in te vul. 3. Die dag vind plaas op die skoolterrein en skop om 14:00 af. Die enigste toegang gaan by die Nuwe Kerkstraat ingang wees (inry hek vir ouers). Alle ander hekke gaan gesluit wees op die dag vir sekuriteitsredes. Toegang met motors sal beperk word tot deelnemers aan die Oor-die-Kole kompetisie en persone wat aflewerings moet doen. Dit moet asb. voor 2pm geskied. 4. Na vele gesprekke en kopkrap het ons besluit om slegs nie-alkoholiese drankies te verkoop. Daar sal ys, glase, ysbakke en 'n verskeidenheid van nie-alkoholiese drankies te koop wees. Bring gerus jou EIE wyn, bier of ander drank saam om te geniet op die dag. Bespreek asb. vroegtydig jou tafel op die Karri toep om seker...

Tweekampatlete presteer by SA’s

Dit was die eerste keer in Laerskool Jan van Riebeeck se geskiedenis dat 'n skolespan gekwalifiseer het om aan die SA-byeenkoms te kan deelneem. Dit was 'n groot prestasie, aangesien slegs twee skole per provinsie, kan kwalifiseer. Tydens die seisoen het ons atlete alles gegee en ons het elke keer net agter Durbanville geeïndig. Dit het beteken dat ons en Laerskool Durbanville vir WP verteenwoordig het by SA's. Verlede Vrydag was die openingseremonie. Alle provinsies het om die baan gestap, spanfoto's is geneem en die byeenkoms is geopen. Saterdagoggend om 07:00 het alle verrigtinge by die Nelson Madela Universiteit in Port Elizabeth begin. Dit was ook die eerste keer dat enige van ons atlete aan so 'n groot byeenkoms deelgeneem het. Stef Mostert, John Willcox, Mia Nortjé, Isabella van der Walt, Mari Swanepoel, Alexander Benecke, Lourens van der Walt, Sophia Liebenberg, Cara Swanepoel, Ruald Naudé en Delmar Benecke was reg vir die dag en ons atlete het alles gegee. Na die hardloop het alle atlete na Newtonpark vertrek vir die swem. Hier het ons atlete uitstekend gevaar. Na afloop van die swem het niemand geweet wat die finale uitslae is nie en ons moes wag vir die prysuitdeling later die aand. Al ons atlete het uitstekend gedoen. Alexander Benecke was 5de uit 85 deelnemers en Stef Mostert was algeheel 3de en het sodoende ook die bronsmedalje gewen. Nadat alle medaljes uitgedeel is, was dit tyd om uit te vind watter skole die beste gevaar het. Die top 5 skole in Suid-Afrika was: 1. Paarl Gim 2. Laerskool Oranje 3. Curro Nelspruit 4. Laerskool Jan van Riebeeck 5. Laerskool Durbanville...

3D Printing Demo-sessie, 3 April

CRITINK se 3D ontwerp en 3D printing werksessies skop weer amptelik af met die tweede termyn en studente word uitgenooi om 'n gratis demo-sessie by te woon op Woensdag, 3 April. Daar sal twee sessies wees in die rekenaarlokaal vir twee ouderdomsgroepe onderskeidelik. Gr. 2-3 (13:50 - 14:50) Gr. 4-7 (15:00 - 16:00) Voltooi gerus die vorm om 'n student te registreer vir een van die demo-sessies. **Daar is slegs 8 sitplekke per sessie beskikbaar om die werksessie gefokus en effektief te...

Nuusbrief van 15 Maart 2019

  Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Vrydag, 15 Maart 2019 Skool sluit om 10:30 Vrydag, 15 Maart 2019 Gratis sivvies Donderdag, 21 Maart 2019 Menseregtedag Vrydag, 29 Maart 2019 Tweekamp: SA kampioenskappe Dinsdag, 2 April 2019 Skole heropen >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE KANTOOR Geniet die vakansie en kom veilig terug! NUUTSTE NUUS Snoepie diensbeurte Kliek HIER om jou snoepie diensbeurt vir die tweede kwartaal in te vul. Veiling 2019 Dit is weer veilingtyd! Ons is baie opgewonde oor die opkomende veiling op 1 Junie 2019. Sedert 2017 word die veiling deur die Laerskool Jan van Riebeeck Opvoedingstrust aangebied. Die trust samel fondse in vir die uitsluitlike voordeel van die skool en is daarop toegespits om die skool uit te bou en verbeter en nie die dag-tot-dag uitgawes te dek nie. Die trust het onder meer met verlede jaar se veilingopbrengs die volgende projekte aangepak. Sommige is reeds afgehandel en ander sal voor die komende veiling afgehandel wees: Reeds afgehandelde projekte 1. Verhitting van die swembad - R250 000 2. 2 x beurse vir diversiteitsleerders 3. 5 x matriekbeurse vir HL assistente 4. 1 x beurs vir HL assistent onderwyssertfikikaat 5. 1 x finale jaar diversiteitsbeurs vir onderwyseres 6. iMadiba installasie 7. Aankoop van hokkietoerusting Reeds goedgekeur en word voor die komende veiling voltooi: 1. Plavei van HL parkeerarea insluitend fietsbaan - R170 000 2. Nuwe klankstelsel en beligting vir die saal 3. Opknap van Nuwe Kerkstraat ingang 4. Toelaag vir biblioteek 5. Toelaag vir personeelkamer 6. Stortgeriewe vir onderwysers 7. Nuwe bankies by laerskool 8. Algemene opknapping van deure en...

Kaperjol-plakkaatkompetisie

Baie dankie aan almal wat so geesdriftig deelgeneem het aan die kompetisie! Ons het pragtige werke ontvang; 98 inskrywings in totaal. Die vyf beoordeelaars het die top 20 uitgekies en toe as volg besluit: 1ste plek: Ruben Oosthuizen Gr.3 2de plekke: Nina Houlihan Gr.6, Linden Murray Gr.5, Liza Hitge Gr.4, Mila Gouws Gr.4 en Simon van Dyk Gr.4 3de plekke: Ella Grey Gr.1, Annalene Viljoen Gr.1, Amelie van der Walt Gr.1, Stella Pansegrouw Gr.1, Alexander Weideman Gr.1, Katryn Silvis Gr.1, Ruben Eksteen Gr.2, Mira Swanepoel Gr.3, Willem Burger Gr.3, Lara Basson Gr.4, Anna Dawes Gr.4, Milla Joubert Gr.4, Cara Swanepoel Gr.4 en Nell von Lieres...

Liewe Aarde

Baie geluk aan Lukas en Daniel Welgemoed wat laas week Jannies van die week was. Geluk aan Emma en Anna van Biljon wat hierdie week is. Dankie dat julle so getrou herwin. Hou so aan! Geniet die R100 Col’Cacchios geskenkbewys. Ons hoop julle is steeds bewus van plastiek wat nie herwin word nie – soos strooitjies en PET 1 houers. Maak eco-bricks vol met hierdie plastiek. Sê nee vir gewone plastiek strooitjies. Ons beveel bamboes strooitjies aan: bamboes is liggewig en duursaam. Jy kan die strooitjies weer en weer gebruik as jy dit oppas. Wanneer dit tyd is om die strooitjies te vervang, kan jy dit knip en by jou kompos gooi – dit is...

Kaperjolle 13 April 2019

Met die vakansie wat voorlê is almal verlig die eerste kwartaal is verby. Ons skop die tweede kwartaal af met ‘n heerlike kuierdag vir alle ouderdomme. Kry solank alles in plek om ‘n sorgvrye dag te kan geniet. 1. Daar sal verskeie items op die Karri toep vooraf gekoop kan word om vir ons as OOV ‘n beter aanduiding te gee van getalle en om rye te beperk op die dag by die kaartjieverkope. 2. Die dag vind op Laerskool Jan van Riebeeck se skoolterrein plaas. Die skool is besig om die Conradieveld te rehabiliteer en ons wil nie al die harde werk van die afgelope paar maande in een dag ongedaan maak nie. 3. Toegang gaan slegs geskied by die Nuwe Kerkstraat ingang (by die inry hek). Alle ander hekke gaan gesluit wees op die dag vir sekuriteitsredes. 4. Is jy dalk Kaapstad se volgende Braaikampioen en sit jy op hete kole om te spog met jou braaivernuf? Skryf dan in vir die Kaperjolle se eksklusiewe Oor-die-Kole kompetisie! Stel jou wêreldkennis ten toon deur ‘n maaltyd in ‘n spesifieke land se styl oor die kole voor te berei. Kliek HIER om in te skryf vir die koskompetisie. 5. Ouers se kuierarea gaan op die veld wees. Daar gaan heerlike musiek, tente met tafels en ‘n ‘virgin’ kroeg wees. Die deelnemers aan die Oor-die-Kole koskompetisie gaan dit ook op die veld uitspook. 6. Pannekoek, sosaties, boereworsrolle, koeldrank, koffie en ander snoepie-items sal onder die afdakkies langs die tennisbane verkoop word. 7. Die kinderaktiwiteite gaan afskop in die vierkant van 14:00 - 17:00 en daarna voortgaan in die skoolsaal. Julle...

Woord van die week 78

Woord van die week #78: potloodromp Definisie: Langerige romp wat nou pas, tipiese kantoordrag Sin: Die meisie het 'n bloes en 'n noupassende potloodromp na die funksie gedra. Wenner: Chiara Roodt (Graad 5M)

Woord van die week 77

Woord van die week #77: tierlantyntjies Definisie: goedkoop, oordadige versiersel Sin: My ouma se huis is vol tierlantyntjies en 'n hele klomp outydse goed. Wenner: Isabella Pretorius (Gr.5M)

Sterkte aan ons Tweekamp atlete

Elf van ons atlete neem die vakansie deel aan die SA-Tweekamp byeenkoms in Port Elizabeth. Die atlete is: Delmar Benecke, Ruald Naudé, Alexander Benecke, Lourens van der Walt, Isabella van der Walt, Cara Swanepoel, Sophia Liebenberg, Mari Swanepoel, Mia Nortjé, Stef Mostert (Hoërskool JvR) en John Willcox (Hoërskool JvR). Die atlete vorm die laerskoolspan wat aan die skolekompetisie gaan deelneem. Alexander Benecke, Mia Nortjé en Stef Mostert het ook hulle WP-klere verower en sal op die dag ook die WP-span verteenwoordig. Na 'n baie goeie seisoen wens ons vir die atlete alle sterkte toe. Dit is reeds 'n uitstekende prestasie en ons kan nie wag om te hoor hoe die atlete gevaar het nie. Baie dankie aan mnr. Hanekom wat die leerders afrig en ook die span sal verteenwoordig tydens die...

Kaperjolle venue

Let wel: Die Kaperjolle vind 13 April 2019 om 14:00 plaas op die Laerskool se terrein en nie meer op die Conradieveld nie.

Nuusbrief van 8 Maart 2019

  Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Vrydag, 8 Maart 2019 Somersokkie Gr.5 - 7 Vrydag, 8 Maart 2019 NG Groote Kerk Kamp Gr.3 - 7 Vrydag, 8 Maart 2019 Gr.1 Uitstappie 08:00 - 11:00 Vrydag, 8 Maart 2019 Atletiek: SA kampioenskappe, WEG Saterdag, 9 Maart 2019 Marike Badenhorst (Sielkundige) verjaar Maandag, 11 Maart 2019 Gr.6 Lead4Life Conradieveld Maandag, 11 Maart 2019 Gr.7 Ek, Ons, Wêreld Maandag, 11 Maart 2019 O/13 Netbalproewe Dinsdag, 12 Maart 2019 Gr.6 Ek, Ons, Wêreld Woensdag, 13 Maart 2019 Musiekkonsert Gr.2 - 08:15, Gr.3 - 09:15 Donderdag, 14 Maart 2019 Gratis sivvies Donderdag, 14 Maart 2019 Markdag vanaf 11:45 - 12:30 Donderdag, 14 Maart 2019 Skool sluit 12:45 Gr.1 - 3, 13:00 Gr.4 - 7 Vrydag, 15 Maart 2019 Skool sluit om 10:30 Vrydag, 15 Maart 2019 Gratis sivvies Donderdag, 21 Maart 2019 Menseregtedag >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE KANTOOR Nasorghoof: Veronica Shepherd, wat ons skool se nasorghoof was, het ongelukkig as gevolg van mediese redes bedank. Ons het vir Madri Greyling, wat ook 'n graad 1-mamma van ons skool is, in haar plek aangestel. Madri, wat 'n onderwyseres is en ondervinding het van graad R, 3 en 4 klasse, was ook al hoof van 'n nasorgsentrum. Madri sal op Dinsdag 2 April begin. Sy is 'n baie kreatiewe persoon en het sommer baie planne om die leerders besig te hou! Lorraine, Veronica se suster, sal steeds die vakansiesorg aanbied. NUUTSTE NUUS Kaperjolle koskompetisie: Saterdag, 13 April 2019 Is jy dalk Kaapstad se volgende Braaikampioen en sit jy op hete kole om te spog met jou braaivernuf?...

Belangrike Datums

augustus 2026

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug00:0023:59EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug00:0023:59EXCO-Strat

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor