Met die vakansie wat voorlê is almal verlig die eerste kwartaal is verby. Ons skop die tweede kwartaal af met ‘n heerlike kuierdag vir alle ouderdomme. Kry solank alles in plek om ‘n sorgvrye dag te kan geniet.

1. Daar sal verskeie items op die Karri toep vooraf gekoop kan word om vir ons as OOV ‘n beter aanduiding te gee van getalle en om rye te beperk op die dag by die kaartjieverkope.
2. Die dag vind op Laerskool Jan van Riebeeck se skoolterrein plaas. Die skool is besig om die Conradieveld te rehabiliteer en ons wil nie al die harde werk van die afgelope paar maande in een dag ongedaan maak nie.
3. Toegang gaan slegs geskied by die Nuwe Kerkstraat ingang (by die inry hek). Alle ander hekke gaan gesluit wees op die dag vir sekuriteitsredes.
4. Is jy dalk Kaapstad se volgende Braaikampioen en sit jy op hete kole om te spog met jou braaivernuf? Skryf dan in vir die Kaperjolle se eksklusiewe Oor-die-Kole kompetisie! Stel jou wêreldkennis ten toon deur ‘n maaltyd in ‘n spesifieke land se styl oor die kole voor te berei. Kliek HIER om in te skryf vir die koskompetisie.
5. Ouers se kuierarea gaan op die veld wees. Daar gaan heerlike musiek, tente met tafels en ‘n ‘virgin’ kroeg wees. Die deelnemers aan die Oor-die-Kole koskompetisie gaan dit ook op die veld uitspook.
6. Pannekoek, sosaties, boereworsrolle, koeldrank, koffie en ander snoepie-items sal onder die afdakkies langs die tennisbane verkoop word.
7. Die kinderaktiwiteite gaan afskop in die vierkant van 14:00 – 17:00 en daarna voortgaan in die skoolsaal. Julle kan uitsien na heerlike speletjies, gesigverf, tombola verkope en ‘n skattejag. Van 17:00 verskuif die aksie na die saal. Daar kan julle deelneem aan Emoji bingo, ‘Minute to Win It’ aksie, Wii toernooie en ‘n fliek sal later vertoon word.
8. Ons het baie hulp nodig om hierdie dag ‘n sukses te maak. Elke graad is verantwoordelik vir ‘n spesifieke taak. Raak asb. betrokke by jou graad se take en vul jou naam op die diensrooster in. Dit sal volgende kwartaal beskikbaar wees op die eerste dag van skool.

Graad 1: Oor-die-Kole kompetisie
Kontak vir Kara Marais (kara_ferreira80@yahoo.com)

Graad 2: Boereworsrolle en sosaties
Kontak vir Helene Malherbe (helenemalherbe@gmail.com)

Graad 3: Pannekoek
Kontak vir Jobeana van Vreden (jobeanav@lona.co.za)

Graad 4: Aandaktiwiteite, ‘chill’ area, fliek, Minute to Win It, Bingo
Kontak vir Lizelle van der Berg (lizellevdb@gmail.com)

Graad 5: Middagaktiwiteite, speletjies, gesigverf, tombola, skattejag
Kontak vir Karien Zulch (karien@zulch.co)

Graad 6: Snoepie en koeldrank
Kontak vir Esna Boshoff (snoepie@jvrprim.co.za)

Graad 7: Tafelbesprekings en kroeg
Kontak vir Suzette van der Merwe (svdmerwe@ct.macrobert.co.za)

9. Vir enige verdere inligting rakende die dag kan jy vir Martie Viljoen (martie@avconeng.com) of Ria Hertzog (ria.hertzog@gmail.com) kontak.