Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Vrydag, 8 Maart 2019 Somersokkie Gr.5 – 7

Vrydag, 8 Maart 2019 NG Groote Kerk Kamp Gr.3 – 7

Vrydag, 8 Maart 2019 Gr.1 Uitstappie 08:00 – 11:00

Vrydag, 8 Maart 2019 Atletiek: SA kampioenskappe, WEG

Saterdag, 9 Maart 2019 Marike Badenhorst (Sielkundige) verjaar

Maandag, 11 Maart 2019 Gr.6 Lead4Life Conradieveld

Maandag, 11 Maart 2019 Gr.7 Ek, Ons, Wêreld

Maandag, 11 Maart 2019 O/13 Netbalproewe

Dinsdag, 12 Maart 2019 Gr.6 Ek, Ons, Wêreld

Woensdag, 13 Maart 2019 Musiekkonsert Gr.2 – 08:15, Gr.3 – 09:15

Donderdag, 14 Maart 2019 Gratis sivvies

Donderdag, 14 Maart 2019 Markdag vanaf 11:45 – 12:30

Donderdag, 14 Maart 2019 Skool sluit 12:45 Gr.1 – 3, 13:00 Gr.4 – 7

Vrydag, 15 Maart 2019 Skool sluit om 10:30

Vrydag, 15 Maart 2019 Gratis sivvies

Donderdag, 21 Maart 2019 Menseregtedag

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR



Nasorghoof:

Veronica Shepherd, wat ons skool se nasorghoof was, het ongelukkig as gevolg van mediese redes bedank. Ons het vir Madri Greyling, wat ook ‘n graad 1-mamma van ons skool is, in haar plek aangestel. Madri, wat ‘n onderwyseres is en ondervinding het van graad R, 3 en 4 klasse, was ook al hoof van ‘n nasorgsentrum. Madri sal op Dinsdag 2 April begin. Sy is ‘n baie kreatiewe persoon en het sommer baie planne om die leerders besig te hou! Lorraine, Veronica se suster, sal steeds die vakansiesorg aanbied.

---

NUUTSTE NUUS

Is jy dalk Kaapstad se volgende Braaikampioen en sit jy op hete kole om te spog met jou braaivernuf?

Skryf dan in vir die Kaperjolle se eksklusiewe braaikompetisie! Stel jou wêreldkennis ten toon deur ‘n maaltyd in ‘n spesifieke land se styl oor die kole te berei. Kliek HIER om in te skryf vir die koskompetisie!

Vyftien gedugte spanne gaan meeding om ons top koskenner-beoordelaars te beïndruk en sodoende weg te stap met gesogte pryse.

Terwyl die potte prut en die spitte draai, gaan daar ook pannekoeke, boereworsrolletjies en pizzas te koop wees. Die snoepie sal lekkernye verkoop asook koeldranke en roomys.

Die kinders gaan groot pret hê met verskeie speletjies wat aangebied word.

Sien uit om almal daar te sien!

Indien daar ouers is wat ekstra skooldasse het, sal ons dit baie waardeer as julle dit vir die kleredepot sal skenk of leen tot die nuwe dasse gearriveer het. Heelwat van ons nuwe ouers het laat weet dat hul kind/ers nie dasse vir die winter het nie en dat daar tans geen dasse in voorraad is nie. Eda is nie seker presies wanneer die dasse wat sy bestel het, hier sal wees nie. Ons hoop julle kan help!

Let Wel:

Gr. 2: Woensdag 13 Maart om 8:15

Gr. 3: Woensdag 13 Maart om 9:15

Alle belangstellendes kan dit bywoon.

Die O/13 Netbalproewe sal Maandag, 11 Maart, vanaf 14:30 – 16:30 op baan 5 plaasvind. Indien ‘n speler nie die proewe kan bywoon nie, moet hulle ‘n geldige verskoning vir juf. Felix stuur (ischke@jvrprim.co.za).

Na afloop van beide kleurgalas deel ons graag die UITSLAE met julle. Die Juniorbekers word toegeken vanuit die O/10 & O/11 leerders.

Beste junior meisie: Lisa-Marie Marais-beker – Sophia Liebenberg.

Beste junior seun: Marie-Louise Lubbe-beker – Alexander Benecke.

Die Senior bekers word toegeken vanuit die O/12 & O/13 leerders.

Beste senior meisie: Hattingh-beker – Kianna-Gro Liversage.

Beste senior seun: Riëtte van Reenen-beker – Dawid Adler

Na die Junior gala het die spanne met 119 punte verskil: Blouspan 339 punte en die Oranjespan 458 punte. Na afloop van die Senior gala het die verskil bietjie gekrimp na slegs 100 punte: Blouspan 1072 punte en die Oranjespan 1172 punte. Die Oranjespan wen die Kleurgala! Baie geluk aan almal wat deelgeneem het. Daar is ses dogters wat ons in besonder wil bedank vir hulle wonderlike gedrag en die uitleef van die skool se waardes. Hulle het die hele dag (1 Maart) gesorg dat die beamptes genoeg het om te drink en ook rommel opgetel en so gehelp om ons skoolterrein skoon te hou: Jade Landsman, Lizaan Swarts, Berlin Colerich, Lameez Booysen, Layla Crouse en Kylie du Bruyn. Vir die uitslae van die dag, kliek op die SKAKEL.

Die Duitse Skool in samewerking met Ballers sokkerskool, gaan van hierdie jaar af sokker op die St Michealsveld aanbied. Hulle het die inligting met ons skool gedeel indien enige van ons leerders belangstel. Sien die ADVERTENSIE vir meer inligting.

---

VERDERE NUUS

ALGEMEEN

Dapper Stappers

Die Dapper Stappers het verlede naweek, 22 Februarie, by Beaverlac gaan kamp. Baie dankie aan al die ouers en leerders wat saamgegaan het en vir die lekker gees en gesellige kampvuur kuiers! Kyk gerus na die VIDEO op die Dapper Stappers blad van ons webtuiste wat een van ons leerders, Owen van der Linde, gemaak het na die uitstappie.

AKADEMIE

Vanjaar mik ons dat alle Jannies (en ouers wat wil) 100 isiXhosa woorde leer! Hier is hierdie week se woorde:

---

KULTUUR

Baie dankie aan al die leerders wat hierdie week aan die interne redenaarskompetisie deelgeneem het. Baie geluk aan die volgende leerders wat aan ATKV se eerste rondte gaan deelneem in April:

Gr. 3: Liam Joubert en Emma van Biljon

Gr. 4 – 5: Mieke Hertzog, Carla Snijders, Héloïse Strauss, Francois Joubert en Mia Symington (Reserwe)

Gr. 6 – 7: Stella Malan, Armand Meyer, Liezel Snijders, Mari Swanepoel en Cayle Stoltz (Reserwe)

Ons is trots op julle!!

SPORT

Die 013-krieketspan het die eerste kwartaal se krieketseisoen op ‘n hoogtepunt afgesluit deur Laerskool Kampsbaai met 34 lopies te klop. Ons manne het eerste gekolf en 113 lopies op die bord gesit. Keegan Schoeman het 53 lopies aangeteken en Jordan Thomas het hom ondersteun en 16 lopies bygedra tot die totaal. Hulle het ‘n sterk vennootskap van 39 lopies gehad, voordat ons ‘n paar vinnige paaltjies verloor het. Kampsbaai is ingestuur om te kolf toe die reën begin val het. Dit het ons manne nie gekeer om alles op die veld te gee nie. Peet en Ruben het albei 3 paaltjies geneem met Jordan, Thornley, Christian en Keegan wat 1 paaltjie elk geneem het om Kampsbaai se wenkoers te vertraag. Christian en Sebatian Boshoff se briljante reaksie vaardighede met die bal het ons seuns in die spel gehou. Alex Newton het dit in styl voltooi met 2 direkte “run outs” en die wedstryd was verby. Dankie manne vir ‘n opwindende wedstyd. Dankie ook aan Christian Boshoff se pa vir die heerlike boereworsrolletjies! Wel gedaan manne, ons sien uit na volgende seisoen!

Ons het 8 leerders wat Vrydag en Saterdag aan die Metro Individuele skaakproewe deelgeneem het. Hulle posisies na die naweek is soos volg op die ranglys: Emma Snijders 6de vir O/7 & O/9 dogters; Melandi du Plooy 25ste vir O/7 & O/9 dogters; Louis Bosman 3de vir O/9 seuns; Petrus Bosman 3de vir O/11 seuns; Jan Karsten 15de vir O/11 seuns; Liezel Snijders 16de vir O/13 dogters; Bernard Lombaard 35ste vir O/13 seuns en Keegan Schoeman 41ste vir O/13 seuns. Die leerders wat onder die top 12 geëindig het, ontvang hul WP kleure. Baie geluk almal!

Ons is baie trots op Danny Newton en Sophia Liebenberg wat albei vir verspring gekwalifiseer het om aan die Wes-Kaap Kampioenskappe op 3 Maart deel te neem. Danny Newton het 8ste in die Wes-Kaap geëindig en Sophia het 4de geëindig. Dit is ongelooflike prestasies! Baie geluk julle twee.

Woensdagaand, 27 Februarie, het 14 van ons atlete deelgeneem aan die Tweekamp-Kampioenskappe by Parow atletiekklub. Dit was die groot prys vir atlete na baie oefening en opoffering tydens die seisoen. Ons atlete het ons naam baie hoog gehou en het fantasties presteer. Hier volg die uitslae:

Adriaan Wessels (4de), Delmar Benecke (5de), Ruald Naudé (5de), Jana Olivier (3de), Ane Swanepoel (5de), Alexander Benecke (4de), Lourens van der Walt (7de), Albert Griesel (17de), Sophia Liebenberg (8ste), Cara Swanepoel (10de), Mari Swanepoel (7de), Isabella van der Walt (9de), Stephan Griesel (10de), John Willcox (6de) en Stef Mostert (1ste). Jana Olivier het 3de geeïndig en het ‘n brons medalje ontvang. Mia Nortjé het 3de geeïndig en het ‘n brons medalje ontvang. Stef Mostert was eerste en was gekroon as die WP-kampioen. Baie geluk aan Stef, Mia en Alexander wat almal hulle WP-kleure verower het. Dit was ‘n uitstekende aand en almal het hulle beste tye gehardloop of geswem wat ongelooflik was om te sien. Die volgende byeenkoms is 29-30 Maart in Port Elizabeth waar ons leerders aan die SA’s gaan deelneem. Ons wens vir hulle almal baie sterkte toe.

Die afgelope naweek, 2-3 Maart, het van ons leerders aan die WP lewensreddingkampioenskappe deelgeneem. Alexander Benecke kry ‘n silwer medalje vir die seuns 0/11 “Beach run” en nog ‘n silwer medalje vir die 0/12 “Taplin relay”. Scarlett van der Merwe kry ‘n brons medalje vir die dogters 0/11 “Beach run”. Hulle is deel van die “Clifton lifesaving club” en gaan van 24-26 Maart 2019 deelneem aan die SA lewensredding kampioenskappe in Port Elizabeth. Ons wens vir hulle alle sterkte toe!

Johan Symington (Gr.3) het Sondag, 3 Maart, aan ‘n “BUSHIDO” Karate-dag deelgeneem. Hy het eerste plek verower waarvoor hy die goue trofee gewen het en het ook sy KATA met perfeksie uitgevoer waarvoor hy ‘n medalje ontvang het. Katarina Oosthuizen het ook Sondag ‘n trofee ontvang vir ‘n eerste plek in die O/9 groep. Baie geluk Johan en Katarina!

Fredrich Erasmus het die naweek van 22 – 24 Februarie as lid van die WP (Cape Town) span teen die Weskusspan gespeel. Dit het baie goed gegaan met hom, hy het al sy wedstryde gewen. Peet Karsten gaan gedurende die eerste week van die vakansie die Wes-Kaap (Cape Town) tennisspan as no. 2 vir die O/15 span in Pretoria by die SA Interpro byeenkoms verteenwoordig. Baie sterkte Peet en geniet die byeenkoms!

Vrydag, 1 Maart, het ses van ons tennisspelers aan ‘n dubbelstoernooi by Laerskool Table View deelgeneem. Baie geluk aan die dubbelspare, Fredrich Erasmus en Mia Symington asook Jacques Loubser en Jacomien van der Westhuizen wat beide tweede in hulle poel geëindig het. Peet Karsten en Leila Lonte het in die finaal teen twee seuns van Durbanville gespeel en uit sestien spanne algeheel tweede geëindig. Baie geluk aan al hierdie spelers – ons is baie trots op julle!

---

Kliek HIER vir advertensies van die week

“Respekteer die oues terwyl jy jonk is

Help die swakkes terwyl jy sterk is

Erken jou foute terwyl jy verkeerd is

Want eendag gaan jy oud word en gaan jy swak word en dan van ander verwag om jou te respekteer”

– Skrywer onbekend

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209