Kaperjolle is om die draai en ons wil graag belangrike reëlings deurgee vir die dag.

1. Kaartjies is beskikbaar op die Karri toep en ek wil julle aanmoedig om so gou moontlik julle aankope te doen om beplanning vir die dag te vergemaklik. Ons sal baie graag genoeg tente, tafels, kos en ander lekkernye wil hê. Daarvoor het ons egter getalle nodig. Indien jy sukkel met die Karri toep of enige vrae het, kontak gerus vir Martie (084 601 5640 of martie@avconeng.com) of Ria (082 320 3288 of ria.hertzog@gmail.com).
2. Vele hande maak ligte werk. Soos julle almal weet, maak ons staat op ouers se hulp met diensbeurte op die dag. Vul asb. so gou moontlik jou naam by een van die stalletjies in. Elke graad is verantwoordelik vir ‘n sekere area, maar diensbeurte is nie beperk tot daardie graad se ouers nie. Kliek HIER om jou naam in te vul.
3. Die dag vind plaas op die skoolterrein en skop om 14:00 af. Die enigste toegang gaan by die Nuwe Kerkstraat ingang wees (inry hek vir ouers). Alle ander hekke gaan gesluit wees op die dag vir sekuriteitsredes. Toegang met motors sal beperk word tot deelnemers aan die Oor-die-Kole kompetisie en persone wat aflewerings moet doen. Dit moet asb. voor 2pm geskied.
4. Na vele gesprekke en kopkrap het ons besluit om slegs nie-alkoholiese drankies te verkoop. Daar sal ys, glase, ysbakke en ‘n verskeidenheid van nie-alkoholiese drankies te koop wees. Bring gerus jou EIE wyn, bier of ander drank saam om te geniet op die dag. Bespreek asb. vroegtydig jou tafel op die Karri toep om seker te maak jy kan lekker sit en kuier en jy kan jou wyn heel aand koud hou.
5. Is jy dalk Kaapstad se volgende Braaikampioen? Tyd raak min om nog in te skryf vir die Oor-die-Kole kompetisie. Kliek HIER om in te skryf.
6. Ouers se kuierarea gaan op die veld wees. Daar gaan heerlike musiek wees met ‘n rock-groep wat van 15:00 tot 18:00 gaan speel. Die deelnemers aan die Oor-die-Kole kompetisie gaan dit ook op die veld uitspook en julle kan uitsien na ‘n klomp bekende beoordelaars.
7. Pannekoek, sosaties, boereworsrolle, pizza, koeldrank, koffie en ander snoepie-items sal onder die afdakkies langs die tennisbane verkoop word. Daar sal ook ‘n inligtingstafel wees waar jy kan kies by watter land jy die aand gaan eet. Oor-die-Kole etes sal gereed wees tussen 18:00 en 19:00.
8. Die kinderaktiwiteite begin in die vierkant van 14:00 tot 17:00. Julle kan uitsien na heerlike speletjies, gesigverf, tombola verkope en ‘n skattejag. Alle speletjies kos R5 of jy kan speel soveel jy wil met die middag combo. Bring asb. genoeg R5 munte saam as jy nie ‘n combo koop nie.
9. Van 17:00 verskuif die aksie na die saal. Daar kan kinders van alle ouderdomme deelneem aan Emoji bingo, “Minute to Win It” aksie, Wii toernooie en ‘n fliek sal later vertoon word. Daar is ‘n paar verskillende Combo’s beskikbaar op die Karri toep wat jou toelaat om vooraf te betaal en kinders die gerief gee om nie by elke stasie te moet betaal nie en onbeperkte pret verseker.