Baie geluk aan Lukas en Daniel Welgemoed wat laas week Jannies van die week was. Geluk aan Emma en Anna van Biljon wat hierdie week is. Dankie dat julle so getrou herwin. Hou so aan! Geniet die R100 Col’Cacchios geskenkbewys.

Ons hoop julle is steeds bewus van plastiek wat nie herwin word nie – soos strooitjies en PET 1 houers. Maak eco-bricks vol met hierdie plastiek. Sê nee vir gewone plastiek strooitjies. Ons beveel bamboes strooitjies aan: bamboes is liggewig en duursaam. Jy kan die strooitjies weer en weer gebruik as jy dit oppas. Wanneer dit tyd is om die strooitjies te vervang, kan jy dit knip en by jou kompos gooi – dit is bio-afbreekbaar.