CRITINK se 3D ontwerp en 3D printing werksessies skop weer amptelik af met die tweede termyn en studente word uitgenooi om ‘n gratis demo-sessie by te woon op Woensdag, 3 April. Daar sal twee sessies wees in die rekenaarlokaal vir twee ouderdomsgroepe onderskeidelik.

Gr. 2-3 (13:50 – 14:50)
Gr. 4-7 (15:00 – 16:00)

Voltooi gerus die vorm om ‘n student te registreer vir een van die demo-sessies.

**Daar is slegs 8 sitplekke per sessie beskikbaar om die werksessie gefokus en effektief te hou.